As jou geheue in die kreukelkamer so kort is soos myne kan hierdie lysie met die benaming van die 'Upper Body Pulmonary Exercises' dalk net die oplossing wees as jy 'n paar keer saam met die DVD op die skakel geoefen het en dit nou op jou eie wil doen. Elke oefening word 10x herhaal en gaan gepaard met asem diep intrek en stadig uitblaas deur saamgeperste lippe.
Hier is die skakel weer:
http://pulmonaryhypertensionnews.com/…/upper-body-exercises…
Die reeks bestaan heel eerste uit vier 'neck exercises' wat ek so onthou
1. Kopknik (op en af).
2. Kop links en regs op skouers onderskeidelik terwyl jy telkens in die middel stop.
3. Pigeon (laat lyf vorentoe sak en kom weer regop tussen asem in en asem uit).
4. Kopdraai van links na regs en herstel elke keer deur weer vorentoe te kyk.
Hierna volg die 'funny name exercises' - lekker asemhaal en uitblaas al sittende
1. Chicken (arms soos vlerkies op en af na sye en terug).
2. Row the boat (arms gelig en dan roeibewegings).
3. Hundred dollar bill (knyp elmboge langs sye heeltyd, beweeg arms dan sywaarts en weer terug)
4. Touch down (arms na bo gelig en terug tot op bene in sittende posisie).
5. Snow Angel (arms uitgestrek langs sye en op na bo in Y vorm en terug).
6. Folding Sheets (hande bymekaar voor met uitgestrekte arms en vou denkbeeldig lakens oop en toe).
7. Wonder Woman (arms gekruis voor bors, oopgestrek na onder en agter en weer gekruis oor bors).
8. YMCA (arms gekruis op bene, leun vorentoe en beweeg hande af teen bene, herstel weer tot regop sittende posisie).
9. Easy Twisting (arms in sye, draai regs en herstel na middel, draai links en herstel na middel).
10. Hard Twisting (arms uitgestrek na vore, hande saamgeklem. Draai regs met arms reguit gestrek en herstel. Herhaal na linkerkant).
11. Weeping Willow (hierdie beweging lyk soos 'n ballerina. Begin met arm langs been, strek dan na bo en buig oor na links met arm oor kop geswaai. Beweeg terug na middel en laat arm sak langs been. Herhaal oefening na teenoorgestelde kant.
12. Slouch (sak af in stoel. Hou hande oor maag, haal diep asem en blaas uit vir vier tellings.
Dit is vir my wonderlik om weer 'n oefeningprogram te kan volg waar ek kan byhou
NS: Indien jy probleme het met duiseligheid wees asb. ekstra versigtig en vermy die oefeninge wat kan bydrae tot verergering. Dieselfde geld vir rugprobleme ens. Hou matigheid voor oge en pas aan waarby jou liggaam kan baasraak.