• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vrykansie

Started by Naas, December 12, 2012, 05:52:11 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Vrykansie!

Met 'n rondomdiewinkelrykolonelhoenderboutjie in my een hand,
'n drinknoupislaterlager in die ander
sit ek voëlvry op my stoep
en tuur die vyfwekesomervakansieverte in.

Te bang om 'n oog te knip,
asem te haal,
êrens te ry
want dan's die vrede dalk verby.

Die "Hoera's" speel aan-aan
met die huppelgeluk in my.
Vir vyf weke...
Vry! VRy!! VRY!!!



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Gawelina

Ai ou Naas. Ekke het al 2 weke agter die rug. So bly jy is nou langs my op die stoep.  Gee bietjie vir my die tjips aan man.  Laat ons drink en vrolik wees. :`ip2:

AB

Geniet dit...ek sal later vry, eers die wingerd oppas tot die einde toe.



PM

Ek wens julle kon almal hier op "my" stoep sit hier op die plaas.  Dit is heerlik onweer, koel en rustig.  Pannekoek sou op die spyskaart gewees het vir middag en sop vir vanaand.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Ek wil ook op die stoep sit en wyn drink!!!

:crybaby2:
*The one and only AWESOME-EST


Meraai vannie Baai

As julle alleen drink en vry is daar perre gehoor! Skuif op. Asseblief  :icon_biggrin: Naas ek lief jou tameletjie woorde!!!

PM

Almal is welkom!  Hoe meer siele hoe meer vreugde.  Hmmmm,  vry met Naas...  hmmmm. 
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Ek sal my eie vry matjie saambring....
*The one and only AWESOME-EST


AB

Quote from: Chichi on December 13, 2012, 05:31:14 PM
Ek sal my eie vry matjie saambring....

klink my jy verstaan dit reg