Author Topic: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)  (Read 295945 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #105 on: March 05, 2015, 11:41:20 PM »
 :notworthy:
Woorde is daar nie genoeg om my dankbaarheid te beskryf nie Adéle. Stywe druk vir jou matertjie. Ek het hierdie dadelik gaan bewaar by Asemdief se blad.

PM, hierdie wonderlike nuus het so baie mense weer moed gegee om aan te hou veg. Het gister 'n pragtige briefie ook gekry van Gerarld Maarman waarin hy belowe het om ons op hoogte te hou van die 'clinical trial'. Is dit nie amper ongelooflik om te dink dat ek die voorreg sou he om met die man te gesels wat die afgelope vier jaar al navorsingswerk doen aan 'n geneesmiddel vir hierdie aaklige monster nie! Hy erken self dat dokters tot nou te min geweet oor hierdie siekte, om 'n kuur te kon ontwikkel.

Ek wil graag ook jou S-woordskepping hier deel. Wou dit saam met Adele se pragtige gedig plaas by die FB blad, maar ongelukkig het die struktuur helemal verlore gegaan.
Dankie vir julle omgee  :love7:

 
« Last Edit: March 06, 2015, 12:02:08 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #106 on: March 06, 2015, 02:57:53 AM »
Geen koets vir die PHrins of PHrinses as jou klok 12 slae slaan nie.
Daar is wel 12 middels beskikbaar om simptome te verlig en lewenskwaliteit
te verbeter, maar huidiglik nog geen geneesmiddel beskikbaar nie.

« Last Edit: March 22, 2015, 11:07:03 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #107 on: March 06, 2015, 02:03:18 PM »
Adele, ek snik my hart uit.  Dit is so treffend geskryf!  Mag ons altyd hande hou en verby die pole stap.   :love7:

Ek het al vergeet van daai es-woorde Raaitjie.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #108 on: March 09, 2015, 05:31:34 PM »
Jinne, ek is so sonder enige hulp in hierdie verskriklike tyd waarin jy jou bevind.
Wat se ek? 
Net dat ek jou sterkte toewens.  Jou mense sterkte toewens. Dat jy vreugde sal vind in dinge en mense wat dierbaar is.
Wat kan ek doen?
Ek kan bid.  Daagliks vir jou bid. Dat jy die moed sal kry om voort te gaan.
Lief jou, vriendin.
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #109 on: March 10, 2015, 02:16:03 AM »
 :love7: :notworthy: :icon_cheers:

Liefste Elle, dit is die liefde, onderskraging en omgee van mensies soos julle
wat dit moontlik maak om aan te gaan en terug te veg. Gereeld daardie
humorpilletjies te sluk sodra die ongemak; vrees vir die toekoms en onbekende
jou kniege wil kom knak, is oorlewing vansigself. Soos met alle veranderde
omstandighede pas jy gou aan by die 'nuwe normaal'.


« Last Edit: March 10, 2015, 02:23:55 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #110 on: March 11, 2015, 05:06:17 AM »
Vir vroue met pulmonêre hipertensie hou swangerskap 'n  lewensgevaarlike risiko in weens hartversaking, hiperstolbaarheid van bloedtoevloei en afname in sistemiese vaskulêre weerstand. My PHriendin se pragtige seun is d.m.v surrogaatskap gebore.

Ek het hierdie poppie gemaak in die kleure van ons bewusmakingsveldtog in die soeke
na 'n geneesmiddel sodat vroulike pasiente 'n veilige swangerskap mag ervaar.
 


Vroue met pulmonale hipertensie het 'n hoë risiko van morbiditeit en mortaliteit tydens swangerskap. Die onvermoë om kardiale omset te verhoog kan lei tot hartversaking terwyl verdere risiko's aanleiding kan gee tot hiperstolbaarheid en afname in sistemiese vaskulêre weerstand. Daar is geen bewyse dat die nuwe gevorderde terapie vir pulmonale hipertensie die risiko kan verlaag nie, maar 'n paar belowende resultate is aangemeld.

Derhalwe word vroue met PH nog steeds ten sterkste afgeraai om swnager te word. Wanneer swangerskap voorkom en beëindiging daarvan geweier word, moet swangerskap en geboorteproses deur multi-dissiplinêre dienste met ondervinding in die hantering van beide pulmonêre hipertensie en hoë-risiko swangerskappe.

http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC3221745/
« Last Edit: November 23, 2016, 06:37:39 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #111 on: March 12, 2015, 12:56:41 AM »



Stel jou hierdie toneel voor in 'n klein plattelandse dorpie waar
almal alles van mekaar af weet en niemand bewus is van die feit
dat hierdie berugte pilletjie ook 'n effektiewe behandeling is teen
die gewraakte swelling en vermindering van inflamasie wat maar
twee van die nare simptome van PH is.

Sildenafil (Revatio) word voorgeskryf vir Primary Pulmonary Hypertension
dit verwyd die are na die longe sodat bloed makliker kan vloei en sodoende
word die las op jou hart verlig.

http://pulmonaryhypertensionnews.com/2014/08/26/pulmonary-hypertension-viagra-researchers-discover-novel-mechanisms-of-sildenafil-for-disease/

http://www.patient.co.uk/medicine/Sildenafil-for-pulmonary-hypertension.htm
« Last Edit: March 12, 2015, 02:50:43 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #112 on: March 15, 2015, 08:21:46 AM »
Behalwe asemnood is die gevaar van hierdie siekte die verhoogde las wat op die hart se werking geplaas word.

PH leads to right ventricular (RV) overload and finally RV failure and possible death.



http://heart.bmj.com/content/101/4/311.short?g=w_heart_education_tab
« Last Edit: November 28, 2016, 12:27:32 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
« Last Edit: May 16, 2016, 11:38:47 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #114 on: March 23, 2015, 01:36:33 AM »


Dit breek jou hart in 'n duisend stukkies elke keer as jy lees dat nog 'n PH kindjie
sy/haar 'vlerkies' gekry het. Daar is nie spesiale medikasie om simptome te verlig
vir hierdie pasiëntjies nie. Volwasse dosisse moet aangepas word.
« Last Edit: March 23, 2015, 01:54:57 AM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #115 on: March 23, 2015, 05:51:59 AM »
dis asof dit iemand langs my ook is, soveel seer raak my wanneer jy iemand groet, mag vandag vir jou skielik baaaie makliker wees, vriendin xxxxx
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #116 on: March 24, 2015, 01:09:16 AM »
Dankie vir die omgee Adele! 'n Mens word lief vir elke kindjie wat op jou gebedslys is en as hulle die stryd verloor is dit soos jy skryf, 'n seer wat jouself ook raak.
Vandag wil ek drie skakels los vir ouers wat aan hulle kinders of familie se kinders wil verduidelik wat PH is. Dit is 'n pragtige grafiese voorstelling wat deur 'n mediese student gedoen is.

https://www.youtube.com/watch?v=2sNafI8utlE

https://www.youtube.com/watch?v=BmPOeuh1pio

https://www.youtube.com/watch?v=fPfuBwP3Q-E

Ek het ook gister 'n versoek ontvang van die PH ondersteuningsgroep in Australia om op hulle raad te dien wat vir my 'n groot voorreg en geleentheid is om my deel van bewusmaking uit te dra. Daar is reeds sprake van 'n tweetalige boekie vir kinders en hulle het gevra of ek die Afrikaanse deel sal behartig. Hou saam ons duime vas dat die projek 'n werklikheid word.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #117 on: March 24, 2015, 05:24:18 AM »
Meeste van hierdie gevare verbonde aan suurstofverbruik het ek nog nooit eers van gehoor nie. Enigste ene wat ek op daaglikse grondslag mee 'n oorlog voer is die verstrengeling en natuurlik vanoggend toe slaan ek soos 'n os neer.

Hak my voet aan die koord van my masjien. Genadiglik niks gebreek behalwe 'n erg gekraakte ego. Wonderlikbaarlik kon ek 'n pleistertjie, so voel-voel plak waar daar piepkleine skraapplekkie was wat halstarrig nie wou ophou bloei nie! Bloed en ek was van geboorte af aardsvyande!

Suurstofterapie: Veiligheidswenke vir die voorkoming van brande en ander ongelukke

Die potensiaal vir 'n brandgevaar rondom rondom die gebruik van suurstof is  wyd bekend. Dit word egter soms vergeet of oor die hoof gesien. Daar is 'n paar eenvoudige voorsorgmaatreëls wat getref kan word om 'n veilige tuiste te skep by die gebruik van suurstof.

* Suurstofhouers moet ten minste 5-10 voet weggehou word van gasstowe, kaggels, koolstowe, kerse of ander bronne van oop vlamme.

*Vermy die gebruik van elektriese skeermesse tydens die neem van suurstof, weens die gevaar van vonke

*Moenie olie, vet of petroleum-gebaseerde produkte op suurstoftoerusting gebruik nie. Vermy die persoonlike gebruik/nabyheid daarvan terwyl jy suurstof neem. Hierdie materiaal is hoogs vlambaar in die teenwoordigheid van suurstof.

* Vermy petroleum-gebaseerde melke of room, soos Vaseline, op jou gesig of bors. Maak seker van die bestanddele van sodanige produkte voor aankope.

* As jy 'n velbevogtiger gebruik, oorweeg kakaobotter, Aloe Vera of ander soortgelyke produkte.

* Vir verligting van droë neus, gebruik water-gebaseerde produkte.

* Plaas waarskuwingstekens in elke kamer waar suurstof in gebruik is. Maak seker dat absoluut dat niemand in die huis of motor rook waar suurstof in gebruik is nie.

* Sorg dat suurstofsilinders stewig geanker is om te verhoed dat soos 'n missiel deur die vertrek gaan wanneer dit per ongeluk omgestamp word en die gas ontsnap.

* Wees versigtig as jy beweeg met die suurstofpypies, dit kan maklik verstrengel raak om jou bene en selfs vashak aan die meubels ens.

* Wees vertroud met die toerusting en die mediese toerustingverskaffer se veiligheidsinspeksies. Hou hulle kontak telefoonnommers, en die nommers vir ander nooddienste, naby jou telefoon.

* Moenie probeer om stukkende toerusting op jou eie te herstel nie. Kontak die verskaffers.

Maak seker brandalarms (rookverklikkers) is effektief en daar is nuwe batterye geïnstalleer.  Gaan dit maandeliks na. Sorg dat daar 'n goeie kwaliteit brandblusser in die huis is.

*Beplan en oefen 'n ontsnappings- en reddingsplan in die geval van 'n brand.

* Stel die plaaslike brandweer, gas en elektriese maatskappye en telefoon maatskappy in kennis wanneer daar met suurstofterapie in gebruik is. Versoek 'n "prioriteitsdiens notering." Dit is vir daardie tye wanneer daar 'n krag of telefoon onderbreking/herstelwerk nodig is.

Bron: http://www.m.webmd.com/a-to-z-guides/safety-tips-for-using-oxygen
« Last Edit: November 23, 2016, 04:02:53 AM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #118 on: March 24, 2015, 01:45:53 PM »
 :icon_biggrin:   :wave:  giggel ek nou vir daardie geknakte ego ... en daar is nie pleisters daarvoor nie, net humor.

ek lees nou hierdeur en kan nie glo hoe gevaarlik suurstof kan wees in teenwoordigheid van verkeerde goed nie. Dankie Raaitjie xx
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #119 on: March 25, 2015, 12:13:09 AM »
Voorreg om te kan deel Adele  :love7:

Vandag wil ek inligting deel oor die gevare van bloedklonte. Een van ons PH admin lede
het haar vlerke gekry en sy haal nou vrylike asem. Bloedklonte in die longe was hierdie
keer fataal  :crybaby2:



DVT (diep veneuse trombose) vind plaas wanneer 'n bloedklont vorm in die diep are, gewoonlik in die pelvis of been. DVT kan gevaarlik wees op die volgende twee maniere:

In die eerste plek kan DVT dodelik wees indien 'n bloedklont afbreek vanuit die are in die been en deur die hart na die longe gaan.  Komplikasie van pulmonale embolisme (PE), veroorsaak tussen 100,000 en 180,000 sterftes per jaar in die Verenigde State van Amerika.

Tweedens, as gevolg van bloedklonte kan arem permanent beskadig word. Ongeveer die helfte van DVT oorlewendes het probleme met langtermyn beenpyn, swaar gevoel met gepaardgaande swelling wat beweging bemoeilik, veranderinge in velkleur en oop been sere kan meebring . Hierdie toestand, bekend as post-trombotiese sindroom (PTS) of "chroniese veneuse ontoereikendheid," kan lewensgehalte aansienlik benadeel.

Bron: http://www.sciencedaily.com/releases/2011/03/110305105233.htm

http://www.webmd.com/dvt/ss/slideshow-deep-vein-thrombosis-overview
 
http://www.webmd.com/drugs/2/drug-9412/phenergan+injection/details/list-sideeffects
« Last Edit: November 23, 2016, 04:11:21 AM by Meraai vannie Baai »