Author Topic: Vier Seisoene  (Read 12347 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Vier Seisoene
« on: April 01, 2013, 10:22:22 AM »
Vier Seisoene         © Ans Botha
 
met kromgetrekte hande
wag sy met blokkieskombers
oor haar bene in winter kou
staar sy voor haar uit
 
met oë wagtend gerig op stofpad
elke beweging laat haar
oë opgewonde blink
verlange opkyk na geslote hek
 
lente bring geure van bloeisels
blomme bring kleure
in haar tuintjie
vol verlange
 
reën het die somer aangekondig
lente is weg
voëltjies kwetter en sing
vir haar op haar bankie

steeds wag sy
met ineengetrekte hande
verlangende oë
op haar bankie in haar somerstuin.

blare verkleur na goud en bruin
bladwisselende bome verloor hul blare
om haar bankie
lê ‘n mat van herfs blare
 
‘n windjie waai ‘n blaar
op haar verrimpelde hand
met teerheid vou sy hom toe
maak sy vir oulaas haar oë toe

© Ans Botha
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vier Seisoene
« Reply #1 on: April 01, 2013, 10:23:52 AM »
Baie dankie vir jou inskrywing Ans.  Dit is 'n baie mooi gedig.  Ek het hierdie gedig by "kom ons help mekaar" geplaas waar ons kan skuur en skaaf totdat dit perfek is en reg vir die boek. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Vier Seisoene
« Reply #2 on: April 01, 2013, 03:55:35 PM »
Alles reg dankie PM.

Offline Joe Daai Ou

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Vier Seisoene
« Reply #3 on: April 04, 2013, 09:33:17 AM »
Haai Ans, ek het van jou gedig gehou! Snaaks hoe die Winter mens kan terneergedruk maak en jy verwoord dit so mooi! Doet Zoo Voort! :notworthy:
O Moedertaal,O Mooiste taal, jou lief ek bo alles!

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Vier Seisoene
« Reply #4 on: April 04, 2013, 03:29:10 PM »
Dankie Joe, ja ek is glad nie 'n wintersmens nie! Gee my die son die hitte en ons ou plasie, en eks die gelukkigste mens op aarde

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Vier Seisoene
« Reply #5 on: April 06, 2013, 12:15:37 PM »
met kromgetrekte hande
wag sy met blokkieskombers
oor haar bene in winter kou
staar sy voor haar uit

met oë wagtend gerig op stofpad
elke beweging laat haar
oë opgewonde blink
verlangend opkyk na geslote hek

lente bring geure van bloeisels
blomme bring kleure
in haar tuintjie
vol verlange

reën het die somer aangekondig
lente is weg
voëltjies kwetter en sing
vir haar op haar bankie

steeds wag sy
met ineengetrekte hande
verlangende oë
op haar bankie in haar somerstuin.

blare verkleur na goud en bruin
bome verloor hul loof
om haar bankie
lê ‘n mat van herfs blare

‘n windjie waai ‘n blaar
op haar verrimpelde hand
met teerheid vou sy hom toe
sluit sy vir oulaas haar oë




Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Vier Seisoene
« Reply #6 on: April 06, 2013, 12:17:53 PM »
Daars hy PM ek dink hy is reg so! Ek sien as jy iets kom plaas hier wys hy nie die koevertjie nie, ek moet self plaas om die koevertjie te kan kry onderaan my skryfstuk.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vier Seisoene
« Reply #7 on: April 07, 2013, 04:26:11 PM »
Baie dankie Ansie, ek dink dit skitter nou.  Dit is in die boek. 
Julle ander kan nog kom kommentaar lewer en aanbevelings maak hoor. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Vier Seisoene
« Reply #8 on: May 18, 2013, 08:52:07 AM »
ek lief veral jou laaste strofe.

'n pennie ... in die eerste strofe is die twee woorde: winter kou
is dit een begrip ... een woord dalk?

ek wil ook iets vra wat ons by iemand anders al bespreek het, maar wat ek hier ook opmerk... hoe lees iemand iets wat ons aaneenskryf sonder leestekens ens? hiervoor wil ek die eerste 2 strofes as voorbeeld gebruik en gaan dit hierso plaas vir verdere bespreking saam met 'n kwatryn van my ...

hoop nie jy gee om nie

 :grommit:
« Last Edit: May 18, 2013, 09:02:16 AM by adele »
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vier Seisoene
« Reply #9 on: May 19, 2013, 04:40:19 PM »
Dit sal gaaf wees Adéle, daar is nog heelwat waaroor ek ook nie sekerheid het nie.  'n Bespreking sal net die antwoord wees.
Ek is ook nie seker oor die winter kou nie.  As dit winter koue was, sou ons dit twee woorde geskryf het?  Winter is dan die byvoeglike naamwoord?  Winter beskryf die koue.  Dan weer praat ons van "yskoud" maar ysig koud. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Vier Seisoene
« Reply #10 on: May 19, 2013, 07:21:28 PM »
"winter koue" sal dan beter klink as yskoud of ysig.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vier Seisoene
« Reply #11 on: May 19, 2013, 07:26:02 PM »
Ans, daardie woorde is nie vir jou gedig nie, ek het dit maar net vir 'n voorbeeld gebruik.  Adéle se "winterkou" een woord, sal loshande wen.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Vier Seisoene
« Reply #12 on: May 19, 2013, 08:09:25 PM »
ek verstaan jou gebruik van ysig Petra, .... as voorbeeld, maar dan liewer 'winter kou', Ans
want winter koue''  breek die ritme van jou mooi gedig  ... soos dit vir my klink.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Vier Seisoene
« Reply #13 on: May 21, 2013, 03:52:17 PM »
Ek het ook nogal so gevoel. Dit was ook die eerste woord wat in my kop opgekom het toe ek die gedig gedoen het.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Vier Seisoene
« Reply #14 on: May 21, 2013, 03:54:19 PM »
jy het vroeër gevra of jul dit kan bespreek, julle is welkom.