Elke saak het twee kante, dit verstaan ek. Hulle probeer soveel moontlik geld maak en ek wil net rustig bly waar ek bly sonder om van kamer tot kamer te spring. Ek moet kook, ek trek nie net met 'n tassie klere nie. Een houer het net soppe, speserye en kruie in. Dit kos 'n ou 'n fortuin om elke keer by elke nuwe plek 'n klomp goed, wat in elk geval oud word, te gaan
koop. Ek pak dit maar in en vat dit saam.
Dan is daar goed wat nie orals in elke selfsorgeenheid beskikbaar is nie. 'n Fyndrukker, sif, ordentlike blikoopmaker, skerp messe, vergietes, tupperhouers, ens. Ek neem my rooiwynglase saam, want ek verseg om my wyn uit 'n poepglasie te drink.
Dit is vir poep, nie vir rooiwyn nie.

'n Verlenging of twee met die nodige proppe is 'n moet. My klikbeksak met die verkyker en die vogelboeke moet ook in. Dan praat ek nie van my ander boeke nie. So kan ek nog 'n paar dinge opnoem, maar dit is vervelig.
Dit is nie sommer net vir trek nie!

Ons sou darem 'n fees gehad het as ons kon saam kuier Raaitjie. Ek sou ook my strepiesbers en rooiwyn ingepak het, dan kon ons saam onder die sterre lê en vir die maan wuif! In die dag sou ons net geboek het. Ek wens ek wens...