• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gaan weer weg wees vir drie slapies

Started by Meraai vannie Baai, December 06, 2012, 09:22:12 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Nog een kuiertjie in die tuin oor en dan vat ons more weer die pad na die Goue Kus. Behoort oor die naweek tuis te wees en hopenlik is daar vir ons die wonderlike nuus dat my 'ongenooide besoeker' sy tassie gepak en verkas het  :hello:

PM

Ons gaan jou mis Raaitjie.  Ek hou alles wat ek het styf vas en vleg my hare toutjies dat ons net die beste nuus sal kry.
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Geniet julle wegbreek en ek hoop dat die nuus baie goed sal wees.

Meraai vannie Baai

Dankie julle tweetjies. Ons is vol vertroue dat dinge goed sal verloop. Sal kom verslag lewer, as julle een vreeslike lawaai en gejuig hoor voor julle my sien .... nou ja - dan is ons nagmerrie verby en gaan ons leef soos nog nooit voorheen! In oortreffende trap  :angel4:

Ah Willa

Ek bid hard dat daai ongenooide gas verkas het,
en dat ek die volgende genooide gas in jou tuintjie kan wees.
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

#20
Net twee slapies dan sal ons weet Willa na ses lange lange maande van onsekerheid. Voel soos 'n eeu. Ek het uitgestel tot vanaand om die vorm te teken wat se dat ek bewus is van die raar gevare verbonde aan die prosedure vir die ewe raar skeet  :toothy4:

Byvoorbeeld:

*A hole is accidentally made in the heart or the heart valve. This will need surgery to repair.

*Air in the lung cavity. A chest tube may need to be put in to the chest to drain the air.

*Damage to the lung blood vessel causing bleeding. This may need surgery to repair.

*A stroke. This may cause long term disability.

In recommending this procedure your doctor has balanced the benefits and risks of the procedure against benefits and risks of not proceeding. Your doctor believes there is a net benefit to you going ahead. This is a very complicated assessment.

..... en dan moet ek teken dat ek weet - nou is hier nie een prentjie wat pas by my mallemeule gemoed nie  :icon_bigsmurf:

PM

#21
Dalk kan 'n ou wyntjie in die tuintjie help?

Ek wens ek kon iets doen om die vrese uit die weg te ruim.  Ons sal net vertrou matertjie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dog jy vra nooit hehehe. Hang aan ek kry gou die rondste glasie innie pandok!! Sien jou daar  :love7:

adele

Quote from: Gawelina on December 11, 2012, 08:40:50 PM
Ek is baie jammer vir mnr Smit, maar ek is seker mev Smit se kreatiewe brein sal iets vir sy hande vind om te doen. Vir sy baas, haauêwer, voel ek 'n veer. Tyd dat hy 'n slag saffir.

vir 'n slag stem ook ekke nogals saam, veral met daardie eerste deel.   :love7:

!!!soek ook 'n ronde glasie seblieeeef.
sterkte lief vriendin, hier van die Vrystaatvlakte ook 'n yslike mandjie vol vrede vir jou 

:grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Ek bring die botteltjie nader Adele, sal glad nie wys wees van my om nou self te skink nie, kan jou dalkies rooi verf van bors tot toon :icon_bigsmurf:

adele

#25
Quote from: Meraai vannie Baai on February 05, 2013, 10:41:27 AM
... moet ek teken dat ek weet - nou is hier nie een prentjie wat pas by my mallemeule gemoed nie  :icon_bigsmurf:

vriendin, die onbekende onsekerheid word elke dag deur satan as misleiding gebruik om ons aan te val ... daar is 'n prentjie, ons Hemelse Vader se Woord dat Hy elke oomblik jou hand vashou, gryp sy vingers so styf vas dat Hy weet jy wil dit so hê.   :love7: 

Gebed:
Gods sterke Engel wil
’n laer van beskutting wees
óm almal wat die Here vrees
Hy maak hul onrus stil.
Ervaar dan en aanskou
hoe waaksaam God is en hoe goed
Hoe salig is ’t in my gemoed
as ek op Hom vertrou!
Amen
(Psalm 34:4 – Beryming)
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Adele, hierdie woorde ingeryg as halssnoer nou wat ek nooit weer gaan afhaal nie  :love7: :notworthy:

Meraai vannie Baai

#27
Wonderlike terugvoering: Die nare toets is afgehandel. Die drukking het wonderbaarlik gesak. Van 59 en 48, na 31 rustend en tussen 45 tot 50 met oefening. Dit is NIE PAH nie!!!! Duisend en tien dankies vir  AL die gebede wat ons begelei het oor die afgelope ses maande met die drie PH diagnoses van die echocardiogramme af. Die drukking het onstaan a.g.v 'n onderliggende probleem "high output cardiac state".

Dit veroorsaak skynbaar soortgelyke simptome as PH (pyn op bors, duiseligheid, min krag, suurstof tekort ens). Die ongemak wat ek nou nog steeds ervaar se die spesialis  is a.g.v 'n hart wat weghardloop; oortyd werk en hom verbeel hy moet die bloed deur die are pomp teen marathon pas. Die abnormale drukking word dan ervaar soos die van 'n PH pasient wat 'n permanente vernouings probleem het.

Die wonderlikste van alles is, hierdie probleem is behandelbaar en sodra die kardioloog die nuwe reeks toetse wat more begin, gedoen het, sal hulle kan begin met behandeling en die DVT (diep-aar-trombose)probleem in my been ook herstel. Dit voel of ek 'n tweede lewe gegun is julle.  :love7: :hello2: :notworthy: :angel4:  

Ons glo dat die gesuiwerde lug wat ons die afgelope drie weke in die pandokkie het, het bygedra tot die verminderde drukking weens die allergiese reaksie wat my longe getoon het op die dieselgasse en besoedelde omgewing. Die suurstofverbruik het nog steeds geval tydens die prosedure tot op die vlak waar dit vir my nodig is om ekstra asempies te leen maar die lewe is weer 'n fees want die keer is die probleme van so aard dat ek by
'n spreekkamer kan in stap en die dokters weet waar om te begin soek na die sondebok!! :love7: :hello2:

PM

 :hello2:  Ons twiekies is oorstelp van vreugde!  Dit is wonderlike nuus Raaitjie.   :hello2:  Baie dankie dat jy so gou laat weet het.  Nou kan ons weer asem skep!
Voorspoed met die ander toetse en sterkte met die behandeling.  Ons is sooooo dankbaar en ek wens ek kon die verligting in Outop se oë self aanskou.   :hello2:   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi