• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die taal en sy stoute mense

Started by PM, April 03, 2013, 11:29:43 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Aspoestertjie

Oupa se as jy Viagra saam met Pergasie drink weet jy nie of jy kom of gaan nie.
Wat is viagra Ta Raaitjie?

Antie PM Het begin met: "Ek skop af met: Opera." maar se toe niks verder nie.
Die meisie wat hekkies hardloop in atletiek hardloop Toepera, toepera, toepara, opera. Toepera, toepera, toepara, opera. Toepera, toepera, toepara, opera.

Meraai is in die rug geskop. Vra Ta mos vir haar wie se baba dit is. "Nei," seg sy "As djy 'n pot boentjiesop gevreet het, hoe wiet djy waffer boentjie djou lat poep."   


:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

PM

 :sign10:  Dit is beter, nou kan ons weer lag!   :icon_biggrin:

Slim vang toe sy baas met R15.00.   :icon_biggrin:  Ek kan sien die hekkies was net drie tree van mekaar af (of is dit nou vier?  :icon_biggrin: ) en om boontjiesop te eet is baie gevaarlik.   :icon_biggrin:

Raaitjie, ek wil ook graag weet wat is jou antwoord!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Louis

 
 
Die vrou sê: "Ons is so arm, dis elke dag net pap en sex, pap en sex, pap en sex"
"Nou ons verstaan die pap elke dag, maar waar pas die sex in?" wil iemand weet.
"Jong," sê die vrou "dis die enigste manier hoe ek 'n stukkie vleis in my liggaam kry."



Angelica

elle

Aspoestertjie

Nuut op die mark. Viagra light. Blykbaar doen dit nie veel aan 'n man nie, gee hom net snaakse gedagtes.





:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Aspoestertjie

Hondestories:

* Ek het 'n baie slim hond. Wanneer ek hom roep en vra: 'Kom jy of kom jy nie?' dan kom hy of hy kom nie.

* Nou die dag sien ek twee honde wat na 'n parkeermeter toe loop. Die een
sê vir die ander: 'Kan jy nou meer? Betaaltoilette!'

* Ek het al so baie blinde afsprake gehad dat hulle vir my 'n gidshond
behoort te gee.

* Die hond loop by die werkverskaffersburo in.
   Voertsek! se die klerk.
   Ek is 'n klient, se die hond. Ek soek werk
   'n Pratende hond! se die klerk verbaas. Ons sal jou dadelik kan help, die sirkus is hoeke nou op die dorp.
   En wat wil hulle met 'n loodgieter maak? vra die hond.

:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

AB

Quote from: Aspoestertjie on June 23, 2013, 07:02:21 PM
Nuut op die mark. Viagra light. Blykbaar doen dit nie veel aan 'n man nie, gee hom net snaakse gedagtes.

dit help ook dat 'n ou man nie sy tone nat piepie nie





:mumum:

Meraai vannie Baai

Viagra is soos bloemiste draad - dit hou die rangskikking mooi regop. Niks so erg soos 'n verlepte stammetjie nie. Bedons die hele 'morantiese' atmosfeer  :toothy4:

adele

geen grap nie, maar ek giggel elke keer wanneer manlief sy nuwe voorskrif kry   :icon_biggrin: 
op die boksie se aanwysings is getik:  drink een kapsule soggens, in 'n staande of regopsittende posisie, met 'n glas water.
ons kon nog nie die rede uitpluis nie.   :icon_scratch: 

:grommit:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Adele ek dink dit is sodat die lugdraadjie nie verkeerde stasie opvang nie  :headbang:

PM

O goeiste Adéle, dit is seker sodat hy regop moet kom.  'n Mens kan mos nou nie lê en drink nie.   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Aspoestertjie

Bloemistedraad? :icon_scratch: nee Ta Raaitjie nou't ek heeltemal die draad verloor.
:icon_scratch: So wat Ta Raaitjie nou eintlik probeer se is dat Oupa en ou Ta nie meer hoef draad te trek nie. Hulle kan net viagra aan die grenspale smeer dan staan die goed vanself regop. Ek het weer gedink hoe dieper hulle die pale plant hoe beterder staan hulle en dan trek hulle draad om die grensdraad tussen die pale styf te span.
:icon_scratch: Maar ek verstaan nie mooi wat dit met bloemiste uit te waai het nie.  :dontknow: Ek is nou mooi deurmekaar.
O hallie ha!!


:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

AB

Quote from: adele on June 24, 2013, 01:58:26 PM
geen grap nie, maar ek giggel elke keer wanneer manlief sy nuwe voorskrif kry   :icon_biggrin: 
op die boksie se aanwysings is getik:  drink een kapsule soggens, in 'n staande of regopsittende posisie, met 'n glas water.
ons kon nog nie die rede uitpluis nie.   :icon_scratch: 

:grommit:

is dit nou die viagra voorskrif?

Meraai vannie Baai

 :headbang: :angel4: Giggel ek nou diekant vir al die gestyfde skryfgoed tussen die lyne hier! Assie daai blommetjies wat gewoonlik so neiging het om te verlep; hulle kry mos so skelmdraadjie in die stammetjie om te help dat hulle mooi regop bly. Die draad idee gaan ek smous onder die boere hier LOL!! Dink net hoeveel tyd kan hulle spaar  :icon_biggrin:

AB

Meraai, daai blommetjies wat so verlep staan..gee hom net bietjie viagra poeier, een van 2 dinge gebeur, hy staan weer regop of hy skrik hom dooi en vrek op die plek.