Author Topic: Sagter, asseblief!!!  (Read 8829 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Sagter, asseblief!!!
« Reply #15 on: January 05, 2013, 01:51:00 PM »
Min mense besef hoeveel stress so 'n lawaai veroorsaak.  Alledaagse geluide kan 'n mens nog hanteer, maar mense wat jou moermeter moedswillig in die rooi in stuur is plein onbeskof! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Sagter, asseblief!!!
« Reply #16 on: January 05, 2013, 02:29:07 PM »
en die ergste is hulle dink hulle is reg met onbeskof en al. gewoonlik het sulke mense geen maniere nie, ek glo op die pad ook nie. 'n soort van mentaliteit wat jy nie uit hulle sal kry nie.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Sagter, asseblief!!!
« Reply #17 on: March 19, 2013, 08:54:59 AM »
Geraas op sy tyd is "okay" met my.

Maar wanneer jou nuwe huurders elke aand teen 2 uur die oggend hier in kruip, en my liewe Wolhaar babas se slaap verstuur word en wonder wie WAAG om hul moedertjie leed wil aan te doen. Dan opspring, in 'n mooi taal laat verstaan DIS SLAAP TYD VROU!! Dan raak ek omgekrap.  :dontknow:

Natuurlik nie vir my babatjies nie. Maar vir die mense wat nie weet dat  2 uur nie 'n tyd is om te kom nie.   :nono:
Ek het met haar gepraat daaroor en gisteraand was daar geen sulke laataand rond kuier nie.  :evil6:


Engeiets wat my slaap versteur is vir my 'n  :nono: .

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Sagter, asseblief!!!
« Reply #18 on: March 19, 2013, 09:28:31 AM »
Gaaf as hulle geluister het Trappies.  Party mens kan mos hoor maar nie luister nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Joe Daai Ou

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Sagter, asseblief!!!
« Reply #19 on: March 26, 2013, 01:28:58 AM »
Ek het 'n seisoens geraas probleem. In die somer ry my buurman Bike en elke oggend om 6 start hy sy bike en laat hom idle voor sy huis waar ons kamervenster is. Dan hoor mens die ge dupdupdup van die motorbike tot hy ry. Gelukkig reff hy hom nie. Magoed kannie doeks nie en raak briesend kwaad. In die winter ry hy kar, dan is daar nie probleem nie, hy start en ry. Nou wonner ek hoekom moet die bike idle en sy kar nie? Is te bang ek maak 'n hond wakker deur te vra en dan laat idle hy die kar ook nog! LOL! Die anner kant van die huis is 'n besige straat en alle ambulanse en nood voertuie soos brandweer ry daarlangs maar dis nie hinderlik nie, net so dan en wan. Nee gee my die stilte, daar in die Karoo, die skape kan maar blêr, dit sal soos sagte musiek op my oor wees! Dan iets wat my irriteer verby alle grense is RSG met sy alewige swaar musiek programme! Mense wat weet noem dit KLASS! Daar word musiek uitgewurg uit instrumente sonner deuntjie en as iemand nog saam sing is dit net 'n spul geluide hoog en laag. Hoe mense wat normaal is dit kan waardeer gaan hierdie gryskop se verstand heel te bowe! Ek praat nie van mooi melodiese orkes musiek soos Motzart, Strauss en die snare nie, ek praat van daardie onuitspreeklike owerspel van Tchaikovsky in Beethoven se Flat! Sjiiieee en dan noem die aanbieder dit nog 'n werk van die era in sleutel XYZ ! Dis absolute gemors en tydvullers waarvoor hulle nie tantiemes hoef te betaal nie! Kan jy geloof, ek verander net daar die stasie en stuur RSG, so lief ek hom het, na die Hel!Dit is waar sulke musiek hoort!
O Moedertaal,O Mooiste taal, jou lief ek bo alles!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Sagter, asseblief!!!
« Reply #20 on: March 26, 2013, 02:07:16 AM »
En so verskil smaak  :`ip2: die een ou lief die lied en die ander ene haat die geraas  :icon_biggrin: Joe ek het nie 'n idee hoekom die man sy ysterperd so laat runnik vroeg soggens nie, maar kan my indink hoe ongemaklik gevoelig dit moet vir die ore moet wees!!

By ons laat staan die manne hulle monsters om te laat stoom afblaas (so klink dit vir my) want dit sidder en beef, blaas soos 'n slang en na 'n ruk is alles stil. Net om weer aan die gang gesit te word nadat die vrag nagegaan en die bene gerek is. Dan trek hulle weg teen die opdraende en laat waai deur sewe ratte in paar honderd meter ( :sign10:  so klink dit vir my). Die ergste is as hulle aan die anderkant van die hoofweg die perd aan die 'onwettige teuels vir beboude gebiede' beetkry en hom tot stilstand dwing voor dieselfde ritueel herhaal worre. Is dit die monster se 'turbo' wat moet afkoel?
  

Offline Joe Daai Ou

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Sagter, asseblief!!!
« Reply #21 on: March 26, 2013, 03:01:00 AM »
Praat jy Nig, as so groot trok stop mag jy hom nie dadelik afskakel nie. Die Turbo's moet vir so minuut of twee eers afkoel en die hulle staat so en idle.Die geraas wat klink soos blaas geluide is die Lug wat deur die veilgheids valves uitgeskiet worre.Die lugdruk word altyd op 9 bar gehou vir die remme en as hy dan so staat en idle dan klim die druk hoër as 9 bar en dan release die valves die druk, dis waar die Sjeeeeeeeeeet vandaan kom!
O Moedertaal,O Mooiste taal, jou lief ek bo alles!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Sagter, asseblief!!!
« Reply #22 on: March 26, 2013, 03:02:54 AM »
Nou verstaan ekke BAIE mooi  :toothy4: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Sagter, asseblief!!!
« Reply #23 on: March 26, 2013, 08:47:28 AM »
ek het my ook nou in plooie gelag! ...onuitspreeklike owerspel van Tchaikovsky in Beethoven se Flat!

Nou verstaan ek ook waar die Sjeeeeeeeeeet vandaan kom.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.