Liefste PM, 'n drukkie van omgee en verstaan vir jou! Vrees en pyn dra ons alleen totdat ons angsbevange besef dit vreet ons van binne op en dan op 'n dag/nag wanhopig uitroep soos jy: Help my asseblief! Waarheen nou? Gaan alles weer begin? Hoeveel tyd is oor?
Met 'n stukkende hart en self soveel onbeantwoorde vrae en vrese, het ek vanoggend oudergewoonte eers weer hier kom inloer na ek gehoor het dat Jenna Lowe (SA PH lyer) haar vlerke gekry en haal nou vrylik asem. Verlede jaar het sy haar nuwe longe ontvang en uitgesien na haar 21ste verjaardag.
http://www.news24.com/SouthAfrica/News/Death-of-organ-donor-campaigner-devastating-20150609 https://www.youtube.com/watch?v=SrYRCciwq3g&app=desktopIn die video gesels Jenna se ma oor hulle kennismaking en oorlog teen PH asook die grootse bewusmakingsveldtogte en pleidooie vir orgaanskenking wat Jenna so moedig gedoen het. Ek het die grootste respek vir haar. Niks het haar gestuit nie. 'n Wonderlike voorbeeld vir ons almal.
Op die
waarheen nou het ek nog nie antwoorde gevind nie. Wat ek wel agtergekom het, is dat gedeelde pyn en vrees beter hanteer word. Die styl-styl pad na diagnose/ernstige siekbed en die herstelproses, het sy eie slingerpas met skerp draaie wat die eindbestemming somber verberg. Sodra ons begin uitreik - die vrese en pyn deel - word ondersteuning 'n kruk. Sonder dit sou ek beslis nie weer regop kon kom op die dae wat kniege knak nie.
Ek het ook geleer dat ongevoelige aanmerkings van hulle wat nie verstaan waarom ons so verander het, onbewus die krukke onder ons uitskop. Selfs skuldig hier aan en as tyd teruggedraai kon word, sou my optredes baie beslis anders gewees het onder so baie omstandighede. Pyn en vrees vir die onbekende toekoms laat mens grommend links en regs hap en selfs byt in so mate dat jy wil gaan wegkruip vir die vreemde 'ek'.
Sou dit nie wonderlik wees as 'n mens met jou uitgestrekte voete voor die vuur en 'n rooietjie in jou hand, openlik kon sit en gesels oor dit wat ons bangmaak nie?
Hier op die forum is ouens wat nog steeds omgee. Ek weet daar is nou klomp maters wat gereed staan met altwee arms om jou vas te hou in die gees en as dit nodig is, gewillig hulle moue ook sal hou! Hier is myne.