Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Tradisionele geregte => Topic started by: Aspoestertjie on December 26, 2012, 10:28:24 PM

Title: Lewerhaksel
Post by: Aspoestertjie on December 26, 2012, 10:28:24 PM
1 kg lewer
250g ontbytspek
1 middelslag ui
2 dik snye witbrood
500ml water
50ml matige kerriepoeier
125ml bruin asyn
100ml suiker
10ml sout 1ml peper

Maal lewer, spek, ui en brood saam. Gooi in ‘n kastrol met ‘n dik boom, voeg water by en roer tot gemeng. Verhit oor matige hitte en kook sowat 30 minute. Roer af en toe, oppas vir brand. Meng res van bestanddele, voeg by lewer mengsel en kook nog ‘n rukkie. Lewer 6-8 porsies.

Die lewer kan met enige vleis vervang word en die ontbytspek met afgebraaide vark- of skaapvet (kaiings)

 :mumum:
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Aspoestertjie on December 26, 2012, 10:34:15 PM
My Oupa en Ouma het altyd (voor die yskaste gekom het) al die slagvleis wat oorgebly het so gaar gemaak en dan kon hulle dit langer bewaar. Soms, soos in "Kleinhuisie" vertel was die "timing" bietjie uit en die vleisies klaar bietjie af. Dit het dan maar 'n drawwery afgegee.





 :mumum:
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Meraai vannie Baai on December 26, 2012, 10:41:23 PM
Dankie baie baie Assie vir die aandra en deel. Nou weet ek hoekom daar 'n feestelike verband tussen 'af' en 'draf', 'boontoe en ondertoe' is  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: JC on December 27, 2012, 07:42:48 AM
Wonder ek nou hoe sal 'n potjie pap saam met hierdie lewerhaksel proe?  Ek is bly jy het vir my 'n resep gestuur Aspoestertjie, nou weet ek ook mos. 
Sê groete vir jou oupa. 
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Meraai vannie Baai on December 27, 2012, 09:24:02 AM
Dink mens moet daardie pap styf maak en sulke bolletjies rol, so bietjie skrikmaak deur dit in die lewerhaksel te sleep JC :icon_biggrin:
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Aspoestertjie on December 27, 2012, 10:34:36 AM
Ek verstaan nog nie mooi van pap styf maak nie. Pap is mos pap en styf is styf. Nou wat is stywe pap dan? Miskien moet en gaan kers opsteek by daai omkykmannetjie wat die restuarant op die dorp het. Miskien weet hy en daai vriend van hom wat papstyf of styfpap is.
Bankie Oom Hannes, ek sal oom se groentes aan oupa oorda.



 :mumum:


 
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Meraai vannie Baai on December 27, 2012, 10:59:26 PM
Assie ek het nie antwoord nie maar ek sing nou lustig: stywe pap, slappe pap, ons eet lekker mieliepap...  :icon_biggrin: ek weet in die oorspronklike vorm was dit mooi gerangskik aan 'n trotste stywe mieliekop.
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: JC on December 28, 2012, 12:16:26 PM
Hoekom roer jy pap al in die rondte as jy dit kook?  Want jy vryf dit.  Hoe meer jy vryf hoe stywer word pap.  Jy sien Assie my kind, pap kan styf word.  Jy hoef nie bekommerd te wees oor pap nie, dit is die styf in die pap wat die moeilikheid
maak. :binkybaby:  :angel12:
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Meraai vannie Baai on December 28, 2012, 12:48:46 PM
Ek dink die towergeheim leg in daai gevryf  :sign10: Lief daai fopspeentjie van jou JC heheheheh
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Meraai vannie Baai on December 28, 2012, 12:56:35 PM
O die sonne van menswees! Loer Outop nou oor my skouer en vertel maar dit laat hom nou dink aan koek- of beskuitbak. Mens lig die meel so hooooog bo die bak en vryf so tussen jou hande. Werk bietjie lug in. Dit laat alles goed rys vertel hy en ek glo hom. Het julle al sy pogings gesien?  :`ip2:
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Aspoestertjie on December 28, 2012, 02:13:51 PM
Ek glo Ta Raaitjie is die enigste een wat sy pogings sien en toets.





 :mumum:
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: PM on December 28, 2012, 02:39:51 PM
My ouma het geseg 'n mens moet  maar daai resepte en aanwysings in die familie hou.  Seg sy, as jy te veel wys gaan jy baie las hê van die buurvrou.   :icon_biggrin:  Sy sal elke dag wil kom proe.   :angel4:
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Naas on December 29, 2012, 01:07:03 AM
So land oom Niel Sterkarm daar oppie maan. (dis nou die deel wat NASA nie vir die wereld wys nie)
Onder in die eerste krater kry hy 'n lieflike blond met 'n tamaai pappot wat sy sit en roer. gelukkig verstaan sy Engels en hy vra haar wat sy nou aan die maak is.
"'n Baba." is die antwoord.
Hy verstaan nie mooi nie en sy se hy moet net wag.
Hy se hy't nie so baie tyd nie, die volmaan is amper verby dan val hy hom desmoers.
En terwyl hy praat spring daar 'n pragtige babatjie uit die pot uit wat sy roer.
baie verbaas vertel hy haar dis nou nie hoe dit oppie aarde gedoen word nie.
"Nou wys my hoe julle aardmense dit doen."
En hy se daai beroemde gesegde van hom: "Een kleintjie vir die maan. Een grote vir die man." en hy sit sy kamaras af en hy wys haar.
Toe hy klaar is soek sy daar rond. Hy vra wat sy soek.
"Die baba wat ons nou gemaak het."
"Nee, die kom eers oor nege maande." verduidelik hy.
"Nou hoekom hy jy ophou roer? wil sy weet.
(Miskien is dit hoekom aardbabas soms verbrand is. Ons roer nie lank genoeg nie.)



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Meraai vannie Baai on December 29, 2012, 01:12:00 AM
 :toothy4: :evil6: Ek het nou skoon 'n sinkplaatpadgiggel aan my, skouers ruk op en af heheheheh!!
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Meraai vannie Baai on June 03, 2018, 01:31:28 AM
Assie, ta Raaitjie het jou resep vir lewerhaksel kom leen hoor  :notworthy: :icon_salut: :love7:
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Naas on June 03, 2018, 02:41:27 AM
Is reg so Antie. Antie moet net gereeld roer dat die lewer nie verband nie.


 :mumum:
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Anastasia on June 03, 2018, 07:30:42 AM
Laat my dink aan die ou wat gans te lekker die vorige aand jolyt gehou het.  Hy het gese sy lewer is pas afgelewer!   :icon_cheers:
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Meraai vannie Baai on June 03, 2018, 07:34:34 AM
Hiehiehie, sal nie vergeet om te roer. Wou nou 'n glasie vir ons gaan skink maar so bang my lewer word ook afgelewer  :icon_biggrin:
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Anastasia on June 04, 2018, 02:40:49 PM
Dis iets wat ek glad nie meer met my Lupus en medikasie kan doen nie.  Geen alkohol meer nie, maar ek mis dit nie juis nie.  Was baie lief vir my droee rooies, maar sal nou so eenmaal 'n maand of so maar wit of Rose drink.  My lewer is reeds afgelewer met die medisyne!
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Meraai vannie Baai on June 04, 2018, 10:43:44 PM
Hierdie uitdrukking gaan by ons almal vassteek  :angel4:
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Naas on June 05, 2018, 03:05:20 AM
My pa is dood agv lewerseroses. Dit op 48. Destyds is dit ook vergrote lewer genoem. Sy lewer was so groot dat dit saam met my op skool was. Wel nie in dieselfde standerd nie maar tog. Hy het goedkoop wyn gedrink. Vaaljapie, soos hulle dit genoem het en kanne daarvan soos koeldrank. Ek dink hy is saam met sy lewer afgelewer.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Meraai vannie Baai on June 05, 2018, 09:23:03 AM
Die hartseer hier is so komies aangeraak en het nie verlore gegaan nie.  Glimlag met 'n traan vir die ongesiene beelde.
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: PM on June 20, 2018, 05:46:03 AM
Wat 'n plesier!  Die Afrikaanseforum-mense met hul besonderse sin vir humor!   :love7:
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Anastasia on August 16, 2018, 05:49:55 AM
My ma het altyd so heerlik lewer gaargemaak wat sy in melk geweek het oornag, en dan het sy dit so gaargemaak met roosmaryn en meel en dan het dit so dikkerige wit sous affere gevorm, daar was ook so bietjie suur smakie in.  Gaan my sus vra of sy dalk die resep of metode ken.  Hoe jammer is dit dat so baie van my ma se resepte verlore geraak het.  Dit was in haar kop, en nie op papier nie.
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Meraai vannie Baai on August 16, 2018, 05:51:28 AM
My plek geboek as jy hom opgespoor kry hoor!
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Naas on August 16, 2018, 06:25:29 AM
My ma is ook so met die resepte in haar kop graf toe. Ons het hoeveel keer gevra dat sy dit moet neerskryf maar geen reaksie nie. Ek het wel na haar dood van die resepte gekry maar sy het dit so  in haar kop verander dat dit wat op papier is lankal nie meer dieselfde is nie.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Meraai vannie Baai on August 16, 2018, 06:31:47 AM
Ek het ook my handgeskrewe resepte met eier/botter/merke selfs 'n koffiekoppiekring so hier en daar lol. Bere dit in 'n leer vir vinnig uithaal en maak. Die res het ek bewaar tussen lyne in die kuberruim. As daai goete kon praat - dink hoeka dit is my gewigsprobleem se oorsprong daardie  :icon_bigsmurf: Geneuk is as ek dit op die forum wil kom opsoek om weer te maak sien ek ander dinge raak en vergeet ek wou bak en brou. Dan lees en herkou ek aan julle woorddisse!
Title: Re: Lewerhaksel
Post by: Anastasia on August 16, 2018, 06:32:46 AM
Dis so jammer, en ek volg daardie einste patroon.  En my resepte het ook al so verander.  Bietjie hiervan en 'n knippie daarvan.  Anderdag maak my man vir 'n slag herderspastei.  Dis min wat hy iets anders as sop maak.  My seun kon nie uitgepraat raak nie!  Se toe, dit proe soos sy ma se aanvanklike herderspastei!  Intussen het ek al my resep so verander, dis lankal al 'n heel ander gereg!  Was 'n wake up call vir my, en het ek besluit terug na die basiese toe met my