Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Skryftegnieke => Topic started by: PM on February 19, 2013, 08:16:24 AM

Title: Woorde
Post by: PM on February 19, 2013, 08:16:24 AM
Woorde is klanke     
wat emosies wek     
die atmosfeer skep     
'n prentjie maak     
en dit selfs inkleur.
Woorde bring rustigheid     
vrede     
vrese     
of
dit maak geraas.
Woorde sleep     
of
dit huppel deur die veld.
Woorde skep liefde     
of
dit bring haat.
Woorde lewe     
dit bríng lewe     
of
dood.
Plaas dus 'n wag voor jou mond     
en
jou pen.
Title: Re: Woorde
Post by: Meraai vannie Baai on February 20, 2013, 05:13:41 AM
Dit is so pragtig gestel PM. Ek kan myself verloor in woorde.  By die woordskuur het ek sommige van ons ou maters se beskrywings oor wat woorde vir hulle beteken bewaar, joune sluit volmaak daarby aan:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2372.0
Title: Re: Woorde
Post by: Fransi on February 20, 2013, 08:05:12 AM
So waar, veral die wag voor die pen. 'n Mens gebruik skryfwoorde so dikwels as katarsis, uitlaatklep en dink nie aan die moontlike gevolge nie.
Title: Re: Woorde
Post by: JC on February 21, 2013, 04:11:55 PM
Ja, 'n wag voor jou mond en maak jou pen vol met liefde voor jy skryf. 
Title: Re: Woorde
Post by: adele on February 22, 2013, 09:48:12 AM
.......maak jou pen vol met liefde voor jy skryf. 
   

 :angel3:  bossie blomme vir jou

 :grommit:   
Title: Re: Woorde
Post by: Marius on February 22, 2013, 12:23:35 PM
Pragtig het die gevoel van jou vul jou pen met liefde in my gees gaan inwikkel. Dankie.
Title: Re: Woorde
Post by: PM on August 07, 2016, 07:44:22 PM
Hier is nou voorwaar 'n pragtige voorbeeld van die onderwerp wat ons vandag op 'n ander plek bespreek het. 

Hier in my hart voel ek warm vir julle.