Voorreg om te kan deel mater

Die artikel word wyd gelees ja en 'n bewys van soeke na inligting nog steeds. Ons trek nou op 99 756 keer gelees.
Vandag wil ek gou so bietjie gesels oor die
"Moderne Siekte".Ek het so week of wat gelede weer 'n reeks bloedtoetse gehad, onder andere vir 'n elektroliet-wanbalans. Het dus begin loer na die invloed wat 'n magnesium/kalium tekort op jou liggaamsfunksies het en inderdaad word hierdie wanbalans ook aangedui as 'n 'moderne siekte' weens verfynde voedsel en veranderde leefstyle waar probleme met tipe 2 diabetes, osteoporose, gewigs- en self velprobleme jou lewensgehalte letterlik en figuurlik versuur.
'n Hele bek vol ne!
Aangesien baie PH pasiente op vogafdrywende (Diuretics) geplaas word, is dit belangrik dat jy gereeld getoets word vir wanfunksies. Dit geld veral ook vir pasiente met hartversaking (heart failure).
Meeste van ons is bewus daarvan dat sekere tekorte kan lei tot krampe, gewrigs- en spierpyne maar vir my was dit tog half skrikwekkend as mens besef hoe groot is die sleutelrol wat gespeel word om die normale spiersametrekkings/ontspannings te beheer.
Aangesien die hart die belangrikste spier in jou liggaam is, kan onvoldoende inname lei tot hartritmeversteurings en in die ergste gevalle kan lae kalium tot hartversaking lei, volgens die Harvard Mediese Skool.
Te lae vlakke kan ook aanleiding gee tot slaaploosheid, moegheid en 'n algemene gevoel van swakheid. Duiseligheid en floutes weens verlaagde bloeddruk en wanfunksionering van die niere wat weer ontaard in 'n bose kringloop van onwatering en 'n oormatige dorsgevoel is simptome wat ernstige gevolge kan inhou.
Geestesongesteldhede soos verwardheid, prikkelbaarheid is nog newe effekte en so ook daardie liggaamlike ongemak van been-, arm- en selfs maagkrampe wat weer aanleiding kan gee tot hardlywigheid.
Die verhouding tussen voedingstowwe wat ons liggame benodig is inderdaad baie delikaat. Verbasend kan 'n wanbalans ook aaleiding gee tot swetende, stinkende voete, slegte asem en liggaamsreuke.