Ek het my eie raad gevolg en word nou behandel deur 'n nuwe dokter in 'n naburige dorp. 'n Dokter wat kennis dra van die asemdief en uit sy eie besluit het om bietjie na te vors oor moontlike behandeling vir verligting van my ongemak/pyn van die simptome.
Reeds met die tweede besoek het ons 'n baie openhartige gesprek gehad waarin hy my meegedeel het dat alles wat tussen ons gebeur en wat hy besluit om te doen vir my baie noukeurig aangeteken gaan word. Sy volgende woorde het my ietwat onverwags gevang en ek het besef 'n mens moet versigtig wees wat jy graag wil he of wens jy kon kry. Ek wou 'n dokter he wat reguit en eerlik met my gaan wees.
My wens is vervul.
Daar was breedvoerig aan my verduidelik dat indien ek iets sou oorkom terwyl hy my behandel, hy homself en sy praktyk moet beskerm ingeval die familie sou voel dat daar nie alles moontlik vir my gedoen is nie, en hulle besluit om die dokter te dagvaar. Hy het verduidelik dat dit wel gebeur en hy homself moet beskerm.
Ek was geskok om die minste te se. My kinders is ten volle bewus van presies wat PH is en die gevolge daarvan. Nou verstaan en respekteer ons dit want daar is diegene wat in die rouproses sal gryp na enige grashalm.
Hy het ook genoem dat wat ookal my wense is, hy dit sal respekteer en dokumenteer.
Die uitkyk werk natuurlik ook na twee kante toe. Reeds besig om ons eie stryd aan te teken die afgelope jare - het ek dus besluit om ook hierdie deel van ons pad met die asemdief te deel
Met 'n vorige besoek (om die uitslae van my bloedtoetse te bespreek) het ek die genoem hoe ongemaklik en pynvol dit vir my is om te slaap. Hierdie feit was menige kere onder die aandag van my vorige mediese span gebring met geen belangstelling of voorstel van medikasie wat verligting kan bring nie. So ek het aangeneem dat daar niks aan gedoen kan word nie en my slaapkruisie gedra met 'n traan hier en selfbejammering so tussen deur as niemand sien nie
Hierdie dierbare dokter wat my liefde vir Langenhoven deel (hy is 'n X'ander) het twee en twee bymekaar getel! 'n Rustende hartklop van 120 het dadelik die sommetjie se antwoord wegegee.
Ek het 'n voorskrif ontvang om die wegholhart se drafskoene weg te steek en in die proses het die behandeling begin wat heel moontlik kan lei tot 'n verlaging van PH syfers.
Daar is weer hoop! Die volgende echo sal heel moontlik wys of daar in my geval 'n verband was tussen die abnormale drukking en 'n hart wat dag en nag aan't weghol is.
Hoekom niemand anders die afgelope vier jaar daaraan gedink het om vir my 'n Beta Blocker voor te skryf nie, sal ek nooit weet nie
Dit is nie staatsgeheime nie.
Conventional Medical Treatments for PHACE inhibitors - widen blood vessels. They do this by blocking the chemicals that cause blood vessel constriction.
Beta Blockers - will block the effect of adrenaline so the heart then slows down, resulting in lower blood pressure.
Calcium Channel Blockers (CCBs)• widen blood vessels by slowing down the movement of calcium ions into cells. This relaxes the blood vessels and the heart muscle.
Digoxin - useful in treating atrial fibrillation, atrial flutter, and atrial tachycardia and symptoms of shortness of breath.
Diuretics - Water pill - helps the body get rid of extra water. Less fluid in the blood vessels decreases pressure.
Oxygen TherapyWarfarin (Coumadin®) - blood thinner
Bron:
http://www.clevelandareaph.com/