• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vier Seisoene

Started by PM, April 01, 2013, 11:22:22 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Vier Seisoene         © Ans Botha
 
met kromgetrekte hande
wag sy met blokkieskombers
oor haar bene in winter kou
staar sy voor haar uit
 
met oë wagtend gerig op stofpad
elke beweging laat haar
oë opgewonde blink
verlange opkyk na geslote hek
 
lente bring geure van bloeisels
blomme bring kleure
in haar tuintjie
vol verlange
 
reën het die somer aangekondig
lente is weg
voëltjies kwetter en sing
vir haar op haar bankie

steeds wag sy
met ineengetrekte hande
verlangende oë
op haar bankie in haar somerstuin.

blare verkleur na goud en bruin
bladwisselende bome verloor hul blare
om haar bankie
lê 'n mat van herfs blare
 
'n windjie waai 'n blaar
op haar verrimpelde hand
met teerheid vou sy hom toe
maak sy vir oulaas haar oë toe

© Ans Botha
Om te weet is om te verstaan.

PM

Baie dankie vir jou inskrywing Ans.  Dit is 'n baie mooi gedig.  Ek het hierdie gedig by "kom ons help mekaar" geplaas waar ons kan skuur en skaaf totdat dit perfek is en reg vir die boek. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha


Joe Daai Ou

Haai Ans, ek het van jou gedig gehou! Snaaks hoe die Winter mens kan terneergedruk maak en jy verwoord dit so mooi! Doet Zoo Voort! :notworthy:
O Moedertaal,O Mooiste taal, jou lief ek bo alles!

Ans Botha

Dankie Joe, ja ek is glad nie 'n wintersmens nie! Gee my die son die hitte en ons ou plasie, en eks die gelukkigste mens op aarde

Ans Botha

met kromgetrekte hande
wag sy met blokkieskombers
oor haar bene in winter kou
staar sy voor haar uit

met oë wagtend gerig op stofpad
elke beweging laat haar
oë opgewonde blink
verlangend opkyk na geslote hek

lente bring geure van bloeisels
blomme bring kleure
in haar tuintjie
vol verlange

reën het die somer aangekondig
lente is weg
voëltjies kwetter en sing
vir haar op haar bankie

steeds wag sy
met ineengetrekte hande
verlangende oë
op haar bankie in haar somerstuin.

blare verkleur na goud en bruin
bome verloor hul loof
om haar bankie
lê 'n mat van herfs blare

'n windjie waai 'n blaar
op haar verrimpelde hand
met teerheid vou sy hom toe
sluit sy vir oulaas haar oë




Ans Botha

Daars hy PM ek dink hy is reg so! Ek sien as jy iets kom plaas hier wys hy nie die koevertjie nie, ek moet self plaas om die koevertjie te kan kry onderaan my skryfstuk.

PM

Baie dankie Ansie, ek dink dit skitter nou.  Dit is in die boek. 
Julle ander kan nog kom kommentaar lewer en aanbevelings maak hoor. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

#8
ek lief veral jou laaste strofe.

'n pennie ... in die eerste strofe is die twee woorde: winter kou
is dit een begrip ... een woord dalk?

ek wil ook iets vra wat ons by iemand anders al bespreek het, maar wat ek hier ook opmerk... hoe lees iemand iets wat ons aaneenskryf sonder leestekens ens? hiervoor wil ek die eerste 2 strofes as voorbeeld gebruik en gaan dit hierso plaas vir verdere bespreking saam met 'n kwatryn van my ...

hoop nie jy gee om nie

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Dit sal gaaf wees Adéle, daar is nog heelwat waaroor ek ook nie sekerheid het nie.  'n Bespreking sal net die antwoord wees.
Ek is ook nie seker oor die winter kou nie.  As dit winter koue was, sou ons dit twee woorde geskryf het?  Winter is dan die byvoeglike naamwoord?  Winter beskryf die koue.  Dan weer praat ons van "yskoud" maar ysig koud. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

"winter koue" sal dan beter klink as yskoud of ysig.

PM

Ans, daardie woorde is nie vir jou gedig nie, ek het dit maar net vir 'n voorbeeld gebruik.  Adéle se "winterkou" een woord, sal loshande wen.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

adele

ek verstaan jou gebruik van ysig Petra, .... as voorbeeld, maar dan liewer 'winter kou', Ans
want winter koue''  breek die ritme van jou mooi gedig  ... soos dit vir my klink.

:grommit:
adéle  :grommit:

Ans Botha

Ek het ook nogal so gevoel. Dit was ook die eerste woord wat in my kop opgekom het toe ek die gedig gedoen het.

Ans Botha

jy het vroeër gevra of jul dit kan bespreek, julle is welkom.