Ek het 'n seisoens geraas probleem. In die somer ry my buurman Bike en elke oggend om 6 start hy sy bike en laat hom idle voor sy huis waar ons kamervenster is. Dan hoor mens die ge dupdupdup van die motorbike tot hy ry. Gelukkig reff hy hom nie. Magoed kannie doeks nie en raak briesend kwaad. In die winter ry hy kar, dan is daar nie probleem nie, hy start en ry. Nou wonner ek hoekom moet die bike idle en sy kar nie? Is te bang ek maak 'n hond wakker deur te vra en dan laat idle hy die kar ook nog! LOL! Die anner kant van die huis is 'n besige straat en alle ambulanse en nood voertuie soos brandweer ry daarlangs maar dis nie hinderlik nie, net so dan en wan. Nee gee my die stilte, daar in die Karoo, die skape kan maar blêr, dit sal soos sagte musiek op my oor wees! Dan iets wat my irriteer verby alle grense is RSG met sy alewige swaar musiek programme! Mense wat weet noem dit KLASS! Daar word musiek uitgewurg uit instrumente sonner deuntjie en as iemand nog saam sing is dit net 'n spul geluide hoog en laag. Hoe mense wat normaal is dit kan waardeer gaan hierdie gryskop se verstand heel te bowe! Ek praat nie van mooi melodiese orkes musiek soos Motzart, Strauss en die snare nie, ek praat van daardie onuitspreeklike owerspel van Tchaikovsky in Beethoven se Flat! Sjiiieee en dan noem die aanbieder dit nog 'n werk van die era in sleutel XYZ ! Dis absolute gemors en tydvullers waarvoor hulle nie tantiemes hoef te betaal nie! Kan jy geloof, ek verander net daar die stasie en stuur RSG, so lief ek hom het, na die Hel!Dit is waar sulke musiek hoort!