• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Woorde

Started by PM, February 19, 2013, 08:16:24 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Woorde is klanke     
wat emosies wek     
die atmosfeer skep     
'n prentjie maak     
en dit selfs inkleur.
Woorde bring rustigheid     
vrede     
vrese     
of
dit maak geraas.
Woorde sleep     
of
dit huppel deur die veld.
Woorde skep liefde     
of
dit bring haat.
Woorde lewe     
dit bríng lewe     
of
dood.
Plaas dus 'n wag voor jou mond     
en
jou pen.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dit is so pragtig gestel PM. Ek kan myself verloor in woorde.  By die woordskuur het ek sommige van ons ou maters se beskrywings oor wat woorde vir hulle beteken bewaar, joune sluit volmaak daarby aan:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2372.0

Fransi

So waar, veral die wag voor die pen. 'n Mens gebruik skryfwoorde so dikwels as katarsis, uitlaatklep en dink nie aan die moontlike gevolge nie.

JC

Ja, 'n wag voor jou mond en maak jou pen vol met liefde voor jy skryf. 

adele

Quote from: JC on February 21, 2013, 04:11:55 PM
.......maak jou pen vol met liefde voor jy skryf. 

:angel3:  bossie blomme vir jou

:grommit:   
adéle  :grommit:

Marius

Pragtig het die gevoel van jou vul jou pen met liefde in my gees gaan inwikkel. Dankie.

PM

Hier is nou voorwaar 'n pragtige voorbeeld van die onderwerp wat ons vandag op 'n ander plek bespreek het. 

Hier in my hart voel ek warm vir julle. 
Om te weet is om te verstaan.