Author Topic: Aspoesterjie  (Read 9195 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Aspoesterjie
« on: December 15, 2012, 08:21:04 AM »
More Julle!
Sjoe! Moes el nou hierdie Wereldwye Woeste Wapad deur soek om julle op te spoor. Ek is so bly om so baie van julle hier raak te loop.
My se Wyse Oupa se altoos mos: "As die moer wat die vrienskap vashou strip kan niks weer spontaan groei nie." Gelukkig is ons mos darem nie kwaad vir mekaar nie.
Vandat die Veeartsie nou sy melk by daai koei op die dorp kry is dit party dae maar eensaam hier oppie plaas inne Langkloof.
Die nuwe Dominietjie op Joubertina kom so dan en wan huisbesoek doen maar boekevat en handevat is darem maar nie dieselfde nie.
Kan julle dalk vir my se wat van al die mansmense geword het. Ouens soos Vossie en die Paddaprins.
Hier by ons in die kloof is dit so stil mens kan bedags die paddavissies hoor fluister.
Hoe gaan dit met Ta Raatjie en oom Naas en wat het van Annie en Gaweliena geword. Ek was so lank laas in kontak met julle dat ek sekerlik baie nuus gemis het.
Groete vannie plaas af
Liefies
Assie

 :mumum:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Aspoesterjie
« Reply #1 on: December 16, 2012, 02:59:20 AM »
Hene Assie, ek het nou vandag grootste krismisboksgeskenk gekry hier op my skermpie. Kan ek my oge nie glo dat ek nogals die voorreg het om jou eerste terug te verwelkom in onse midde. Moet nou nie dat die ander weet nie maar ons is arig opsoek na 'n nuwe paddaprins vir jou. Gawie skryf nog lyne warm en oom Naas het nuwe titel: Ons eie Langenhoven. Annie het haar prins ontmoet en hulle is nou vir ewig enne biekie verlief en gelukkig getroud. Ons forummoeder sal die voortrekkers op hulle neuse laat kyk het LOL. Vossie vermoed ek boer iewers met sy ABC en ek steel nog steeds maar darem nie meer so baie soos altyd nie. Ek is biekie bekeerd. O die sonne, hier jok ek alweer - het klaar so hier en daar van jou hartsteellyne aan ons geskaai :icon_bigsmurf:

Stuur groete aan jou oupa en die dominee & veeartsie
Ewig gewillige volgenaar
ekke.
« Last Edit: December 16, 2012, 03:03:30 AM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Aspoesterjie
« Reply #2 on: December 16, 2012, 05:32:29 AM »
hie hie hie    :toothy4:   sommer 'n welkomblommetjie aan jou, Assie. lekker om jou hier te sien. en jong, nooi daai veeartsie vir 'n glasie gemmerbier, ek weet sommer ... ja, vertel biki hoe ganit daar oppi plasie? met oupa en die Langkloofvrugte en die arbeid.

groete vi julle allemal vanuit 'n nat middel-Vrystaat.
annie    :love7:     

adéle  :grommit:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Aspoesterjie
« Reply #3 on: December 16, 2012, 12:40:43 PM »
Haai mensigons Annie. Baie geluk met die geluk in jou lewe. Ek verstaan nou die Adele. Dis jou getroude naam!  :icon_biggrin: Julle moet biekie van daai Vrystaatreen hierdie kant toe pos. Hier by ons in die kloof is dit so droog, as ek my groen swembroek aantrek wil Blommie en die skape my opvreet. Moet darem se dat dit die veeartsie ook laat kwyl het.
Dankie Ta Raatjie vir die welkom. Toe ek nou vanmore die komputerrekenaartjie oopmaak en julle welkom lees kry ek so warm gevoelentheid op my bors. Gelukkig se oupa ek moet oppas my tietie hang in die mieliepap anders het ek dalk nog verbrand ook.
Laasweek kom hier 'n man met sulke lang bene aangesukkel met 'n regte  "daarkommieduiwelinniemielielandaan" uitdrukking op sy gesig. Oupa doop hom dadelik "Poepoloppale" Weet hy vir ons te vertel ons moet maar pak want die wereld gaan 21 Desember vergaan. Oupa is sommer dadelik kwaad want hy het dan nou klaar kersgeskenke gekoop en nou word kersfees gekanselleer.
Ek vra vir Poepoloppale hoe hy dit weet want my Bybel se nie eers die Seun of die Engele weet die tyd of die datum nie net die Vader weet.
Gaat hy hier af van Maya die by se voorouers wat 'n almanak het en die almanak hou 21 Desember 2012 op. Ek gaan haal my M-kem almanak en wys hom dit gaan tot by 31 Desember 2013 en voor dit daar kom druk hulle 'n nuwe wat tot by 2014 gaan. Maar die man is alwetend en laat hom nie van stryk bring nie.
Na 'n halfuur se heen en weer vertel Oupa vir hom ons het nog baie goed om te pak, hy moet maar na die buurplaas van Oom Goedgeloof en Tante Langkloofnuus gaan. Hulle sal sy waarskuwing waardeer en verder versprei.
Toe Poepoloppale se laaste stoffies oor die skewe hekpilaar gesak het vat Oupa 'n slukkie moer en se: "Jy weet Assie, 'n mens wat glo hy is altyd reg maak 'n moerse fout." En ek weet Oupa is kwaad want hy praat nie sommer lelik nie.

Groete vir julle
Assie
 :mumum:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Aspoesterjie
« Reply #4 on: December 16, 2012, 11:16:40 PM »
Lieven loven kan jy dit nou oorskryf. Geen wonder jou oupa was so moerig Assie. Het daai "daarkommieduiwelinniemielielandaan-man" dalk so gelyk  :glasses7: ?

Hoekom ek vra is sodat ek Outop kan voordeur toe stuur as ek deur die skrefie oopgordyn
so iemand geware aankom met die grootpad langs. Ek hou nie waghonde aan nie, Outop se byt
is erger as sy blaf. Ons welkombord lees nie verniet: Voor jy aanklop om te smous of bollie praat -
is jou testament en orgaanskenkingsvormpie geteken en be-edig?

Stuur tog groete vir Oom Goedgeloof en Tante Langkloofnuus. Liefde vir Oupa van Antie Stien hier
oorkant.

Ta Raaitjie.
XXX
« Last Edit: December 16, 2012, 11:18:46 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Aspoesterjie
« Reply #5 on: December 17, 2012, 06:12:46 AM »
Net so Ta Raaitjie, netso! Hy't nog 'n Tassie ook by hom gehad.
Ek sien al julle mooiste fotos op my rekenaarcomputertjie. Ek dink nie julle hoef bang te wees nie want dit lyk of julle klaar in die Paradys bly op julle fototjies

Groetnis vir Outop hier uit die kloof uit.
Assie
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Aspoesterjie
« Reply #6 on: December 17, 2012, 07:56:06 AM »
Welkom Assie

Ek dink jy en Oupa kan maar ontspan.  Ek sien nou die dag op die internet, dis die ou wat duisende jare gelede die almanakke op klip uitgekap het, se skuld dat die mense nou dink die wêreld vergaan die 21e.  Toe hy by 21 Desember 2012 kom, was al sy klippe en ink op en toe kon hy nie verder rotstekeninge maak nie.  Sien, daar is altyd 'n eenvoudige verklaring vir alles.

Groetnis

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Aspoesterjie
« Reply #7 on: December 17, 2012, 11:33:35 AM »
Jitte, kyk nou net. So bly ons ken vir slimme Gawelientjie. Is SEKER jy hou skool innie Kaap??  :headbang:

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Aspoesterjie
« Reply #8 on: December 17, 2012, 11:45:24 AM »
oeeee heh eh!  Ekke goegilit! :headbang:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Aspoesterjie
« Reply #9 on: December 17, 2012, 11:49:59 AM »
Hier in ons klowe het Ta en sy mense nie tyd om klippe te lees nie. Met die plaasstaking is die almanak al so deurmekaar gegooi, die ding le al die wereld rond.
Nou wonner ek of die res van die Maaifoedies se almanak nie dalk net hier erens neffe die pad le nie.
Klipkoppe... klipalmanakke...  Miskien moet ek liewers bietjie van Oupa se klippies nadertrek.
Oupa se mos lankal as mens klipgooi sonder ys gaan jy reguit hel toe.



Assie
 :mumum:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Aspoesterjie
« Reply #10 on: December 17, 2012, 01:52:51 PM »
Welkom Assie

Ek dink jy en Oupa kan maar ontspan.  Ek sien nou die dag op die internet, dis die ou wat duisende jare gelede die almanakke op klip uitgekap het, se skuld dat die mense nou dink die wêreld vergaan die 21e.  Toe hy by 21 Desember 2012 kom, was al sy klippe en ink op en toe kon hy nie verder rotstekeninge maak nie.  Sien, daar is altyd 'n eenvoudige verklaring vir alles.

Groetnis

ek hoor nou die dag op die draadloos dat dis waar daaikalender opgehou het en toe is later 'n ander grafkelder oopgemaak waarin die almanak weer verder aangaan.

Wat blykbaar ook fout is, die kalender het nie skrikkeljare nie en dus is die 21 ste desember eintlik lankal al verby volgens daai kalander.

ek glo nie dies die einde nie want die Bybel seg niemand weet daai dag nie.........................

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Aspoesterjie
« Reply #11 on: December 18, 2012, 07:18:55 AM »
Ai julle! Wat noet ek maak? Net toe ek dink die nuwe dominietjie se gereelde kuiertjies kan dalk interresant raak hoor ek Sondag by Tante Lankloofnuus dat hy 'n koeksuster op die dorp het waaraan hy deur die week suig.
Die eensaamheid le maar dik vir 'n plaasmeisie met waardes.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Aspoesterjie
« Reply #12 on: December 19, 2012, 12:42:37 AM »
Hier MOET 'n plan gemaak word Assie. Eensaamheid is die duiwel se kussing. Krap ek nou kop oor die letterlike beelde wat die twee woorde maak: 'n kus en sing. Hoe hulle dit bymekaar gebring het vir 'n rusplek vir ons hoofde weet nugter en sy nefie alleen. Vra tog vir oupa of hy dalk die oorsprong ken! Groete vir eers. Intussen hou ek aan soek vir 'n prins of beter, 'n koning. Hoeka bly ons mos in die Qeenie se land  :`ip2:

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Aspoesterjie
« Reply #13 on: December 19, 2012, 08:03:09 AM »
Is nogal die waarheid Ta Raaitjie. As mens so sokkel om 'n maatjie te kry is daai kus sing die enigste ding om te soen.  :color:





 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aspoesterjie
« Reply #14 on: December 19, 2012, 12:48:35 PM »
Die vraag is nou of jy vir Tante Langkloofnuus glo? 
Om te weet is om te verstaan.