Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Die Woordkroeg => Topic started by: PM on April 03, 2013, 10:29:43 AM

Title: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on April 03, 2013, 10:29:43 AM
Hier is ek nou in die woordkroeg en ek het vir almal 'n doppie geskink.  Tjorts, laat hy val waar hy wil, net nie op die grond nie.  (Lig die elmboog  :angel4: )

Kom ons kuier saam oor "ingekleurde woorde".  Ons eie 007, die woordvraat met haar mandjie, sal weldra hier verbykom en kom oes. 

Ek skop af met:

Opera. 

Hou jy van afval?   Nee, ek hou van bo-bly.   :icon_biggrin:

Kom help ouens dat ons kan lag en bou. 


Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on April 03, 2013, 10:37:46 PM
 :headbang: :icon_biggrin: Ek lag so ek kan nou aan nie een dink nie. Sodra ek my breinselle onder die doekesak uitgehaal het, kom ek terug om te help saai en oes PM.
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on April 04, 2013, 09:53:27 AM
Praat ek vanoggend met Joe, vertel hy vir my van die KKennoggeK wat 'n ding op die planke bring.
Oppie pil of oppie paal?   :sign10:
Dit is soooo gepas!

Stoot:        Waar het jy nou gehoor 'n ou kan 'n tou stoot, jy moet dit trek.
Trek:         Moenie hier staan en getrek raak nie. 
Spyker:     Hy het my verkul, deur die ore gespyker.   :icon_biggrin:
Ligte:         Die ligte is aan maar niemand is by die huis nie.  (Die persoon snap nie)

Gawie, bring daai mooi enetjie van jou van vroegdag. 
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Gawelina on April 04, 2013, 10:57:24 AM
Die hondjies is van my bed verban. My Alfie en Bertus se wors mag ook nie meer daar slaap nie.
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on April 05, 2013, 12:21:30 PM
Dankie Gawie.  Die ander ouens lyk my is maar skaam. 
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on April 08, 2013, 04:05:51 AM
Kom jy?

Ek voel nie vandag lus om saam te gaan draad trek nie. My hande het nog blase van toe ons die buurman gaan handgee het (met die herstel van sy draadkampe :icon_biggrin:)

Gawie is moerig. Sy het alweer 'n paar steke gemis.

Nigel? Nee oom.
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on April 09, 2013, 11:44:27 AM
Pragtige voorbeelde Raaitjie.   :icon_biggrin:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on April 11, 2013, 01:32:48 AM
Ouma en oupa gaan dokter toe.

Oupa vra: "Dok, ek soek viagra."

Net daar vra die tannie. "Dok ek soek net antibiotika".

Die dokter vra toe die tannie maar hoekom antibiotika? Sy sê: "Dok weet jy hoe gevaarlik is 'n geroesde spyker!"

**************

Kaapse tjomme sit en dop.
Een vra: "As ek djou vrou raps en sy word pregnant, is ons dan familie?" "Nei" se die ander, "dan's ons even!"

*************

Hilda gaan drankwinkel toe om brandy vir haar vrugtekoek te koop.
Hilda: "Gee my 'n halfjack brandy 'seblief gesiggie"
Jongman: "Tannie is cool!"
Hilda: "Ek drink dit nie, ek gooi dit oor my koek, oom Oubaas hou daarvan"
Jongman: "Hell,Tannie is flippen cool!!
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Naas on April 12, 2013, 10:27:58 AM
Waar kom jy vandaan?
PE
Nee ek staan maar net so.

Die pragtige spraakterapeut met die perdebylyfie sukkel met die drie mans wat so hakkel.
Moedeloos se sy later. Die eerste een wat vir my kan se waar hy vandaan kom sonder om te hakkel gee ek 'n oopmond soen met tong en al vir twee minute lank.
P..P..P..Paarl se die eerste
S..s..S..s..Somers..S..S..et W..w.wes sukkel die tweede.
Durban. Sy is so opgewonde sy doen haar belofte gestand en soen die man vir 2 minute met al die passie wat sy het. Toe sy hom los gaan hy voort V..V..V..ville

Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Aspoestertjie on April 12, 2013, 10:39:23 AM
Waar neem jy jou vrou vir Piza.
Nee wat, ek piza sommer by die huis.

 :mumum:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on April 12, 2013, 01:57:37 PM
O goeiste, ek het net op die regte tyd hier kom lees.  Heerlik gelag!  Raaitjie jy sal 'n ekstra mandjie moet kry matertjie.   :icon_biggrin:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on April 13, 2013, 08:04:39 AM
Natuuuurlik lees ek hierdie, die oomblik toe ons eenjarige kaboutertjie uiteindelik aan die slaap geraak het  :headbang: sluk ek my proes heel in!
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on June 22, 2013, 02:39:01 PM
...en daar droog dit op.   :crybaby2:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Louis on June 22, 2013, 04:34:54 PM
as jy viagra wil gebruik moet jy die instruksies fyn lees. jy moet dit blykbaar baie vinnig sluk want as jy dit te stadig sluk sit jy met n stywe nek.
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Louis on June 22, 2013, 04:41:36 PM

 
 
Ou oom in ouetehuis sit nota op sy deur:
Seks beskikbaar -  R25 in stort, R20 op bed, R5 op matjie.
Na 'n ruk is daar kloppie aan sy deur. Dis ‘n ou tannie met R20 in hand.
 ‘Klim ma solank op kooi’ sê die oom
’ nee nee.. pappi..,  4 keer op matjie asb!!!’
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Aspoestertjie on June 22, 2013, 09:13:07 PM
Oupa se as jy Viagra saam met Pergasie drink weet jy nie of jy kom of gaan nie.
Wat is viagra Ta Raaitjie?

Antie PM Het begin met: "Ek skop af met: Opera." maar se toe niks verder nie.
Die meisie wat hekkies hardloop in atletiek hardloop Toepera, toepera, toepara, opera. Toepera, toepera, toepara, opera. Toepera, toepera, toepara, opera.

Meraai is in die rug geskop. Vra Ta mos vir haar wie se baba dit is. "Nei," seg sy "As djy 'n pot boentjiesop gevreet het, hoe wiet djy waffer boentjie djou lat poep."   


 :mumum:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on June 23, 2013, 03:01:45 PM
 :sign10:  Dit is beter, nou kan ons weer lag!   :icon_biggrin:

Slim vang toe sy baas met R15.00.   :icon_biggrin:  Ek kan sien die hekkies was net drie tree van mekaar af (of is dit nou vier?  :icon_biggrin: ) en om boontjiesop te eet is baie gevaarlik.   :icon_biggrin:

Raaitjie, ek wil ook graag weet wat is jou antwoord!  :icon_biggrin:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Louis on June 23, 2013, 05:06:06 PM
 
 
Die vrou sê: "Ons is so arm, dis elke dag net pap en sex, pap en sex, pap en sex"
"Nou ons verstaan die pap elke dag, maar waar pas die sex in?" wil iemand weet.
"Jong," sê die vrou "dis die enigste manier hoe ek 'n stukkie vleis in my liggaam kry."

 
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Angelica on June 23, 2013, 05:39:47 PM
 :color:     
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Aspoestertjie on June 23, 2013, 06:02:21 PM
Nuut op die mark. Viagra light. Blykbaar doen dit nie veel aan 'n man nie, gee hom net snaakse gedagtes.





 :mumum:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Aspoestertjie on June 23, 2013, 06:12:28 PM
Hondestories:

* Ek het 'n baie slim hond. Wanneer ek hom roep en vra: 'Kom jy of kom jy nie?' dan kom hy of hy kom nie.

* Nou die dag sien ek twee honde wat na 'n parkeermeter toe loop. Die een
sê vir die ander: 'Kan jy nou meer? Betaaltoilette!'

* Ek het al so baie blinde afsprake gehad dat hulle vir my 'n gidshond
behoort te gee.

* Die hond loop by die werkverskaffersburo in.
   Voertsek! se die klerk.
   Ek is 'n klient, se die hond. Ek soek werk
   'n Pratende hond! se die klerk verbaas. Ons sal jou dadelik kan help, die sirkus is hoeke nou op die dorp.
   En wat wil hulle met 'n loodgieter maak? vra die hond.

 :mumum:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: AB on June 23, 2013, 06:37:40 PM
Nuut op die mark. Viagra light. Blykbaar doen dit nie veel aan 'n man nie, gee hom net snaakse gedagtes.

dit help ook dat 'n ou man nie sy tone nat piepie nie





 :mumum:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on June 24, 2013, 10:34:13 AM
Viagra is soos bloemiste draad - dit hou die rangskikking mooi regop. Niks so erg soos 'n verlepte stammetjie nie. Bedons die hele 'morantiese' atmosfeer  :toothy4:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: adele on June 24, 2013, 12:58:26 PM
geen grap nie, maar ek giggel elke keer wanneer manlief sy nuwe voorskrif kry   :icon_biggrin: 
op die boksie se aanwysings is getik:  drink een kapsule soggens, in 'n staande of regopsittende posisie, met 'n glas water.
ons kon nog nie die rede uitpluis nie.   :icon_scratch: 

 :grommit:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on June 24, 2013, 01:43:06 PM
Adele ek dink dit is sodat die lugdraadjie nie verkeerde stasie opvang nie  :headbang:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on June 24, 2013, 02:00:53 PM
O goeiste Adéle, dit is seker sodat hy regop moet kom.  'n Mens kan mos nou nie lê en drink nie.   :angel4:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Aspoestertjie on June 24, 2013, 05:16:16 PM
Bloemistedraad? :icon_scratch: nee Ta Raaitjie nou't ek heeltemal die draad verloor.
 :icon_scratch: So wat Ta Raaitjie nou eintlik probeer se is dat Oupa en ou Ta nie meer hoef draad te trek nie. Hulle kan net viagra aan die grenspale smeer dan staan die goed vanself regop. Ek het weer gedink hoe dieper hulle die pale plant hoe beterder staan hulle en dan trek hulle draad om die grensdraad tussen die pale styf te span.
 :icon_scratch: Maar ek verstaan nie mooi wat dit met bloemiste uit te waai het nie.  :dontknow: Ek is nou mooi deurmekaar.
O hallie ha!!


 :mumum:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: AB on June 24, 2013, 06:41:22 PM
geen grap nie, maar ek giggel elke keer wanneer manlief sy nuwe voorskrif kry   :icon_biggrin: 
op die boksie se aanwysings is getik:  drink een kapsule soggens, in 'n staande of regopsittende posisie, met 'n glas water.
ons kon nog nie die rede uitpluis nie.   :icon_scratch: 

 :grommit:

is dit nou die viagra voorskrif?
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on June 25, 2013, 12:00:56 AM
 :headbang: :angel4: Giggel ek nou diekant vir al die gestyfde skryfgoed tussen die lyne hier! Assie daai blommetjies wat gewoonlik so neiging het om te verlep; hulle kry mos so skelmdraadjie in die stammetjie om te help dat hulle mooi regop bly. Die draad idee gaan ek smous onder die boere hier LOL!! Dink net hoeveel tyd kan hulle spaar  :icon_biggrin:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: AB on June 25, 2013, 06:04:09 AM
Meraai, daai blommetjies wat so verlep staan..gee hom net bietjie viagra poeier, een van 2 dinge gebeur, hy staan weer regop of hy skrik hom dooi en vrek op die plek.
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Angelica on June 25, 2013, 06:48:23 PM
WEET Tannie Poppie hiervan??
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: AB on June 26, 2013, 05:43:31 AM
ek dink syt 'n vermoede, ons sal nog uitvind.
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on June 26, 2013, 08:19:05 AM
Sy sal uitvind sodra sy terug is van verlof af.  Geniet intussen die stywe lyne.   :icon_biggrin:   
Wat seg die Ingelsmanne?  "In for a penny, in for a pound!"   :bootyshake:

Die ou se kar het gaan staan.  Stop die ou tannie en vra of sy kan help.
"Wil tannie nie stoot vir 'n brood nie?"   :angel4:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on September 14, 2013, 10:20:13 AM
Nee seg sy, ek sal laat waai vir 'n paai!  :icon_biggrin:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Angelica on September 15, 2013, 05:30:21 AM
Tannie Poppie gaan nog flou word as sy hier lees.
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on September 15, 2013, 07:54:06 AM
Tannie Poppie het sleg kapsie gemaak, maar toe ek aan haar verduidelik dat dit die "woordkroeg" is en as jy verstaan wat jy lees is jy oud genoeg om hier te lees, was sy effens meer bedaard.   :icon_biggrin:  Net effens hoor!  :bootyshake:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2015, 11:18:11 PM
Ek weet nie van tannie Poppie nie, maar ek het vanoggend hierdie stywe-lyne-kuier fiskriklik geniet so op my eentjie  :headbang:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: adele on May 21, 2015, 11:00:40 AM
 :toothy4:   :toothy4:   :toothy4:   :toothy4: 
giggellag ek ook nou saam en almal wonder hoeveel varkies het ek nou verloor ...
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on May 22, 2015, 12:54:41 AM
Ek het jou gehoor liefste mater - mis nie maklik uit op 'n saamlag nie  :icon_biggrin: Hoop jy het 'n wonderlike naweek.

Diekant loer ons na ander wieletjieshuis (met toilet) want ek is besig om te ontpop in 'n disco-ouma wanneer ek knypend in die ry wag vir my beurt  :icon_bigsmurf: Ons verlof (spesiaal buite seisoen gekies) val gewoonlik saam met die skooltoere en die plekke wat ons wil sien, is nou juis die wat almal van heinde en verre ook wil sien en dan is drie privaatgeriewe tussen twee skoolbusse vol kinders, onnies, mammas, pappas en kampeerders EFFFFFENS van 'n probleem.
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Naas on May 22, 2015, 06:48:55 PM
TaRaaitjie dans die toilet-riel
Die Toilet-riel
Die Toilet-riel
TaRaaitjie dans die toilet-riel
Die Toilet-riel Hoeraaa!

En Outop sleep die asemlong
Die asemlong
Die asemlong
En Outop sleep die asemlong
Die heelpad agterna.

As die twee so dans dans deur die lewe gaan
Die lewe gaan
Die lewe gaan.
As die twee so dans dans deur die lewe gaan
Kyk ons afgunstig agterna.

Want niks kan hulle onderkry
Hulle onder kry
Hulle onderkry
Ja niks kan hulle onderkry
Nie eers PH wat haar pla.
 :icon_salut: :hello2: :icon_salut: :hello2:


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on May 22, 2015, 11:01:53 PM
Naaaaaas!!! Hoe kosbaar  :notworthy: :icon_salut: Ek het gelees-sing, kon nie anders nie. Dankie dankie dankie!

Ek gaan dit gaps en as ek weer die waterpilletjies sluk en agterna knyp-knyp verlof hou, sal ek hierdie liedjie sing en my seeninge tel   :love7:

Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on May 23, 2015, 04:10:14 AM
PH HUMOR: Die Toilet-Riel

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Toilet-Riel.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Toilet-Riel.jpg.html)

TaRaaitjie dans die toilet-riel
Die Toilet-riel
Die Toilet-riel
TaRaaitjie dans die toilet-riel
Die Toilet-riel Hoeraaa!

En Outop sleep die asemlong
Die asemlong
Die asemlong
En Outop sleep die asemlong
Die heelpad agterna.

As die twee so dans dans deur die lewe gaan
Die lewe gaan
Die lewe gaan
As die twee so dans dans deur die lewe gaan
Kyk ons afgunstig agterna.

Want niks kan hulle onderkry
Hulle onder kry
Hulle onderkry
Ja niks kan hulle onderkry
Nie eers PH wat haar pla.

© Naas
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Naas on May 23, 2015, 11:08:07 AM
Ta'Raatjie, Jy is Outop se liefling maar jou lewensuitkyk het my menigmaal 'n les of twee geleer. So ver-weg het jy 'n onmisbare skat in my lewe geraak. 'n Skat wat ek nooit sal sien of aanraak maar prysloos nietemin. Ek gun jou en outop elke oomblik se geluk wat julle so saam sleepdans in tienfout. Die ou liedjie is maar iets kleins van my kant af. Baie dankie vir die erkenning daarvan. Ek waardeer.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on May 24, 2015, 12:46:29 AM
 :crybaby2: :notworthy:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on July 02, 2015, 09:48:54 AM
Hierdie by my swaerie gekry uit SA. Dalk is dit ou nuus  :dontknow:

Koos kom by die huis en sy vrou gooi haar arms
rondom hom en soen hom.
Hy vra: en hierdie goeie 'mood'
Waarop sy antwoord: ek is 'n maand laat skat. Ek
dink ons verwag?
Hy is ewe bly want hul probeer al vir 2jaar. Sy se vir
hom hul kan nog nie te opgewonde wees nie sy sal
moet nog n tydjie wag, sys maar nog net n maand
laat.
Sy vra hom toe om nog niemand te vertel nie want
sy sal "embarrased" voel as dit nie regtig so is nie.
Hy stem toe in dat hul dit eers moet n geheim hou.
Meanwhile het Koos laas maand vergeet om die
elektrisiteit rekening te betaal.
Volgende oggend bel Eskom die huis terwyl sy
alleen is en Koos in werk.
Eskom: mevrou u is n maand laat.
Die vrou baie geskok: hoe de hel het jul uitgevind!?
Eskom: dit wys op ons "system" mevrou.
Nee dit kannie wees nie, dis onmoontlik!! Gaan sy
aan.
Eskom: jammer mevrou ek doen maar net my werk
en dit is om u in te lig dat u n maand laat is.
Die namidag lig sy vir Koos in toe hy tuis kom. Koos
is baie kwaad oor die affêre en sleep woedend af na
die Eskom kantore.
Koos: wat de f*k gaan hier aan, julle het dit glo op
julle system dat my vrou n maand laat is? Dis mos
f*kk*l met julle uit te waai nie!!??
Eskom: Meneer kalmeer asb, al wat u moet doen is
om ons te betaal.
Koos: Betaal?? Is julle mal? En as ek weier?
Eskom: Jammer meneer dan sal ons maar by
meneer moet afsny.
Koos skokkend: Nooit, en wat van my vrou?
Eskom: Sy sal maar 'n kers moet gebruik meneer!
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on July 02, 2015, 12:29:00 PM
O hallie-ha!   :angel4:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Anastasia on July 02, 2015, 01:05:14 PM
Ek lag my morsdood.  Deesdae hoef jy nie eers 'oor jou tyd' te wees nie, dan word jy afgeknip en moet jy 'n kers gebruik.  Hie hie.
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Naas on July 02, 2015, 01:16:26 PM
Lekker lag ek nou weer vir die enetjie.

Vroulief bel haar man.
'Die motor wil nie vat nie' klaar sy.
'Nou wat is dit nou weer? Wil hy grimmig weet.
'Ek dink daar's water in die vergasser'
'Wat weet jy van motorengins. Hoe weet jy daar's water in die vergasser?
'Dis logies, die motor is in die swembad.' Antwoord sy.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Anastasia on July 02, 2015, 01:17:33 PM
Heel logiese gevolgtrekking!!!!
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Fransi on July 03, 2015, 10:33:51 AM
 :icon_biggrin:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on July 03, 2015, 11:00:47 AM
Iemand in ons midde het pas haar haarkapper besoek vir 'n vinnige knippie  :icon_biggrin:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Anastasia on July 03, 2015, 11:52:46 AM
Ja, post ek mos vanmore op Facebook:  Ek gaan net gou haarkapper toe vir 'n vinnige knippie.   :hello2: :hello2:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on July 03, 2015, 11:56:01 AM
Diekant van die aardbol was ek verkrukkeld gelag vir jou plasing  :toothy4:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Anastasia on July 03, 2015, 03:36:10 PM
Ek het op gesigsboek die resultaat van die knippie gaan plaas, en sommer my profile pic opgedateer.  Mens mag nie jok met 'n ou foto nie. 
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on July 06, 2015, 04:08:39 AM
Ek het gaan loer en jy lyk alte fraai  :toothy4:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on July 06, 2015, 05:49:03 AM
An Irish man went to confession in St. Patrick’s Catholic Church.

‘Father’, he confessed, ‘it has been one month since my last confession. I had sex with Fanny Green twice last month’.

The priest told the sinner, ‘You are forgiven. Go out and say three Hail Mary’s then put $5 in the collection tray’.

Soon after, another Irish man entered the confessional. ‘Father, it has been two months since my last confession. I’ve had sex with Fanny Green twice a week for the past two months’.

This time, the priest questioned, ‘Who is this Fanny Green?’

‘A new woman in the neighbourhood’, the sinner replied.

‘Very well,’ sighed the priest, ‘Go and say 10 Hail Mary’s then put $25 in the collection tray’.

At mass the next morning, as the priest prepared to deliver the sermon, a tall, voluptuous, drop-dead gorgeous red-headed woman entered the sanctuary.

The eyes of every man in the church fell upon her as she slowly sashayed up the aisle and sat down right in front of the priest.

Her dress was emerald-green, very short, and she wore matching, shiny emerald-green shoes.

The priest and the altar boy gasped as the woman in the green dress and matching green shoes sat with her legs spread slightly apart, just enough for them to realise she wasn’t wearing any underwear.

The priest turned to the altar boy and whispered, ‘Is that Fanny Green?’

The bug-eyed altar boy couldn’t believe his ears but managed to calmly reply, ‘No Father, I sure it’s just the reflection from her shoes’.
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Naas on July 06, 2015, 09:27:43 AM
Hallie-ha!
Het net bietjie opgekyk van my vraestelle en toe die gesig aanskou.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on July 06, 2015, 09:46:41 AM
Die mag van taal Naas  :hello2: Lekker merk mater!
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Anastasia on July 06, 2015, 10:13:37 AM
Hierdie een moet ek onthou!  Spel met woorde.
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on August 17, 2018, 11:36:15 AM
Grawe ek vandag deur toeka se gespeel met woorde en kom op die ene af:
'Rioolboor' vir 'n 'agtermekaarmannetjie'. Lief ons taal

 :wave: :snorting: :`ip2:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Naas on August 17, 2018, 11:53:59 AM
Rioolboor...  :sign10: :toothy4: :mumum: :angel4: :headbang: :angel8: :hello2: :hello2: :hello2: :hello2: :hello2:

Wonder nou...  :icon_scratch: :icon_scratch: As daar drie rioolbore in die bed slaap, is die middelste een dalk 'n multiplug??



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Anastasia on August 17, 2018, 12:31:01 PM
Dis altyd 'n aangename verrasing as ander mense ou erfies herbesoek, en daarop kommentaar lewer.  Met die kom dit weer op ons almal se 'radarskerms' en kan ons ook weer gaan wandel. 

Ek wonder of dit net ek is, of dit Alzheimer se aanhef is, of is dit vir almal so:  Wanneer daar na jare weer so iets verskyn, kan ek sowaar nie glo dit is EK wat die of daardie gese het nie.  Soms lees ek dit, ek kyk nie altyd na die name links nie, en lag my dood vir die 'persoon' se skerp grap en skree 'bravo' vir die humor, en dan kyk ek links en sien dit was sowaar ek! 

Lyk vir my of ek dus net nog 'n klein rukkie sal moet uithou voordat ek vir myself kan begin paaseiers wegsteek!

Naas, jy darem.  Verras my telkens weer met jou spitsvondigheid!
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on August 17, 2018, 12:53:56 PM
Ek dink ons moet hierdie woordkroeg oopgooi.  Ek glo nie hier is een leser hier wat so styweliplipperig is wat nie hierdie soort van humor sal geniet nie. 
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Naas on August 17, 2018, 01:08:18 PM
As jy dit oop gooi moet dit net vir forumlede wees en nie vir besoekers nie. Besoekers sluit die jongspan in en dit gaan beslis die vrymoedigheid van die plasings striem.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on August 17, 2018, 03:28:56 PM
Natuurlik stem ek saam met jou, maar ek sal graag wil hoor wat sê die ander ouens hiervan. 
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on August 17, 2018, 11:02:43 PM
Oop vir lede kry ook my stem.  Ons is tog net selfde ou handjievol wat regtig lees en terugvoering gee. Naaaaaaaaas, daai gesig wat ek nou sien, help my!!!   :icon_biggrin:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Anastasia on August 18, 2018, 06:09:38 AM
Ek stem ook vir oop vir lede.  Dit sal lol as iemand bloot op 'n Google soektog op ons skatte afkom.  Hulle weet en verstaan nie die konteks daarvan en ons eie klomp se binnepret humor nie.
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Naas on August 18, 2018, 07:33:36 AM
Keer my of ek verinneweer my... Ta Raaitjie? Die slag pleit ek bewusteloos. Wassie ekkie.  :dontknow:




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on August 20, 2018, 01:11:30 PM
As ek dit nie mis het nie moet elke lid se naam individueel bygevoeg word.  Ek sal kyk daarna.  As hier iemand lees wat "aansoek wil doen vir lidmaatskap by die kroeg" dit is nou jou kans!   :icon_biggrin:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on August 20, 2018, 11:04:28 PM
Ek probeer vir Outop die multiplug-vraag vrae maar ek lag so hy moes maar self uitfigure wat ek probeer vertel  :sign10:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Naas on August 24, 2018, 12:29:21 PM
As julle gewonder het hoe 'n jood Viagra gebruik...  Hy lek die pilletjie, kyk af of dit al werk, as dit nog nie werk nie lek hy weer, kyk af of dit werk, lek weer, kyk af ens. tot dit werk. Dan bêre hy die res van die pilletjie vir later.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on August 25, 2018, 09:53:25 AM
O lieven loven - mog ons nooit so suinig word nie  :toothy4:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Naas on August 25, 2018, 10:20:34 AM
Van Oom Jood gepraat. Hy dra al vir veertien jaar dieselfde skoene omdat skoene so duur is. Tannie Jood kla oor die skoene.
So besluit hy een middag oppad huis toe dat die skoene nou maar moet gaan en koop 'n nuwe paar.
By die huis gekom kom Tannie Jood niks agter nie.
Later gaan Oom Jood maar kamer toe, trek al sy klere behalwe sy skoene uit.
Tannie Jood wil weet hoekom hy kaal is.
"Sien jy dan niks nuut nie?" Wil die ou weet.
"Nee. Alles is nog maar dieselfde. Tot klein Joodjie hang nog" Sê sy
"Dit hang nie, dit wys na my nuwe skoene." Antwoord die ou verergd.
"O!" Sê sy "Roep my maar as dit jou kop kry."


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Anastasia on August 25, 2018, 08:29:04 PM
altyd stout, naas!  Maar gelukkig is die draad se naam 'Die taal en sy stoute mense" so, gelukkig hou jy by die onderwerp. 
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on August 26, 2018, 03:18:49 AM
 :headbang: Manne se knieë moet hulle mooi oppas. Dinge kan neuk laters.

Die ou oom was in die hospitaal redelik siek en moes deur die hospitaal personeel gevoer en gewas word. Op n dag kom daar so ’n jong nursie om hom te was.

Toe sy daar in die suide kom se sy vir die oom:
“Haai oom dit is darm n meneer daai”

“Ja” se die oom, in my jong dae het ek n vyf gallon emmer vol water aan hom gehang as hy opstaan en dan van doellyn tot doellyn geloop op n rugby veld.

“En nou oom?” vra die nurse.

“Ek kom net tot op die half lyn” se die oom.

“Sak hy dan oom?” vra die nurse.

“Nee” se die oom, ” dan gee my knieë in.
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Naas on August 26, 2018, 04:31:14 AM
Die disselboom van Potchefstroom...


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on August 26, 2018, 11:48:50 AM
Klink  vir my na 'n waterdraer.   :angel8:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Anastasia on August 27, 2018, 07:47:33 PM
Hey, Meraai ... nie geweet jy kan so stout praat nie.  Ai, ek dink alle mans dink hulle kan nog ... water dra tot by die halflyn ... bedoel ek.   Hie hie.  Maar tussen die kan en die dra ... Hallie ha!
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Naas on August 27, 2018, 08:49:15 PM
Jack and Jill went up the hill
To fetch a pale of water
Jill forgot to take her pill
And now they got a daughter.
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on August 27, 2018, 10:47:48 PM
Bloooooooos. Nee, ek pleit onskuldig Anastasia. Verleiding tussen lyne wat ek gesteel en deel het :icon_bigsmurf: :angel8:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Naas on August 28, 2018, 04:01:40 AM
Ek was nog nooit juis 'n waterdraer nie. Gebore as 'n bul. (Later gevoel soos 'n os)

Willie was 'n bul. Hy het sy eie kamp gehad en altyd begeer om by die koeie in die kamp te wy. Daar was egter 'n doringdraad tussen hom en die koeie.
Eendag besluit Willie hy gaan oor die draad spring maar die draad lyk bietjie hoog. Maar die dryfkrag is daar. As by net genoeg spoed kan optel.
Hy staan terug, skop met sy voorpote in die grond.
"Ek is Willie die bul. Ek kan as ek wil!"
By storm daai draad en spring.
Maar, heelaas, daai draad was net te hoog. Een van die hakies skeur sy sakkie oop en ruk sy dryfkragte altwee uit. Toe by land voel by daar is moelikheid in sy fabriek en hy kyk terug, sien die klontjies aan die draad hang en sug.
"Ek is Willie die os, nou kan ek dit maar los."

Ongelukkig Noordliggie, kom daar in party mans se lewens daai besef van "nou moet ek dit maar liewerste los" al het hulle nie eens oor die draad gespring nie.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on August 28, 2018, 04:16:25 AM
Naas. Naas. Ek was nog aan't giggel vir jou weergawe van Jack and Jill en nou bulder ek onvroulik (Met simpatie. Regtig egtig.)
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on August 28, 2018, 06:49:21 AM
Australian joke...
Five Aussie surgeons from big cities are discussing what type of person makes the best patient to operate on.

The first surgeon, from Brisbane, says, "I like to see accountants on my operating table because when you open them up, everything inside is numbered."

The second, from Perth, responds, "Yeah, but you should try electricians! Everything inside them is colour coded."

The third surgeon, from Adelaide , says, "No, I really think librarians are the best! Everything inside them is in alphabetical order."

The fourth surgeon, from Sydney chimes in: "You know, I like construction workers...Those guys always understand when you have a few parts left over.'

But the fifth surgeon, from Melbourne , shut them all up when he observed: 'You're all wrong. Politicians are the easiest to operate on. There's no guts, no heart, no balls, no brains, and no spine... Plus, the head and the arse are interchangeable.’
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Naas on August 28, 2018, 08:33:47 AM
En ek kry nie eens die liegpampoene wat op hul verstand sit jammer nie.

Deskundiges het navorsing gedoen om te sien hoe verskillende breine werk.
Hulle maak 'n Japanees se skedel oop, vind dat dit vol moederborde en rekenaarskyfies is. As hulle 'n skyfie uithaal dooi hy en as hulle dit terugsit gaan by weer heel gesellig aan met lewe.
Toe neem hulle 'n Duiser en doen dieselfde met hom. Sy skedel is vol meganismes en ratte. As hulle 'n rat uithaal dooi hy en as hulle die rat terugsit loop hy weer klopdisselboom.
Kry hulle toe mos vir Zuma beet. Maak sy skedel oop. Binne is dit van hoek tot kant propvol niks. Daar is net 'n stuk bloudraad wat van kant tot kant loop. Wat nou gemaak? Help nie mens haal niks uit nie dan het hy mos te veel niks en waar sit jy dit terug want daar is niks meer plek nie. Maar hulle moet iets doen om te sien wat hom aan die gang hou.
Toe vat hulle 'n draadtang en knip die bloudraad middeldeur. Groot was hulle skrik toe sy ore afval.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on August 28, 2018, 10:38:21 AM
Daar het julle dit nou! Niks tussen die ore nie  :`ip2:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Anton Louw on August 29, 2018, 06:19:11 AM
"Groot was hulle skrik toe sy ore afval."

hehehehehehe
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on August 30, 2018, 11:32:04 AM
Hou so aan, ek geniet dit.  Hierdie draad (ons eie draad, nie Zuma s'n nie) is besig om baie gewild te raak. 
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Assie on November 13, 2018, 01:41:10 PM
Die man le by Sandy Bay op die strand. Hy het nie 'n draad klere aan nie, net 'n hoed bo-op sy manlikheid.
Daar kom 'n dame verby gestap en se: As jy 'n gentleman was sou jy jou hoed vir my gelig het.
Hy gee haar 'n skewe kyk en se: As jy nie so vrek lelik was nie sou die hoed homself gelig het.


 :mumum:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on November 13, 2018, 08:40:53 PM
 :nono: :`ip2 Kierieklik noem ek daai weggee-probleem Assie  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on November 15, 2018, 10:46:29 AM
Onthou ek die een van die jong bul wat vir die ou bul gesê het,  kom ons jaag hier af en dan gryp ons vir ons elkeen 'n koei om te dek.  Nee, antwoord die ou bul, kom ons stap rustig en ons draf almal deur.   :icon_biggrin:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on November 15, 2018, 04:40:30 PM
Al ooit gewonder waar sit 'n vis se poepol?
Hy sit agter die vistok by die Vaaldam met 'n blou bul trui aan.
Ek is seker hy het nog 'n bier in die hand ook?


Dit laat my nou dink aan die ou wat gaan visvang het vir die naweek en vir sy vrou gevra het om sy sypajamies in te pak.  Na die naweek trap hy haar uit omdat sy vergeet het om sy sypajamies in te pak.
"Ek het nie vergeet nie, ek het dit in jou vistrommel  gepak."

Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on November 15, 2018, 08:36:14 PM
 :`ip2: :icon_bigsmurf: :nono:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on November 16, 2018, 11:39:33 AM
Ons is mos by die taal en sy stoute mense?   :icon_biggrin:


Ek wonder net wat daai ou vir homself te sê gehad het.   :bootyshake:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Assie on November 16, 2018, 11:50:40 AM
Nou hoekom sal sy nou sy pajamas in die viskas pak? Dan gaan dit mos na vis stink? SIES GA POEF. Wie wil nou in vispajamas slaap. Dan gaan jy mos ok ene vis stink in die oggend...




 :mumum:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on November 16, 2018, 12:50:27 PM
Maak mossie sakie!  Hy het dit seker meer geniet om nakend te "slaap". 
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on November 16, 2018, 01:15:39 PM
As ek sy vrou was het ek hom al daai icons geteken wat ek gebruik he, en op sy kussings neergesit. Sou nie met hom wou praat nie en ook nie sy verskonings hoor nie  :toothy4: Laat hom suffer.
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Assie on November 16, 2018, 01:24:43 PM
Maar Ta Raatjie, as sy nou maak of sy stink pajamas sy skuld is en sy gaan soos 'n viswyf tekere gaan hy mos volgende naweek weer visvang sonder sy pajamas.   :icon_scratch:




 :mumum:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on November 16, 2018, 01:27:56 PM
O genadetjie, ek sal moet slaap oor dit Assie. Jy nou te slim vir my man  :icon_biggrin: Vanaand droom ek van viswywe en stinkende nagklere. Net solank dit nie kaalgaai mans is nie. LOL, een is genoeg.
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Assie on November 16, 2018, 01:29:52 PM
Kan ook nie lekker verstaan hoekom die man so opstandig is oor sy pajamas nie. Wie slaap dan nou as hy visvang?



 :mumum:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Anton Louw on November 16, 2018, 02:34:27 PM
'n vis se poepol?    :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:   O aardetjie tog -  ek gaan daai ene mos nooit uit my kop uit kry nie. 
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on November 17, 2018, 04:43:02 PM
Dit hoef nie altyd 'n bloubul te wees nie, sharks is net so lief vir visvang.  Hulle van net nie van die kant af nie.    :read2:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Naas on November 17, 2018, 09:55:03 PM
Alle vissermanne vang van die kant af. Party van die walkant af. Party van die bootkant af. Dis net duiker wat van die onderkant af vang.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on November 18, 2018, 10:35:00 AM
Hierdie visterman in PM se storie vang twee-been-snoek van die katelkant af.
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Anton Louw on November 18, 2018, 12:23:31 PM
Al ooit gewonder waar sit 'n vis se hol?
Hy sit agter die visstok op die kaapse kaai, met 'n stormer trui aan.
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on November 18, 2018, 10:45:15 PM
So van hol gepraat  :`ip2:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Snydokters.jpg)
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Naas on November 19, 2018, 02:14:36 AM
Dis baie waar. So waar die grap is amper nie snaaks nie.



Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Naas on November 19, 2018, 02:32:11 AM
Een van die ou omies gebruik nou die dag die woord 'poeselig' Ek kan nie mooi die kloutjie by die oor bring nie en dog ek hoor verkeerd toe hy sê sy vrou is poeselig.
Gryp toe my HAT 'wat ook al aan stap in die lewe, en gaan soek die woord. Die HAT gee die volgende verklaring.
Poeselig - mollig, sag en snoesig.
Om die waarheid ts sê ek het gedink hy praat van 'n verkeerskonstabel se flitslig.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on November 19, 2018, 05:34:54 AM
O hallie ha!   :sign10:   Die p-woord het al gesorg vir baie pret, maar Naas, jy vat die koek!  (Pun intended)

Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on November 19, 2018, 07:40:53 AM
Hahahahahahaha. Ek gaan vanaand Outop se gesig baie mooi dophou as ek hom vra of die uwe ook lyk soos 'n konstabel se flitslig  :headbang:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on December 11, 2018, 10:52:09 PM
(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Spyker.jpg)
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on December 12, 2018, 11:38:12 AM
Dit is nou tussen die lyne lees as jy my vra.   :evil6:   Hierdie klomp is nou wat 'n mens werksaam noem.   :angel4:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: adele on May 17, 2021, 09:40:50 PM
 :toothy4:  :icon_biggrin:  :icon_biggrin:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on May 21, 2021, 08:04:14 AM
Dit klink eintlik asof hulle 'n nasie stad bou.   :evil6:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on May 23, 2021, 08:50:26 AM
 :toothy4: lief die woordspel!
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on May 23, 2021, 09:27:48 AM
Ek kyk weer na "waarvan praat julle" dan dink ek aan my pappie se woorde:  Ag my kind, as hulle so ordentlik is sal hulle nie eers weet waarvan ons praat nie.   :angel7:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: Meraai vannie Baai on May 23, 2021, 09:46:08 AM
Lekker giggel ek nou  :sign10:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: adele on May 23, 2021, 01:23:18 PM
Eksěktlie PM  :toothy4:
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on May 24, 2021, 04:09:08 AM
Lekker om jou raak te loop hier in die gange Adele.  Gaan dit goed met jou?
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: adele on May 24, 2021, 05:24:54 AM
Altyd goed en geseënd dankie vriendin.
Title: Re: Die taal en sy stoute mense
Post by: PM on May 25, 2021, 05:23:23 AM
Ek is baie dankbaar en het nog vele om voor dankbaar te wees.   :love7: