• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)

Started by Meraai vannie Baai, December 27, 2012, 02:06:27 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 4 Guests are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

#465
Ek gesels gisteraand met 'n vriendin wat 'n familielid het wat gediagnoseer is met PH. Omdat sy dieselfde simptome ervaar het sy haar dokter ingelig en gevra om getoets te word. Die dokter was onge-erg want hy glo nie dat PH wel bestaan nie. Haar simptome word toegeskryf aan asma en hartprobleme.

Geen wonder dat sommige pasiente eers na die verloop van 'n aantal jare korrek gediagnoseer word wanneer hartversaking reeds ingetree het.

Meer bewusmaking is dringend nodig. As jou dokter optree soos my vriendin sin het dit tyd geword dat jy 'n tweede, derde en selfs vierde opinie inwin en aandring op toetse spesifiek gerig om abnormale drukking in jou hart en long are te ondersoek.

Dit is hartbrekend om te lees dat nog 'n PHriend(in) sy of haar 'vlerke gekry het' - dit hoef nie 'n sinoniem te wees vir vrylik asemhaal wat die einde van jou lewenspad aandui nie.

:crybaby2:




PM

Ek het gedink om 'n kardioloog te sien, hulle weet seker meer hiervan. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

As jy jou dokter gaan spreek PM, vra hom reguit of hy enige kennis het van pulmonale hipertensie. Hartversaking kan aanleiding gee tot PH. Indien die dok met sy gewone bloeddrukapparaat wil 'toets' vir PH dan vertel jy hom daar is 'n massiewe verskil tussen gewone bloeddruk wat so gemeet kan word en die drukking in jou hart en longare. 

My sus en ons jongste seun het hierdie stel afgetrap toe hulle navraag gedoen het. Baie pasiente se huisdokters erken wel eerlik dat hulle nie genoeg kennis het rakende die toestand of behandeling nie. Jy soek eerder so 'n dokter wat dan besef hy moet jou verwys na 'n PH spesialis.

PM

My afspraak is vir 'n wyle op ys totdat ons eers 'n paar noodsaaklike pligte uitvoer.  'n Mens se lewe word meestal vir jou beplan en jy kan nie altyd maak wat jy wil nie.  Volgende week beslis en ja ek sal hard en duidelik vra. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#469
Sterkte mater met al die draaie wat julle lewe maak. Ek het hierdie inligting ook by die hartversakingsafdeling wat jy vir ons geskep het geplaas maar omdat ek dit ook onder die aandag van ons lesers hier wil bring, gaan ek weer deel.



*Indien iemand meer inligting oor hartversaking soek:

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4448.0
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4458.0
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4462.0

Meraai vannie Baai


Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#472
Dankie vir inloer en omgee geliefde ou mater van ons. Weet jy veg saam in hierdie asemoorlog. Ek wil vandag hierdie woordskepping in jou eie 'tru-rat struktuur' kom uitstal met erkenning.

Asemoorlog

Soos 'n rukwind deur die huis
rol rammel-gorrel-roggel.
As die donder helder blits in die lug,
die krake in die mure, ruite wys.

Die borrel van geluk geprik
bars met 'n aaklige pop
en stuur die onlekker
soos 'n rukwind deur die huis

Asemloos die aanhoor
van feitlike vonnis
en ongenaakbaar waarheid
rol rammel-gorrel-roggel.

Die einde is nie die seerste
maar die doringpad daarheen
ontketen die WAAROM storm
as die donder helder blits in die lug.

In die laaste oorlog vir die lewe
is elke asemteug 'n veldslag,
elke dag sy eie oorwinning.
Maar die krake in die mure, ruite wys.

Die krake in die mure, ruite wys
as die donder helder blits in die lug.
Dan rol die rammel-gorrel-roggel.
Soos 'n rukwind deur die huis.
© Naas

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2262.0
:notworthy: :icon_salut:

Meraai vannie Baai

#473
Gesels ek gister met 'n Afrikaanse vriendin wat kom inloer het na werk. Sy wou weet hoe die asemdief 'n mens se leefwyse beinvloed en terwyl ek vertel hoe Outop en ek aangepas het soos wat probleme ontstaan, was die skok op haar gesig duidelik sigbaar.

Sy het reguit en eerlik geantwoord as so iets haar moet tref, sal sy verseker gou doodgaan en my antwoord: nee, jy sal nie. 'n Mens veg instinktief terug. Jy gee nie op nie want die lewe is so kosbaar en dit is nie so maklik om dood te gaan nie al voel dit soms so as opgeboude vog en benoudheid weens die swelling jou wil kelder.

Dan is sit of lê wraggies net te ongemaklik of pynlik - moenie moed opgee nie. Staan bring verligting en vir my op die oomblik nog die enigste uitweg.

Hou net jou hande (en verstand) besig met iets wat jou aandag gaan aftrek en jy geniet. Opbeurende musiek in die agtergrond is deel van die terapie wat werk vir my.

Natuurlik gaan daar dae wees wat jy net wil gil uit frustrasie en smag na die kwaliteit lewe wat jy gehad het en nie waardeer het nie!

Ander kere kry jy jouself skandelik jammer, pik 'n traan of tien en kry jouself daarna maar net weer aan die kraag beet en doet voort in stadige aksie - dan kom die satisfaksie brokkiesgewys en hou langer. Klink na 'n 'bargain' ne  :icon_biggrin:


PM

'n jaar gelede het ek hierdie bydraes gelees met 'n hart vol trane, maar ek het nie regtig besef waardeur mense met pulmonale hipertensie worstel nie.  Ek sê beslis nie dat ek dit nou verstaan nie, want ek is nie daarmee gediagnoseer nie, maar ek het nou so 'n voorsmakie gekry van wat benoudheid, kortasem en borspyne is.  Daardie -naar-van-benoudheid- as jy plat lê - gevoel.  Die doodse moegheid wat jou ootval, al sit jy en niks doen nie. 
Die bloedtoetse wys ek het  NIE  harversaking nie, maar wat het ek?  Piepiekonders!   :icon_biggrin:   Ek het gelag dat die trane loop oor die "bloedlatings", maar wie is ek om te stry.  Teen hierdie tyd is ek al so moedeloos dat ek maar soos 'n skaap aanstap.  Ons sal maar wag tot die proses verby is. 
Intussen hou ek almal wat so stry teen die asemdief styf teen my hart vas.  Hou moed!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Vou jou toe met omee en liefde liefste PM  :love7: Jou ondersteuning deur die afgelope ses jaar was en is 'n ware kruk. Sterkte met jou eie pad vorentoe. As die simptome aanhou - dring aan op tweede en derde opinies. Mag ek vra watter toetse het hulle alles gedoen?

PM

X-strale van die hart, longe en niere.  Bloedtoetse van my kroontjie tot by my toontjies.   :icon_biggrin: 
Ek het eers waterpille gekry om van die pampoenvoete ontslae te raak, maar na die eerste bloeduitslae seg oom dokter dat ek dit moet los.  Dit maak die bloed nog dikker.  My skildklier is gesond.
Hy wou die bloeddrukpille verander, maar besluit toe daarteen.   :dontknow:
Ek het hartpilletjies gekry en antibiotika vir die sweer wat op my been is asgevolg van 'n verdomde bosluisbyt.  Ek het die ding self verwyder, so ek weet wat my raak gesteek het.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Sjie, innige simpatie man! Vir daardie halstarrige dikbekbloed is glasie rooiwyn net die regte ding PM. Ek praat uit ondervinding. Kon van 10mg rottegif per dag afkom na 5.5mg (normale voorskrif gewoonlik 1 - 2mg per dag). Sodra ek die rooiwyn uitsny, klont die bloed weer te gou en word die rottegifdosis weer opgeskuif. Bose kringloop.

My mediese span erken hulle kan die selfmedikasie van wyn nie goedkeur nie maar dit werk so ek is happy.  :hello2: :bootyshake: :icon_salut:   

PM

Jy sien!  My bloed is verslaaf aan rooiwyn!   :icon_biggrin:   Dikbekbloed!   :sign10:
Ek het gelag na die eerste keer wat dokter die bloed getap het.  Hannes seg toe ek sal seker eers 'n bietjie moet wag voordat ek 'n glasie kan skink.  Hoekom? Vra oom dokter ewe "onskuldig".   :icon_biggrin:   So uit die perd se bek!  :angel3:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#479
Giggel ek alweer  :toothy4:
Dink hoeka ek moet so rooietjie vir my en Outop gaan skink. Ons is besig met voorbereidings om saam ons geliefde kampmaters en Meisiekindjie hulle vir 'n week weg te loop na die natuurlike warmwaterbronne toe oor kerstyd. Doen wonders vir 'n mens se gestel!

My versoek aan enige iemand met 'n kroniese ongesteldheid: moenie toelaat dat simptome jou kniege knak nie. Elke sekond is so kosbaar en vir ons wat soms alles in slow motion moet doen - pas dit ook toe in alles wat jy geniet. Rek die vreugde uit in stadige aksie.

:headbang: :`ip2:

Rakende die onderstaande voorstelling: My vriendin se gesig het amper so gelyk toe sy uitvra oor die asemdief se simptome. Die gerustelling dat 'n mens so aanpasbaar is en dan alles om jou weer so 'normaal' as moontlik vir jouself maak, het nie helemal die gewenste uitwerking gehad nie maar ek weet die positiewe 'vibe' in ons pandokkie was aansteeklik en sy is vuur en vlam hier weg om terug te kom en tougewys gemaak te word in 'n craft-tegniek net vir ingeval 'so iets' eendag op haar pad kom. Ek was in my noppies. Enige verskoning om te kan craft!