• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die taal en sy stoute mense

Started by PM, April 03, 2013, 11:29:43 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

elle

AB

ek dink syt 'n vermoede, ons sal nog uitvind.

PM

Sy sal uitvind sodra sy terug is van verlof af.  Geniet intussen die stywe lyne.   :icon_biggrin:   
Wat seg die Ingelsmanne?  "In for a penny, in for a pound!"   :bootyshake:

Die ou se kar het gaan staan.  Stop die ou tannie en vra of sy kan help.
"Wil tannie nie stoot vir 'n brood nie?"   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Nee seg sy, ek sal laat waai vir 'n paai!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Tannie Poppie gaan nog flou word as sy hier lees.
elle

PM

Tannie Poppie het sleg kapsie gemaak, maar toe ek aan haar verduidelik dat dit die "woordkroeg" is en as jy verstaan wat jy lees is jy oud genoeg om hier te lees, was sy effens meer bedaard.   :icon_biggrin:  Net effens hoor!  :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek weet nie van tannie Poppie nie, maar ek het vanoggend hierdie stywe-lyne-kuier fiskriklik geniet so op my eentjie  :headbang:

adele

 :toothy4:   :toothy4:   :toothy4:   :toothy4: 
giggellag ek ook nou saam en almal wonder hoeveel varkies het ek nou verloor ...
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Ek het jou gehoor liefste mater - mis nie maklik uit op 'n saamlag nie  :icon_biggrin: Hoop jy het 'n wonderlike naweek.

Diekant loer ons na ander wieletjieshuis (met toilet) want ek is besig om te ontpop in 'n disco-ouma wanneer ek knypend in die ry wag vir my beurt  :icon_bigsmurf: Ons verlof (spesiaal buite seisoen gekies) val gewoonlik saam met die skooltoere en die plekke wat ons wil sien, is nou juis die wat almal van heinde en verre ook wil sien en dan is drie privaatgeriewe tussen twee skoolbusse vol kinders, onnies, mammas, pappas en kampeerders EFFFFFENS van 'n probleem.

Naas

TaRaaitjie dans die toilet-riel
Die Toilet-riel
Die Toilet-riel
TaRaaitjie dans die toilet-riel
Die Toilet-riel Hoeraaa!

En Outop sleep die asemlong
Die asemlong
Die asemlong
En Outop sleep die asemlong
Die heelpad agterna.

As die twee so dans dans deur die lewe gaan
Die lewe gaan
Die lewe gaan.
As die twee so dans dans deur die lewe gaan
Kyk ons afgunstig agterna.

Want niks kan hulle onderkry
Hulle onder kry
Hulle onderkry
Ja niks kan hulle onderkry
Nie eers PH wat haar pla.
:icon_salut: :hello2: :icon_salut: :hello2:


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#40
Naaaaaas!!! Hoe kosbaar  :notworthy: :icon_salut: Ek het gelees-sing, kon nie anders nie. Dankie dankie dankie!

Ek gaan dit gaps en as ek weer die waterpilletjies sluk en agterna knyp-knyp verlof hou, sal ek hierdie liedjie sing en my seeninge tel   :love7:


Meraai vannie Baai

PH HUMOR: Die Toilet-Riel



TaRaaitjie dans die toilet-riel
Die Toilet-riel
Die Toilet-riel
TaRaaitjie dans die toilet-riel
Die Toilet-riel Hoeraaa!

En Outop sleep die asemlong
Die asemlong
Die asemlong
En Outop sleep die asemlong
Die heelpad agterna.

As die twee so dans dans deur die lewe gaan
Die lewe gaan
Die lewe gaan
As die twee so dans dans deur die lewe gaan
Kyk ons afgunstig agterna.

Want niks kan hulle onderkry
Hulle onder kry
Hulle onderkry
Ja niks kan hulle onderkry
Nie eers PH wat haar pla.

© Naas

Naas

Ta'Raatjie, Jy is Outop se liefling maar jou lewensuitkyk het my menigmaal 'n les of twee geleer. So ver-weg het jy 'n onmisbare skat in my lewe geraak. 'n Skat wat ek nooit sal sien of aanraak maar prysloos nietemin. Ek gun jou en outop elke oomblik se geluk wat julle so saam sleepdans in tienfout. Die ou liedjie is maar iets kleins van my kant af. Baie dankie vir die erkenning daarvan. Ek waardeer.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


Meraai vannie Baai

Hierdie by my swaerie gekry uit SA. Dalk is dit ou nuus  :dontknow:

Koos kom by die huis en sy vrou gooi haar arms
rondom hom en soen hom.
Hy vra: en hierdie goeie 'mood'
Waarop sy antwoord: ek is 'n maand laat skat. Ek
dink ons verwag?
Hy is ewe bly want hul probeer al vir 2jaar. Sy se vir
hom hul kan nog nie te opgewonde wees nie sy sal
moet nog n tydjie wag, sys maar nog net n maand
laat.
Sy vra hom toe om nog niemand te vertel nie want
sy sal "embarrased" voel as dit nie regtig so is nie.
Hy stem toe in dat hul dit eers moet n geheim hou.
Meanwhile het Koos laas maand vergeet om die
elektrisiteit rekening te betaal.
Volgende oggend bel Eskom die huis terwyl sy
alleen is en Koos in werk.
Eskom: mevrou u is n maand laat.
Die vrou baie geskok: hoe de hel het jul uitgevind!?
Eskom: dit wys op ons "system" mevrou.
Nee dit kannie wees nie, dis onmoontlik!! Gaan sy
aan.
Eskom: jammer mevrou ek doen maar net my werk
en dit is om u in te lig dat u n maand laat is.
Die namidag lig sy vir Koos in toe hy tuis kom. Koos
is baie kwaad oor die affêre en sleep woedend af na
die Eskom kantore.
Koos: wat de f*k gaan hier aan, julle het dit glo op
julle system dat my vrou n maand laat is? Dis mos
f*kk*l met julle uit te waai nie!!??
Eskom: Meneer kalmeer asb, al wat u moet doen is
om ons te betaal.
Koos: Betaal?? Is julle mal? En as ek weier?
Eskom: Jammer meneer dan sal ons maar by
meneer moet afsny.
Koos skokkend: Nooit, en wat van my vrou?
Eskom: Sy sal maar 'n kers moet gebruik meneer!