• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Lewerhaksel

Started by Aspoestertjie, December 26, 2012, 10:28:24 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Is reg so Antie. Antie moet net gereeld roer dat die lewer nie verband nie.


:mumum:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anastasia

Laat my dink aan die ou wat gans te lekker die vorige aand jolyt gehou het.  Hy het gese sy lewer is pas afgelewer!   :icon_cheers:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Hiehiehie, sal nie vergeet om te roer. Wou nou 'n glasie vir ons gaan skink maar so bang my lewer word ook afgelewer  :icon_biggrin:

Anastasia

Dis iets wat ek glad nie meer met my Lupus en medikasie kan doen nie.  Geen alkohol meer nie, maar ek mis dit nie juis nie.  Was baie lief vir my droee rooies, maar sal nou so eenmaal 'n maand of so maar wit of Rose drink.  My lewer is reeds afgelewer met die medisyne!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Hierdie uitdrukking gaan by ons almal vassteek  :angel4:

Naas

#20
My pa is dood agv lewerseroses. Dit op 48. Destyds is dit ook vergrote lewer genoem. Sy lewer was so groot dat dit saam met my op skool was. Wel nie in dieselfde standerd nie maar tog. Hy het goedkoop wyn gedrink. Vaaljapie, soos hulle dit genoem het en kanne daarvan soos koeldrank. Ek dink hy is saam met sy lewer afgelewer.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Die hartseer hier is so komies aangeraak en het nie verlore gegaan nie.  Glimlag met 'n traan vir die ongesiene beelde.

PM

Wat 'n plesier!  Die Afrikaanseforum-mense met hul besonderse sin vir humor!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

My ma het altyd so heerlik lewer gaargemaak wat sy in melk geweek het oornag, en dan het sy dit so gaargemaak met roosmaryn en meel en dan het dit so dikkerige wit sous affere gevorm, daar was ook so bietjie suur smakie in.  Gaan my sus vra of sy dalk die resep of metode ken.  Hoe jammer is dit dat so baie van my ma se resepte verlore geraak het.  Dit was in haar kop, en nie op papier nie.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

My plek geboek as jy hom opgespoor kry hoor!

Naas

My ma is ook so met die resepte in haar kop graf toe. Ons het hoeveel keer gevra dat sy dit moet neerskryf maar geen reaksie nie. Ek het wel na haar dood van die resepte gekry maar sy het dit so  in haar kop verander dat dit wat op papier is lankal nie meer dieselfde is nie.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek het ook my handgeskrewe resepte met eier/botter/merke selfs 'n koffiekoppiekring so hier en daar lol. Bere dit in 'n leer vir vinnig uithaal en maak. Die res het ek bewaar tussen lyne in die kuberruim. As daai goete kon praat - dink hoeka dit is my gewigsprobleem se oorsprong daardie  :icon_bigsmurf: Geneuk is as ek dit op die forum wil kom opsoek om weer te maak sien ek ander dinge raak en vergeet ek wou bak en brou. Dan lees en herkou ek aan julle woorddisse!

Anastasia

Dis so jammer, en ek volg daardie einste patroon.  En my resepte het ook al so verander.  Bietjie hiervan en 'n knippie daarvan.  Anderdag maak my man vir 'n slag herderspastei.  Dis min wat hy iets anders as sop maak.  My seun kon nie uitgepraat raak nie!  Se toe, dit proe soos sy ma se aanvanklike herderspastei!  Intussen het ek al my resep so verander, dis lankal al 'n heel ander gereg!  Was 'n wake up call vir my, en het ek besluit terug na die basiese toe met my
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!