• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

PM waaaaar is jy matertjie?

Started by Meraai vannie Baai, January 01, 2013, 11:07:22 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Gawelina

Oom Jan sê as ons vrydag klaar ontbyt geëet het, gaan ons huis toe. Ons is moedeloos moeg en ons leer fietôl. My bene en voete lyk soos boomstompe geswel, my knieg pyn en my sitvlak is vierkantig. Hulle leer ons wat is telaktiwiteite, wat is breuke, sê mens grootste en kleinste getalle of meer en minder. Die gr. 3 vakadviseur vertel ons dat sy ons werkboeke geskryf het en hoe goed hulle is en hoe lekker hulle werk. By die kultuurvergadering leer ons van kurt darren se liedjies wat onaanvaarbaar is en hansie slim wat so mooi is. Die kinders mag nie volksvreemde danse soos hip hop danse doen nie en gr.1's se redenaarstemas is; bygelowe 2013. Ek is ga....vol! Moereloos verby. Skuus, nou kla ek net.  Liefe julle tonne tonne

Meraai vannie Baai

Ek dink die ouens wat die goed reel is volksvreemd! Vlieg sommer op my besem soontoe en pak jou soetkysie vir jou Juffrou Gawie  :love7: Jou plekkie op die swaai in onse tuin is leeeeeeeeg.  :crybaby2:

PM

Welkom Juffrou Gawie.   :wave:  Hier is die regte plek om te kom afpak as dit druk gaan. 
Kyk matertjie, dit is al die 10de en more is Vrydag.  Nog net een slapie! 
Sou ek daar wees sou ek daai voete ingesmeer en beter gesoen het. 
Ek het 'n skakel geplaas waar jy Loeloeraai kan gaan lees as jy "tyd op hande" het.   :icon_biggrin:
Ons wag vir jou.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Vandag was dit beter. Bitter interessante lesing gehad oor kinders met emosionele probleme. Tweede sessie was weer lees elke sin van die papiertjie af en toe verdaag ons. Die baas het my Milaydi's toe gevat en. Ogal ge"escort" oor die straat en weer terug. Ek voel baie gevlei, maar dis nogal ongemaklik om klere te kyk as jou baas saam met jou in die winkel is. Hehehehe.  Nuwe ervaring.

Ek het nou 'n lekker stort gevat en nou lê ek en my seer voetjies heerlik voor die waaier. Die weer grom, so ek dink ons kan reën verwag. More vroeg, na ontbyt, vat ons die lang pad terug. My kinders verlang glads na my. Hehehehe.

Saterdag sal ek beslis op my pos wees in die tuin. Soek net die dik voete en julle sal my vind. Hie hie hie

PM

Ek is so bly dit gaan beter.  Saam jou baas?  In 'n klerewinkel?  Hê-hê.  Het hy jou help kies? 
Ons sien jou Saterdag in die tuin.  Kan nie wag dat jy moet rerug wees nie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek gaan my vrolikste blommetjiesromp aantrek met my nuwe hoed en gewapen met pienkborrels vir die okkasie  :love7: :notworthy:

PM

Ek bring die eetgoedjies!  Sien jou daar!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Sustertjies van my, net gou laat weet ekke gaan ons tuinkuiertjies mis vir 'n paar dae. Ons 'trek uit' sodat die lugsuiweraarsisteem geinstalleer kan word. LIefe julle baie baie  :love7:

Gawelina

Ek neem kennis. Dalk vang ek so 15 minute langer slapie dan. Dit gaan rod die kant. Die girls knip nog uit aan die skoolwerk wat vanmiddag gedoen is. Sterkte met die werkery hoor!

PM

Ek het gaan soek daar in die tuin en net "spore van gister" daar raakgeloop. 
Geluk met meisiekind se verjaarsdag Gawie, ek weet sy sal vir julle nog baie vreugde bring.  Drukkie vir haar.
Raaitjie, ek hoop na dese sal dit sommer baie beter gaan met skoon lug.  Kom vertel sustertjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ons sal alles mooi aanteken en kom vertel hoe dit gaan. Nou wil julle  liewers nie weet hoe dit hier lyk nie. Dit is heeeerlik koel en die vars lug wonderlik maar die reuke nog baie sterk en alles is toe onder die stof. Ons sal seker vanaand en moreaand nog in wieletjies huis deurbring tot dat die reuke verdwyn het. Ons het blykbaar baie goeie houtbalke in die dak en die ouens moes deur dit saag om by elke vertrek 'n ventilasieluik in te kon sit. Die oumense het nog 'goed' gebou se die man vir ons. Dit ruik soos saagmeule hier LOL! More is dit operasie skoonmaak, gordyne en beddegoed was. Dan die terugsit/hang  :icon_scratch: grooot werk!

PM

Ek is bly dit is darem al so ver Raaitjie.  Voorspoed met die skoonmaak.  Vat dit rustig, moenie jouself verwoes nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Oeeee heh eh! Ek bewonder jou moed! Vat dit rustig jong, ek lê net smiddae met geswelde, krampende beentjies. Dis nag nella,die een hittegolf na die ander. Die kiddies is sover baie soet, maar nog baie babatjie. Sal nou rukkie vat voor hulle aangepas het.

Meraai vannie Baai

Gelukkig het ek wonderlike hulp in die vorm van Oupa Blessie en sal meer in toesighoudende rol oor sy skouer loer. Plan van aksie klaar uitgewerk: Gaan rolspel toepas  :headbang: ek is 'n nursie met my wit masker...ek voorsien swarigheid vir my 'hulp' want ek sukkel om my hande van hom af te hou as hy so fiks voor my woel  :icon_bigsmurf:

PM

PM het klaar gepak.  Ons is oppad om die laaste dokumente af te handel vir die oorgawe van die projek.
Ons sal kontak as ons daar is. 
Om te weet is om te verstaan.