• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)

Started by Meraai vannie Baai, December 27, 2012, 02:06:27 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 3 Guests are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

#585
Ek sluip vanaand gou hier in en groot was my verbasing toe ek sien hoeveel keer die onderwerp gelees is. Read 206777 times Dit is vir my werklik 'n riem onder die hart dat ons midde die onsekerheid en geveg met die deel van ons pad met die asemdief oor die afgelope klompie jare, 'n deel kon bydra om inligting beskikbaar te stel as pasient. Deur genade skop die ouvrou nog (soms in paaiemente soos wat ek gewoonlik spottenderwyse beskryf deur die moeiliker dae). 

:hello2: :notworthy:

adele

Goeie mooi môre liewe Raaitjie, dankie dat jy ons kom groet het en so versigtig iets nuut op die horison kom neersit.Ons hoopglo saam met julle vir goeie nuus en beterskap vir die volgende jare  :love7:  :love7:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

#587
Dankie baie baie vir inloer en omgee mater  :love7: Mag die nuwe jaar vir jou ook net die allermooiste inhou.

Meraai vannie Baai

#588
Die afgelope twee weke was 'n emosionele 'rollercoaster'. Ek het voorheen al navrae en intensiewe navorsing gedoen oor die voorkoms van hallusinasies wat ontstaan weens 'n te kort aan suurstof. Ongelukkig kon ek geen bevestiging vind uit persoonlike ervaringe van PH pasiente wat die voorkoms en verband kon staaf nie. My soektog na die oorsprong van hierdie nagmerrie ondervindinge het dus weier begin strek want die situasie duur steeds voort vir die afgelope twee jaar. Met of sonder suurstofaanvulling teister die wanbeelde my nog steeds en het dit op die punt gekom waar ons besluit het dat dit te gevaarlik geraak het om self te bestuur. En so het nog 'n hoofstuk in ons lewe 'n aanvang geneem. Sodra ek die inligting mooi uiteengesit het, sal ek kom deel. Hopenlik lees iemand hier en kan vir ons terugvoering gee. As ek kyk na ons leserstal is daar nog steeds mense wat opsoek is na inligting oor die asemdief.




Meraai vannie Baai

#589
As jy probleme met asemhaling/long- en hartprobleme ondervind en geen toetse kan dui op enige mediese probleme nie, volg die skakel om Curry Whisenhunt se plasing wat hy goedgunstiglik 'n week gelede toestemming verleen het om te mag deel as bewusmaking van Lewy Body Dementia:

https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4593.msg32205#msg32205


adele

ek kuierlees ook nog steeds, liefliewe vriendin. Enige dimentia is vir meeste mense nog baie vreemd. Slegs hulle wat so iemand versorg, kan oor die nagmerrie saamgesels. Dink weer en weer en steeds aan julle  :love7:  :love7:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

#591
Stywe drukkie vir jou liefste matertjie. Opregte waardering vir inloer en 'n woordspoor gelaat  :love7:


PM

Dit is ongelooflik om te sien hoeveel mense hier lees.  Al is ons soms stil (asgevolg van eie probleme) is dit nie te seg dat die forum stil is nie. 
Raaitjie, al die inligting wat jy gee is waardevol en kosbaar.  Moet asseblief nie dink dit is nodeloos of gaan ongemerk verby nie. 
Hou so aan en bou voort op hierdie ongelooflike onderwerp.
Groot liefies vir jou en almal vir wie jy omgee.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Die voorreg is myne lief PM. In 'n mate het die deel van ons pad met die asemdief, meegehelp met die verwerking en aanpassing vir Outop en myself oor die afgelope jare en baie keer ook 'n verwysing na inligting wat ons al 'misplaas' het in die kreukelkamers. :icon_biggrin:

Tydens ons toer het ons weer besef hoe hoogtes jou asemhaling beinvloed. Daar was plekke wat ons so graag wou besoek en 'n paar dae oorstaan om die skatte te ontdek/ontgin, maar enige hoogtes vanaf 800 meter bo seevlak was elke asemteug vir my pynlik en het ons so gou moontlik probeer om laer te kom. Naaste aan seevlak was asemhaling die gemaklikste en het ek die gesondste gevoel wanneer ons lugbesoedeling kon vryspring soos byvoorbeeld in die Outbacks van Queensland.

Nog iets wat ons albei verbaas het, was die reaksie van my longe as ons in die omgewing van steenkoolmyne was  :crybaby2: Gelukkig het ons twee draagbare 02 masjiene in die motor gehad want op 'n stadium het een begin om 'n alarm te  gee om te waarsku dat die suurstofinhoud nie meer voldoende was nie.

Ek het die gesondste gevoel in die Outbacks waar daar geen fabrieke en lugbesoedeling was nie.


PM

Ek verstaan daardie skoon lug en hoogte, waar die druk baie hoog is.
Die tyd wat ons in New Zeeland was het my geswelde voete baie verbeter en my kortasem was skoon weg.  Ek kon heerlik in die winkels wandel, waar hier moet ek 'n "loopstoel" gebruik waar ek kort-kort moet sit.
Die ouderdom dra ook nie gunstig by nie.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Daar was tye wat ek self sou kon doen met 'n loopstoel (mooi woord mater!)  :notworthy:

PM

My loopstoel het my al dikwels baie handig te pas gekom.  Dit is veral baie welkom as jy in 'n elle lange ry moet wag vir jou beurt.  Dit maak dit soveel aangenamer as jy kan sit en lees terwyl jy wag.   :read2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Wonderlike hulpmiddel inderdaad PM.

Vandag wil ek graag 'n klein bietjie meer uitwei oor die 'heesheid' wat gepaardgaan met abnormale drukking in die hart en longsisteem van PH'ers.

By my artikel op FB oor die asemdief het ek gevra of daar nog persone is wat verhoogde drukking wat met heesheid gepaardgaan, ervaar het in die nabyheid van steenkoolmyne. Wag angstig op terugvoering. Intussen het ek 'n gedeelte vanuit die artikel gedeel wat medici daarop wys dat heesheid soms die eerste tekens van PH/PAH kan wees en moet nie ligtelik opgeneem of verontagsaam word as daar geen duidelike oorsprong van die probleem gevind kan word nie.

Heesheid van stem by PH pasiënte:
Hierdie raar toestand word beskryf as Ortner sindroom of die kardiovokale sindroom. (This correlation between hoarseness of voice and cardiac anatomic pathology was first described by Norbert Ortner (1865-1935), an Austrian physician in 1897).

Due to its low frequency of occurrence, more common causes of hoarseness should be considered when suspecting left recurrent laryngeal nerve palsy (LRLN).

When considering cardiovocal syndrome, the most common historical cause is a dilated left atrium due to mitral stenosis, but other causes, including pulmonary hypertension, thoracic aortic aneurysms, an enlarged pulmonary artery and aberrant subclavian artery syndrome have been reported compressing the nerve.

Die artikel bespreek dan die geval  van 'n 23-jarige vroulike pasiënt met twee maande lange heesheid van haar stem as die aanvanklike voorstelling van idiopatiese PAH as gevolg van die kompressie van die linker RLN tussen die vergrote longslagaar en die aorta. Hierdie geval beklemtoon die feit dat PH/PAH in die differensiële diagnose van heesheid van die stem gehou moet word, selfs in die afwesigheid van die gewone tekens en simptome wat kenmerkend is van die siekte.

Nog voorkomste:
Notable case: A middle-aged male had ongoing cough, hoarseness of voice, and shortness of breath for two years without a history of smoking was found to have mitral valve stenosis due to calcification. This led to left atrial enlargement, elevated pulmonary artery pressure, pulmonary artery hypertension, and right ventricular enlargement. This cardiomegaly, or enlargement of the heart, led to compression of the LRLN

Notable case: A young female with a history of mixed connective tissue disease presented with hoarseness of voice and was found to have secondary pulmonary artery hypertension. This was causing right heart enlargement and therefore compression of the LRLN

Bronne:
Hoarseness of voice as presenting complaint of idiopathic pulmonary arterial hypertensionhttps://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC5351375/?fbclid=IwAR01rznV4rmKlJohHnsvgTE9cjxilYmW946CoXpp3OerBuZ8NcglUk_WI8o

https://en.wikipedia.org/wiki/Ortner%27s_syndrome



PM

Ek weet waarvan jy praat. My vergrote hart is ook die oorsaak dat my stem soms hees raak, veral as ek moeg is.  Nou verstaan ek net 'n bietjie beter. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#599
So dankbaar dat daar bietjie meer inligting beskikbaar is vir jou lief PM. Sterkte en vou jou toe met omgee en seker die grootste 'ek verstaan'  :love7:

Hier is nog inligting rakende heesheid, dit was veral opmerklik dat ander ook probleme het met die gevoel dat jou asem nie genoeg is om langer sinne baas te raak nie. Ek het geleer om in korter sinne te praat en hou die paragraafsinne vir wanneer ek skryf lol:

Most case reports describe hoarseness of voice as the presenting symptom. Left laryngeal nerve palsy and paralysis of the left vocal cord can also present with dysphagia and shortness of breath during speech.

https://pulmonaryhypertensionnews.com/forums/forums/topic/do-you-ever-notice-changes-in-your-voice/