Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Naas on December 15, 2012, 08:21:04 AM

Title: Aspoesterjie
Post by: Naas on December 15, 2012, 08:21:04 AM
More Julle!
Sjoe! Moes el nou hierdie Wereldwye Woeste Wapad deur soek om julle op te spoor. Ek is so bly om so baie van julle hier raak te loop.
My se Wyse Oupa se altoos mos: "As die moer wat die vrienskap vashou strip kan niks weer spontaan groei nie." Gelukkig is ons mos darem nie kwaad vir mekaar nie.
Vandat die Veeartsie nou sy melk by daai koei op die dorp kry is dit party dae maar eensaam hier oppie plaas inne Langkloof.
Die nuwe Dominietjie op Joubertina kom so dan en wan huisbesoek doen maar boekevat en handevat is darem maar nie dieselfde nie.
Kan julle dalk vir my se wat van al die mansmense geword het. Ouens soos Vossie en die Paddaprins.
Hier by ons in die kloof is dit so stil mens kan bedags die paddavissies hoor fluister.
Hoe gaan dit met Ta Raatjie en oom Naas en wat het van Annie en Gaweliena geword. Ek was so lank laas in kontak met julle dat ek sekerlik baie nuus gemis het.
Groete vannie plaas af
Liefies
Assie

 :mumum:
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: Meraai vannie Baai on December 16, 2012, 02:59:20 AM
Hene Assie, ek het nou vandag grootste krismisboksgeskenk gekry hier op my skermpie. Kan ek my oge nie glo dat ek nogals die voorreg het om jou eerste terug te verwelkom in onse midde. Moet nou nie dat die ander weet nie maar ons is arig opsoek na 'n nuwe paddaprins vir jou. Gawie skryf nog lyne warm en oom Naas het nuwe titel: Ons eie Langenhoven. Annie het haar prins ontmoet en hulle is nou vir ewig enne biekie verlief en gelukkig getroud. Ons forummoeder sal die voortrekkers op hulle neuse laat kyk het LOL. Vossie vermoed ek boer iewers met sy ABC en ek steel nog steeds maar darem nie meer so baie soos altyd nie. Ek is biekie bekeerd. O die sonne, hier jok ek alweer - het klaar so hier en daar van jou hartsteellyne aan ons geskaai :icon_bigsmurf:

Stuur groete aan jou oupa en die dominee & veeartsie
Ewig gewillige volgenaar
ekke.
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: adele on December 16, 2012, 05:32:29 AM
hie hie hie    :toothy4:   sommer 'n welkomblommetjie aan jou, Assie. lekker om jou hier te sien. en jong, nooi daai veeartsie vir 'n glasie gemmerbier, ek weet sommer ... ja, vertel biki hoe ganit daar oppi plasie? met oupa en die Langkloofvrugte en die arbeid.

groete vi julle allemal vanuit 'n nat middel-Vrystaat.
annie    :love7:     

Title: Re: Aspoesterjie
Post by: Naas on December 16, 2012, 12:40:43 PM
Haai mensigons Annie. Baie geluk met die geluk in jou lewe. Ek verstaan nou die Adele. Dis jou getroude naam!  :icon_biggrin: Julle moet biekie van daai Vrystaatreen hierdie kant toe pos. Hier by ons in die kloof is dit so droog, as ek my groen swembroek aantrek wil Blommie en die skape my opvreet. Moet darem se dat dit die veeartsie ook laat kwyl het.
Dankie Ta Raatjie vir die welkom. Toe ek nou vanmore die komputerrekenaartjie oopmaak en julle welkom lees kry ek so warm gevoelentheid op my bors. Gelukkig se oupa ek moet oppas my tietie hang in die mieliepap anders het ek dalk nog verbrand ook.
Laasweek kom hier 'n man met sulke lang bene aangesukkel met 'n regte  "daarkommieduiwelinniemielielandaan" uitdrukking op sy gesig. Oupa doop hom dadelik "Poepoloppale" Weet hy vir ons te vertel ons moet maar pak want die wereld gaan 21 Desember vergaan. Oupa is sommer dadelik kwaad want hy het dan nou klaar kersgeskenke gekoop en nou word kersfees gekanselleer.
Ek vra vir Poepoloppale hoe hy dit weet want my Bybel se nie eers die Seun of die Engele weet die tyd of die datum nie net die Vader weet.
Gaat hy hier af van Maya die by se voorouers wat 'n almanak het en die almanak hou 21 Desember 2012 op. Ek gaan haal my M-kem almanak en wys hom dit gaan tot by 31 Desember 2013 en voor dit daar kom druk hulle 'n nuwe wat tot by 2014 gaan. Maar die man is alwetend en laat hom nie van stryk bring nie.
Na 'n halfuur se heen en weer vertel Oupa vir hom ons het nog baie goed om te pak, hy moet maar na die buurplaas van Oom Goedgeloof en Tante Langkloofnuus gaan. Hulle sal sy waarskuwing waardeer en verder versprei.
Toe Poepoloppale se laaste stoffies oor die skewe hekpilaar gesak het vat Oupa 'n slukkie moer en se: "Jy weet Assie, 'n mens wat glo hy is altyd reg maak 'n moerse fout." En ek weet Oupa is kwaad want hy praat nie sommer lelik nie.

Groete vir julle
Assie
 :mumum:
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: Meraai vannie Baai on December 16, 2012, 11:16:40 PM
Lieven loven kan jy dit nou oorskryf. Geen wonder jou oupa was so moerig Assie. Het daai "daarkommieduiwelinniemielielandaan-man" dalk so gelyk  :glasses7: ?

Hoekom ek vra is sodat ek Outop kan voordeur toe stuur as ek deur die skrefie oopgordyn
so iemand geware aankom met die grootpad langs. Ek hou nie waghonde aan nie, Outop se byt
is erger as sy blaf. Ons welkombord lees nie verniet: Voor jy aanklop om te smous of bollie praat -
is jou testament en orgaanskenkingsvormpie geteken en be-edig?

Stuur tog groete vir Oom Goedgeloof en Tante Langkloofnuus. Liefde vir Oupa van Antie Stien hier
oorkant.

Ta Raaitjie.
XXX
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: Naas on December 17, 2012, 06:12:46 AM
Net so Ta Raaitjie, netso! Hy't nog 'n Tassie ook by hom gehad.
Ek sien al julle mooiste fotos op my rekenaarcomputertjie. Ek dink nie julle hoef bang te wees nie want dit lyk of julle klaar in die Paradys bly op julle fototjies

Groetnis vir Outop hier uit die kloof uit.
Assie
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: Gawelina on December 17, 2012, 07:56:06 AM
Welkom Assie

Ek dink jy en Oupa kan maar ontspan.  Ek sien nou die dag op die internet, dis die ou wat duisende jare gelede die almanakke op klip uitgekap het, se skuld dat die mense nou dink die wêreld vergaan die 21e.  Toe hy by 21 Desember 2012 kom, was al sy klippe en ink op en toe kon hy nie verder rotstekeninge maak nie.  Sien, daar is altyd 'n eenvoudige verklaring vir alles.

Groetnis
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: Meraai vannie Baai on December 17, 2012, 11:33:35 AM
Jitte, kyk nou net. So bly ons ken vir slimme Gawelientjie. Is SEKER jy hou skool innie Kaap??  :headbang:
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: Gawelina on December 17, 2012, 11:45:24 AM
oeeee heh eh!  Ekke goegilit! :headbang:
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: Naas on December 17, 2012, 11:49:59 AM
Hier in ons klowe het Ta en sy mense nie tyd om klippe te lees nie. Met die plaasstaking is die almanak al so deurmekaar gegooi, die ding le al die wereld rond.
Nou wonner ek of die res van die Maaifoedies se almanak nie dalk net hier erens neffe die pad le nie.
Klipkoppe... klipalmanakke...  Miskien moet ek liewers bietjie van Oupa se klippies nadertrek.
Oupa se mos lankal as mens klipgooi sonder ys gaan jy reguit hel toe.



Assie
 :mumum:
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: AB on December 17, 2012, 01:52:51 PM
Welkom Assie

Ek dink jy en Oupa kan maar ontspan.  Ek sien nou die dag op die internet, dis die ou wat duisende jare gelede die almanakke op klip uitgekap het, se skuld dat die mense nou dink die wêreld vergaan die 21e.  Toe hy by 21 Desember 2012 kom, was al sy klippe en ink op en toe kon hy nie verder rotstekeninge maak nie.  Sien, daar is altyd 'n eenvoudige verklaring vir alles.

Groetnis

ek hoor nou die dag op die draadloos dat dis waar daaikalender opgehou het en toe is later 'n ander grafkelder oopgemaak waarin die almanak weer verder aangaan.

Wat blykbaar ook fout is, die kalender het nie skrikkeljare nie en dus is die 21 ste desember eintlik lankal al verby volgens daai kalander.

ek glo nie dies die einde nie want die Bybel seg niemand weet daai dag nie.........................
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: Naas on December 18, 2012, 07:18:55 AM
Ai julle! Wat noet ek maak? Net toe ek dink die nuwe dominietjie se gereelde kuiertjies kan dalk interresant raak hoor ek Sondag by Tante Lankloofnuus dat hy 'n koeksuster op die dorp het waaraan hy deur die week suig.
Die eensaamheid le maar dik vir 'n plaasmeisie met waardes.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: Meraai vannie Baai on December 19, 2012, 12:42:37 AM
Hier MOET 'n plan gemaak word Assie. Eensaamheid is die duiwel se kussing. Krap ek nou kop oor die letterlike beelde wat die twee woorde maak: 'n kus en sing. Hoe hulle dit bymekaar gebring het vir 'n rusplek vir ons hoofde weet nugter en sy nefie alleen. Vra tog vir oupa of hy dalk die oorsprong ken! Groete vir eers. Intussen hou ek aan soek vir 'n prins of beter, 'n koning. Hoeka bly ons mos in die Qeenie se land  :`ip2:
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: Aspoestertjie on December 19, 2012, 08:03:09 AM
Is nogal die waarheid Ta Raaitjie. As mens so sokkel om 'n maatjie te kry is daai kus sing die enigste ding om te soen.  :color:





 :mumum:
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: PM on December 19, 2012, 12:48:35 PM
Die vraag is nou of jy vir Tante Langkloofnuus glo? 
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: Aspoestertjie on December 19, 2012, 04:32:48 PM
Ek sal wel agter die lek van die tong kom. Joubertina is mos maar klein.



 :mumum:
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: Gawelina on December 19, 2012, 06:53:21 PM
Raaitjie jy moet goed navorsing oor daai prins of dan koning se agtergrond doen. Ons willie vir Assie 'n ridder op die wit perd belowe en 'n moer op 'n muil aflewer nie.
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: Aspoestertjie on December 20, 2012, 07:32:49 AM
 :sign10: Ek het al so baie moere op die plaas geplant, Oupa kla al daar's nie meer grond oor vir Appels nie want daar's te veel aard appels.




 :mumum:
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: Meraai vannie Baai on December 20, 2012, 09:34:21 PM
Heheheh Assie jy blaas sommer lewe in ons almal  :toothy4: PM, ek sal sorre dat ek deeglik navors vir ons Assie se ridder hoor  :angel4:
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: PM on December 21, 2012, 12:24:13 PM
Ek het net so lig-ligies probeer uitvis by Tante Langkloofnuus.  Sy is maar versigtig vir Assie, sy seg daai girlie kan vir jou appels swaai hoor.  Seg sy, isse slimkop daai, die appel val nie ver van die boom af nie.   :angel4:
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: Meraai vannie Baai on December 22, 2012, 05:36:23 AM
Ek lief so aard appel, veral as hy swem in botter mette suurroomswemkeppie heheheh!
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: Meraai vannie Baai on September 10, 2019, 04:17:41 AM
Het ek my nou verlustig van vooraf. Herkou aan die humor soos djare gelede se vicks-chappies! Was die goed so groot of was ons net kleiner? In alle gevalle, ek het getrou aan die woorddief se aard weer gegaps:
Wil nie 'n ridder op die wit perd belowe en 'n moer op 'n muil aflewer nie.
 :hello2: :notworthy: :icon_biggrin:
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: PM on May 07, 2020, 01:22:57 PM
Assie, het jy darem nou al 'n ridder of sukkel jy nog met die moere?

Title: Re: Aspoesterjie
Post by: Assie on June 03, 2020, 09:09:37 AM
Aai julle! Nes ek dink dinge gaan goed... Hier is blykbaar nou weer 'n nuwe vroumens oppie dorp wat al die jongmans by die huis hou. Glo 'n ene Kouwit nommertjie.
Ek is nou al moeg van met ander vrouens baklei vir 'n man se aandag. Hulle moet maar vat wat hulle kry. Het al daar met die veeartsie saam besluit ek vat nie man wat rondloop nie. Hulle het net slegte gewoontes wat mens kan siek maak by die hart.

 :mumum:
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: Meraai vannie Baai on June 03, 2020, 11:07:59 AM
Ek bang die Kouwit nommertjie meer as die donker homself Assie, so ek half simpatie met die manne wat eerder by die huis bly. Hang aan nooi, sy sal die wyk moet neem een of ander tyd en dan gaan die soektog voort vir jou prins op 'n witperd. Ek sal diekant die boertjies ook so van 'n afstand af beloer op die internet en laat weet wie het iets om die lyf en 'n paar duisend morg is ook nie te versmaai nie hoor.
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: PM on June 12, 2020, 10:55:52 AM
Solank hy net nie van Assie verwag om hom te help slange en krokkedille vang nie.  Ek het al op tv gesien wat daai Ausie boere doen.  :icon_scratch:
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: Naas on June 24, 2020, 06:56:15 PM
Oupa ek wil 'n man he...
Watse man my liewe kind? wil jy dalk 'n Ausie he?
Nee Oupa, nee. 'n Ausie man die wil ek nie want die kangeroo wals die kin ek nie.
Dit is my plesier met die boerjong kerels hier...



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: Meraai vannie Baai on June 25, 2020, 12:30:32 AM
En nou gaan ek die hele dag daai deuntjie neurie. Dierbaar!!!  :hello2: :headbang: :bootyshake:
Title: Re: Aspoesterjie
Post by: PM on June 26, 2020, 03:59:40 PM
Pragtig! 


Sal Assie van die langarm dans hou?  Op die misvloer, bestrooi met mieliemeel?