Ek staan soms verstom oor hoe jou lewe in 'n oogwink kan verander. Selfs 'n onskuldige nies kan jou letterlik so befonkfaai dat jy stilletjies dink doodgaan is dalk makliker/genadiger
Voorheen het ek al redelik uitgewei oor hoe ons kinders probeer om so ver moontlik nie te kom kuier as een van hulle 'n lastige kuggie of loopneus het nie. Hoe gemaak as jou manlief nou met dit van die werk af kom en jy weet - hier kom 'n ding wat handewas en maskerdra 'n
'go gaan stick' soos nog nooit voorheen nie.
Binne 'n paar dae toe nies en proes ek saam of dit mode geword het in die pandok. Tydens een so nies-sessie loop dinge erg verkeerd en die uwe voel of die hel homself tuisgemaak het in my binneste en my ribbes gebruik as fynhout om die vuur te stook. Vier dae baie braaf vir myself vertel dit is net nog 'n paar
'bad days'. Ek is mos al gesout en peper teen hulle.
Toughen up Meraaitjie! Jou kinders land Saterdag en daar is nie tyd vir selfbejammering nie (ek het my dae en nagte omgehuil want die pyn in ribbekas het werklik ondraaglik begin word).
Gister toe besef ek iewers moet drasties fout wees en bel Outop by die werk om my te kom haal sodat ons by dokkie kan uitkom. Ek gee op na vier dae.
Dok se simpatieke diagnose: You've snapped a rib during one of that nasty sneezes my dear!
"Treating broken ribs has changed in recent years. Doctors used to treat a fractured rib by wrapping the torso tightly to help keep the affected rib from moving. But this type of bandaging can restrict your breathing and occasionally lead to respiratory problems, including pneumonia.
Today, broken ribs are usually left to heal on their own without any supportive devices or bandages.
Yep, net tyd gaan heling bring. Ongelukkig onderdruk sterk pynmedikasie asemhaling en die verbode verhouding met die asemdief moet liefs vermy word. Die hele gedoente klink soos 'n nare grap maar glo my vry, dit is GEEN grap nie. Die nuwe pyn in my lewe kan ek nie beskryf nie. Dink al die trane het my ABC verroes.
Daar is nog sooooooooo baie wat ek wou doen voor die kinders se kuier. Wie nou vir wie gaan bederf kan ek net raai en vermoed my
bad days gaan 'n paar weke lank strek in die helingsproses wat my kragte gaan beproef soos nog nooit voorheen nie! Hou styf duimvas dat my genies en proes wonderbaarlik verdwyn want die medikasie wat dit moet onderdruk voorspel niks goed vir die PH drukking nie!
Pasiente wat bloedverdunners gebruik moet meer gereeld getoets word tydens die gebruik van anti-inflammatoriese middels aangesien dit die gevaar van bloeding kan verhoog. Ek moes dadelik 'n bloedtoets laat neem en die volgende is geskeduleer vir twee dae later.
Nonsteroidal anti-inflammatory medicines (NSAIDs), such as ibuprofen or naproxen, may cause stomach bleeding and other problems.