Haai mensigons Annie. Baie geluk met die geluk in jou lewe. Ek verstaan nou die Adele. Dis jou getroude naam!
Julle moet biekie van daai Vrystaatreen hierdie kant toe pos. Hier by ons in die kloof is dit so droog, as ek my groen swembroek aantrek wil Blommie en die skape my opvreet. Moet darem se dat dit die veeartsie ook laat kwyl het.
Dankie Ta Raatjie vir die welkom. Toe ek nou vanmore die komputerrekenaartjie oopmaak en julle welkom lees kry ek so warm gevoelentheid op my bors. Gelukkig se oupa ek moet oppas my tietie hang in die mieliepap anders het ek dalk nog verbrand ook.
Laasweek kom hier 'n man met sulke lang bene aangesukkel met 'n regte "daarkommieduiwelinniemielielandaan" uitdrukking op sy gesig. Oupa doop hom dadelik "Poepoloppale" Weet hy vir ons te vertel ons moet maar pak want die wereld gaan 21 Desember vergaan. Oupa is sommer dadelik kwaad want hy het dan nou klaar kersgeskenke gekoop en nou word kersfees gekanselleer.
Ek vra vir Poepoloppale hoe hy dit weet want my Bybel se nie eers die Seun of die Engele weet die tyd of die datum nie net die Vader weet.
Gaat hy hier af van Maya die by se voorouers wat 'n almanak het en die almanak hou 21 Desember 2012 op. Ek gaan haal my M-kem almanak en wys hom dit gaan tot by 31 Desember 2013 en voor dit daar kom druk hulle 'n nuwe wat tot by 2014 gaan. Maar die man is alwetend en laat hom nie van stryk bring nie.
Na 'n halfuur se heen en weer vertel Oupa vir hom ons het nog baie goed om te pak, hy moet maar na die buurplaas van Oom Goedgeloof en Tante Langkloofnuus gaan. Hulle sal sy waarskuwing waardeer en verder versprei.
Toe Poepoloppale se laaste stoffies oor die skewe hekpilaar gesak het vat Oupa 'n slukkie moer en se: "Jy weet Assie, 'n mens wat glo hy is altyd reg maak 'n moerse fout." En ek weet Oupa is kwaad want hy praat nie sommer lelik nie.
Groete vir julle
Assie