Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on December 12, 2012, 05:52:11 AM

Title: Vrykansie
Post by: Naas on December 12, 2012, 05:52:11 AM
Vrykansie!

Met ‘n rondomdiewinkelrykolonelhoenderboutjie in my een hand,
‘n drinknoupislaterlager in die ander
sit ek voëlvry op my stoep
en tuur die vyfwekesomervakansieverte in.

Te bang om ‘n oog te knip,
asem te haal,
êrens te ry
want dan’s die vrede dalk verby.

Die “Hoera’s” speel aan-aan
met die huppelgeluk in my.
Vir vyf weke…
Vry! VRy!! VRY!!!



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Vrykansie
Post by: Gawelina on December 12, 2012, 06:51:37 AM
Ai ou Naas. Ekke het al 2 weke agter die rug. So bly jy is nou langs my op die stoep.  Gee bietjie vir my die tjips aan man.  Laat ons drink en vrolik wees. :`ip2:
Title: Re: Vrykansie
Post by: AB on December 12, 2012, 07:04:50 AM
Geniet dit...ek sal later vry, eers die wingerd oppas tot die einde toe.


Title: Re: Vrykansie
Post by: PM on December 12, 2012, 08:50:33 AM
Ek wens julle kon almal hier op "my" stoep sit hier op die plaas.  Dit is heerlik onweer, koel en rustig.  Pannekoek sou op die spyskaart gewees het vir middag en sop vir vanaand.   :hello2:
Title: Re: Vrykansie
Post by: Chichi on December 12, 2012, 09:52:58 AM
Ek wil ook op die stoep sit en wyn drink!!!

 :crybaby2:
Title: Re: Vrykansie
Post by: Meraai vannie Baai on December 13, 2012, 02:48:34 AM
As julle alleen drink en vry is daar perre gehoor! Skuif op. Asseblief  :icon_biggrin: Naas ek lief jou tameletjie woorde!!!
Title: Re: Vrykansie
Post by: PM on December 13, 2012, 03:37:27 PM
Almal is welkom!  Hoe meer siele hoe meer vreugde.  Hmmmm,  vry met Naas...  hmmmm. 
Title: Re: Vrykansie
Post by: Chichi on December 13, 2012, 05:31:14 PM
Ek sal my eie vry matjie saambring....
Title: Re: Vrykansie
Post by: AB on December 13, 2012, 06:15:14 PM
Ek sal my eie vry matjie saambring....

klink my jy verstaan dit reg