• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Lewerhaksel

Started by Aspoestertjie, December 26, 2012, 10:28:24 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Aspoestertjie

1 kg lewer
250g ontbytspek
1 middelslag ui
2 dik snye witbrood
500ml water
50ml matige kerriepoeier
125ml bruin asyn
100ml suiker
10ml sout 1ml peper

Maal lewer, spek, ui en brood saam. Gooi in 'n kastrol met 'n dik boom, voeg water by en roer tot gemeng. Verhit oor matige hitte en kook sowat 30 minute. Roer af en toe, oppas vir brand. Meng res van bestanddele, voeg by lewer mengsel en kook nog 'n rukkie. Lewer 6-8 porsies.

Die lewer kan met enige vleis vervang word en die ontbytspek met afgebraaide vark- of skaapvet (kaiings)

:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Aspoestertjie

My Oupa en Ouma het altyd (voor die yskaste gekom het) al die slagvleis wat oorgebly het so gaar gemaak en dan kon hulle dit langer bewaar. Soms, soos in "Kleinhuisie" vertel was die "timing" bietjie uit en die vleisies klaar bietjie af. Dit het dan maar 'n drawwery afgegee.





:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Meraai vannie Baai

Dankie baie baie Assie vir die aandra en deel. Nou weet ek hoekom daar 'n feestelike verband tussen 'af' en 'draf', 'boontoe en ondertoe' is  :icon_bigsmurf:

JC

Wonder ek nou hoe sal 'n potjie pap saam met hierdie lewerhaksel proe?  Ek is bly jy het vir my 'n resep gestuur Aspoestertjie, nou weet ek ook mos. 
Sê groete vir jou oupa. 

Meraai vannie Baai

Dink mens moet daardie pap styf maak en sulke bolletjies rol, so bietjie skrikmaak deur dit in die lewerhaksel te sleep JC :icon_biggrin:

Aspoestertjie

Ek verstaan nog nie mooi van pap styf maak nie. Pap is mos pap en styf is styf. Nou wat is stywe pap dan? Miskien moet en gaan kers opsteek by daai omkykmannetjie wat die restuarant op die dorp het. Miskien weet hy en daai vriend van hom wat papstyf of styfpap is.
Bankie Oom Hannes, ek sal oom se groentes aan oupa oorda.



:mumum:


Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Meraai vannie Baai

Assie ek het nie antwoord nie maar ek sing nou lustig: stywe pap, slappe pap, ons eet lekker mieliepap...  :icon_biggrin: ek weet in die oorspronklike vorm was dit mooi gerangskik aan 'n trotste stywe mieliekop.

JC

Hoekom roer jy pap al in die rondte as jy dit kook?  Want jy vryf dit.  Hoe meer jy vryf hoe stywer word pap.  Jy sien Assie my kind, pap kan styf word.  Jy hoef nie bekommerd te wees oor pap nie, dit is die styf in die pap wat die moeilikheid
maak. :binkybaby:  :angel12:

Meraai vannie Baai

Ek dink die towergeheim leg in daai gevryf  :sign10: Lief daai fopspeentjie van jou JC heheheheh

Meraai vannie Baai

O die sonne van menswees! Loer Outop nou oor my skouer en vertel maar dit laat hom nou dink aan koek- of beskuitbak. Mens lig die meel so hooooog bo die bak en vryf so tussen jou hande. Werk bietjie lug in. Dit laat alles goed rys vertel hy en ek glo hom. Het julle al sy pogings gesien?  :`ip2:

Aspoestertjie

Ek glo Ta Raaitjie is die enigste een wat sy pogings sien en toets.





:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

PM

My ouma het geseg 'n mens moet  maar daai resepte en aanwysings in die familie hou.  Seg sy, as jy te veel wys gaan jy baie las hê van die buurvrou.   :icon_biggrin:  Sy sal elke dag wil kom proe.   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

So land oom Niel Sterkarm daar oppie maan. (dis nou die deel wat NASA nie vir die wereld wys nie)
Onder in die eerste krater kry hy 'n lieflike blond met 'n tamaai pappot wat sy sit en roer. gelukkig verstaan sy Engels en hy vra haar wat sy nou aan die maak is.
"'n Baba." is die antwoord.
Hy verstaan nie mooi nie en sy se hy moet net wag.
Hy se hy't nie so baie tyd nie, die volmaan is amper verby dan val hy hom desmoers.
En terwyl hy praat spring daar 'n pragtige babatjie uit die pot uit wat sy roer.
baie verbaas vertel hy haar dis nou nie hoe dit oppie aarde gedoen word nie.
"Nou wys my hoe julle aardmense dit doen."
En hy se daai beroemde gesegde van hom: "Een kleintjie vir die maan. Een grote vir die man." en hy sit sy kamaras af en hy wys haar.
Toe hy klaar is soek sy daar rond. Hy vra wat sy soek.
"Die baba wat ons nou gemaak het."
"Nee, die kom eers oor nege maande." verduidelik hy.
"Nou hoekom hy jy ophou roer? wil sy weet.
(Miskien is dit hoekom aardbabas soms verbrand is. Ons roer nie lank genoeg nie.)



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

 :toothy4: :evil6: Ek het nou skoon 'n sinkplaatpadgiggel aan my, skouers ruk op en af heheheheh!!

Meraai vannie Baai

Assie, ta Raaitjie het jou resep vir lewerhaksel kom leen hoor  :notworthy: :icon_salut: :love7: