• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

PM waaaaar is jy matertjie?

Started by Meraai vannie Baai, January 01, 2013, 11:07:22 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 3 Guests are viewing this topic.

PM

Dit sal so wonderlik wees.  My pa het altyd gepraat van "wanneer sy skip kom".  As my skip kom kan jy maar die spaarvarkies se lewens spaar.   :angel4:  Eendag is eendag...   Haai, ons kan mos met dieselfde skip gaan!   :hello2:

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Vanaand droom ek mooooie mooooie drome. Omring deur my sielematertjies. Lief julle soooooo baie baie  :love7:

Gawelina

Hoop dis 'n groot genoeg skip vir my ook.

PM

Dit sal 'n groot groot skip wees met baie plek vir almal!  Natuurlik gaan ons nĂªrens heen sonder jou nie!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Toe ons van NZ na Aus getrek het, het onse goedjies met die skip oor die waters gevaar en ek het drie maande moes wag vir hom aan land te kom met onse aardse skatte. Al moet ek vir ewig wag vir die skip waarop julle drietjies is, sal ek!!

PM

Ai my sustertjie.  Ek wens ek wens en ek droom en droom.  Intussen vlieg ek maar op my besempie tussen die sterre deur en waai elke aand vir jou daar van bo af! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

As hier nou 'n 'ekke lieffff dit' knoppie was het ek hom sommer drie male gedruk  :icon_biggrin: Vanaand kuier ek so lekker tussen die lyne ek vergeet skoon om te gaan slaap. Gaan nou eers gou draaitjie buite maak en kyk of ekke vir jou sien waai PM'pie  :angel4:

PM

Kyk net skuins bokant die ponlokkie, daar is ek.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Jy was die blinkste sterretjie aan die hemelruim. Jou GESIEN en toe jy jou stertjie wou waai ... daar verskiet jy en vir eerste keer het dit asof in slowmotion gebeur ... dink ek bymyself: dit was nou in simphatie gewees  :love7: Waaaar in die wye wereld gaan jy dit nog kry? So uniek is onse vrindskap!

PM

Jy laat my soos 'n  klein spikkeltjie voel Raaitjie.   :notworthy:  Mag ek jou en my ander matertjies nooit teleurstel nie.  Julle is vir my meer as al die skatte op die aardbol werd.   :love7:
As daai vervlakste skip van my nou net wil aankom kan ek almal bymekaarmaak en vir jou kom kuier.  Hoe ver is jou huis van die hawe af?  Ons sal vir jou, Outop en al julle mensies kom oplaai om saam te toer.   :angel4:  Kan julle dink hoe mooi die sterrehemel lyk daar diep op die water waar daar geen ander ligte is nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :love7: Ons is so drie en halwe uur se ry van die hawe af, en ek het klaar my grootste soetkysie gaan afstof hehehe. Daai skip van jou se seil sien ek al op die horison!!

PM

Ek hoop darem my skip het groot masjiene en 'n uitkyktoring.  Jy weet mos, daai kamer met al die navigasiegoeters en toerusting wat nodig is om koers te hou.   :icon_biggrin:  Ons gaan ver toer. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek loer in die gees alreeds deur een van die kajuitvensters en geniet die sterre aan die hemel en die langs my ewe veel  :love7: Hoe wonderlik dat ons tyd kry om vir mekaar te laat weet: ekke lief julle 

Gawelina

Ekke verlang julle big time!  Weereens my tyd gemors! Whaaaaa!!!!! Ek is lus en kou 'n paar klippe.

Meraai vannie Baai

Oeeee kom eers hier lat ek jou kan drrrrrruk Gawes. Ons mis en verlang ons stikkint man  :crybaby2:  Wanneer kom jy terug???