Author Topic: Wat is woorde?  (Read 2060 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Wat is woorde?
« on: December 06, 2012, 12:54:34 AM »
SueEe:

* Wat is woorde? Kan woorde alles wees? Of kan woorde soms niks wees?

* Kan woorde regtig emosies vereenselwig? Kan jy iemand se siel met woorde verkrag of vermoor?

* Kan jy iemand se trane met woorde afvee? Kan jy in woorde lag, sonder te weerklink van 'n giggel?

* Kan jy regtig in woorde huil, sonder 'n traan?

Ons eerbewys aan die woorde wat ek en myself saamgevoeg het:

* "Ek" is die leë gesproke woorde in gister.

* "Myself" is die dwalende gedagtes vir vandag wat môre gister se woorde word.

* "Ons" is die ongesegde woorde van gedagtes wat die woordkalender van my lewe volmaak.

Mel:
* Dit is my uitstort-emmer

* Dit is my bystand slaapterapie

* Dit is die sielkundige wat onverdiend in onse lewenskompetisie myne geword het

* Dit dra my uit hierdie laslappiedenke wat huishou in my

* Dit is die moedersoog wanneer ek (oorbodig) val

* Dit verstaan die genoeg in my oë as ek sonder huil om die hoek stukkend word

* Dit gee my sakkies kleinwees aan ander

* Dit leer my die intrepetasie van die houtskoolprentjies in my ongesiene self

* Dit is die spieël waarin ek sonder voorgee EK is

* Dit is my enigste saam-lag-saam-huil vriend

* Dit is my woorde ...

bertha badprop
* Woorde is sade van die siel, en waar jy dit saai ontkiem dit en groei in 'n ander se hart, die vrugte van daardie sade bepaal watter tipe mens jy is, daarom, as woorde getel word en mooi sade ontkiem, pronk jou hartstuin soos die paradys ...

* Woorde is soms al wat ek het

* soms hardloop dit rond en bont

* en stoei teen my denke

* soms kom dit fluisterend

* en vee af 'n traan

* vandag staan ek stil en weet

* sonder my woorde is ek 'n stomme profeet ...







Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wat is woorde?
« Reply #1 on: December 06, 2012, 12:55:46 AM »
Naas:
* Kan jy dink en redeneer sonder woorde? Ek weet ook nie. Dalk in prentjies maar baie primitief sonder woorde. Die vryheid van woorde onderskei die mens van die dier.

* 'n Malse Mallemeule sirkel, karring deur die grysstof in my kop.

* Denke, woorde, beelde hou die heel dag lank nie op.

* Wat sal ek maak as die mallemeule stil raak?

* Kekkel, Kraai of Blaf?

Aspoesterjie:
* Woorde kan ook waardevol wees saam met die regte liggaamsposisie. Op die een knie met 'n boksie in die hand ....

Goselynn:
* Selfs die mooiste en goedbedoelste woorde kan mens se hart uit jou binnekamers uitruk en dit in stukke opkap en begrawe onder tien ton sement ...

mariette:
* Ek dink woorde kan ook bedrieglik wees. Woorde kan ook 'n oorlog begin en 'n oorlog eindig, afhangende hoe die eienaar dit gebruik. Soms is dit die seerste woorde wat mens die moeilikste vergeet...


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wat is woorde?
« Reply #2 on: December 06, 2012, 12:56:47 AM »
Juenka:
* Woorde kan verseker emosie uitbring. Of dit nou liefde, pyn, geluk of hartseer is. Aan die ander kant is die bloed en vlees nodig vir oorlewing. Is dit tog nie so dat die drukkie, glimlag en die traan nie maar die resultaat is van woorde nie?

* Woorde: het my laat bly

* het my laat huil

* het my laat lag

* het my vermag

* het my in die dieptes in verkrag

drabmol:
* Vlugtelinge op papier tussen lyne heen

* Woorde ‘n embrio van die brein geboorte pyne vloeiend uit letters

* Woorde bind twee mense saam

* Woorde skroei hulle los van mekaar om apart te gaan

* Woorde is die groen slang in die boom - Sy gif spuit gate in my droom

* Woorde is egoisme van ‘n arrogante leier wie alle teenkanting weier - Sy mense weerloos laat in ‘n bankrot staat

* Woorde langs die graf besing die wondere van die dode ongeag swakhede

bied vergifnis vir sy reis en hulle tuis

* Woorde is my siel - My siel is woorde

* Woorde laat sangers sing

* Voẽls skryf musiek note tussen telefoon drade op yster pote

* Woorde is hoop vir die kind die vra het julle my lief Pa en Ma?

Elmarie Westerink:
* My woorde ... koeëls afgevuur deur my vingers om my vyande saamgetrek op my denkgrense uit te wis.

* My woorde ... haelkorrels wat neerslaan uit my vingers en die brose plante in ons liefdestuin platslaan.

* My woorde ...vlinders wat dartel en draai in die sonlig van jou oë.

* My woorde ... sagte lentereen reenboë wat span oor jou dag na die woeste wildheid

van gedagtestorms.

* My woorde ek stuur dit net vir jou.

« Last Edit: December 06, 2012, 12:59:44 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wat is woorde?
« Reply #3 on: December 06, 2012, 01:00:49 AM »
Sussa:
* Wat uit jou mond kom, verraai wat in jou binnekamers aangaan.

* Spontane blydskap, seerkry en pyn, verlatenheid, vreugde, hartseer, woede....ja, vir elke emosie is daar ‘n woord wat sê hoe jy voel!

* In Afrikaans kan ons so lekker sê hoe bly ons is: my beker loop oor, my hart bars uit sy nate, ek djiebel en djyg!

* Ons pyn kan ook duidelik in woorde uitgedruk word: die son skyn nie meer vir my nie, my dae en nagte is eindeloos lank, ek het my lag verloor, op moedverloor se vlakte ...

* Van kindertyd af is ek lief vir woorde: skryfwoorde, praatwoorde....eie taal se woorde en ander tale se woorde, geselswoorde, groetwoorde, ek-weet-van-jouwoorde .

*Warm skryfwoorde van liefde en vriendskap wat oor ver waters op dun, veerligte lugpospapier aangekuier kom en ‘n gewone dag in opwinding verander.

* Deesdae kom dit in kordaat, swart, regop lettertjies op jou rekenaarskerm in e-posvorm: ‘n rukkie tevore in anderland vervaardig en douvars, dansendbly voor jou nuuskierige oë ....!

* Of die kenmerkende handskrif-briefwoorde van familie en vriende:die eerste vinnig lees en dan die wéér lees en wéér lees net soos met die sap uitsuig van ‘n uitdruklemoen...tot daar nie ‘n lekseltjie meer oor is nie en die dors met welbehae geles is!

* Skryfwoorde op winkelvensters, uitbundig en kleurvol...in koerante, tydskrifte en oraloor; kwinkslae en spreuke, sprokies en verhale in boeke en bundels en blaaie...baldadig dans die letters in Afrikaans en Engels en ander tale voor ons oë rond.

* Praatwoorde wat hand-om-die-lyf loop met gesigsuitdrukkings, stemtoon en lyftaal....betekenisvol, verstaanbaar vir dié wat moet hoor.

*As mens jonk is, is alles wat anders is mos wonderlik....”Ich hab’ dich lieb, ohne dich kann ich nicht leben!”het die gekystes pouse in mekaar se gewillige ore gefluister.... Die sagte “ch”-klanke het die reeds emosiebelaaide woorde laat drup van betekenis!

* In Amanzimtoti by die Zoeloe Opleidingskool het die swart studente se donker, diep stemme op ‘n Maandagmôre tydens saalopening my hoendervleis op hoendervleis laat kry: warm, vreemde klanke en stemme wat saamsmelt in die mooiste harmonieuse klanke...oerwoorde wat van geslag tot geslag oor en oor gesing en gepraat en gesê word, woorde wat jou oplig en wegvat uit die sleur en die gang van die alledaagse!

* En wil ons dankie sê vir die voorreg om te kan praat, te lees en te skryf...dan kom die woorde soms so stadig, stamelend, stotterend: “U ken my sit en my opstaan, U verstaan van ver my gedagte. Daar is nog geen woord op my tong nie of U, Here, U ken dit geheel en al...” Mag die woorde van ons mond U welbehaaglik wees, elke dag van ons lewe op aarde!