• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gaan weer weg wees vir drie slapies

Started by Meraai vannie Baai, December 06, 2012, 09:22:12 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Geseende oumens ekke ne  :icon_biggrin: Ons hak vanaand die wieletjieshuis en gaan vir so drie dae diep in die woud kamp. Daar is nie krag of geriewe nie, behalwe die een of twee longdrops. Daar is 'n paar nuwe-ou plasings in die woordskuur vir iemand wat wil dwaal deur ons kleurvolle gisters. Hoop julle vind ietsie genotvol!

Ek het ook 'n oproep vandag van die longoorplantingskliniek gekry. Daar is nog nie 'n opening vir die regterhartkamer-kateterprosedure nie, maar hulle wou net seker maak dat ons emosioneel nog 'cope' en of ons hulp nodig het met blyplek vir die tyd van die toetse in Brisbane. Het gereel vir my dat ons die sosiale werkster sien. Is dit nie diens uit die boonste rakke nie? Dankie Vader vir seeninge en omgee soos hierdie.  :notworthy:

Lief julle maters. I'll be back.  :hello:

PM

Baie dankie vir die harde werk wat jy die afgelope tyd gedoen het Raaitjie.  Geniet 'n welverdiende rus my matertjie.

Dit is absoluut wonderlik hoeveel omgee en saamwerk daar in julle land is. 

Ons hou styf duime vas dat die wag vinnig verby sal wees. 

:love7:
:bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina


Fransi


Meraai vannie Baai

Dankie ouens. Ons het GANIET in oorgawe. Dit was ongelooflik warm maar die pragtige omgewing het opgemaak vir alles. Ons het vroeg soggens en laat agtermiddag die kameras gegryp en ek sal sodra ek die fotos kleiner gemaak het ook bietjie hier kom wys.

PM

Welkom terug Raaitjie.   :hello2:

Ek het so halfpad gepak toe hulle laat weet dat die vergadering uitgestel is na more.  Nou hoef ek nie meer so te jaag nie.
Die dame oppie plaas het ook laat weet dat die huis beskikbaar is tot die naweek, ons kan daar bly en dan sal hulle ons help oortrek na die studio en daarna kan ons weer terug trek in die huis in.  Dankie tog vir groot seëninge.

Die opvangs daar is maar skraal en ek sal weer Hannes se modem moet deel, maar dit is ook beter as niks.  Gelukkig weet ek waarvoor ek my inlaat.

As ons daar land sal ek weer kom aansluit. 


Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Wonder ekke of jy al geland het en hoe is die ontvangs/omgewing/blyplek ens ens. Drukkie vir jou en Hannes hoor  :love7:

PM

Hier's ek nou en ek het vol sein, weet nie vir hoe lank nie, maar dit lyk belowend. 

Ek gaan gou soek waar die foto's van die plaas is.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Liewe aarde..
Julle is ook nooit by julle byplekke nie.
Verander julle adresse ook elke keer as julle so trek?
elle

PM

Nee natuurlik nie!  Ons is mos net weg vir 'n paar dae, of dalk weke!  My man se werkgewer weet dat hy absoluut verlaaf is aan sy werk en dat daar nie enige probleme sal wees nie.  Hy kan hom maar na Timbaktu of Katmandu toe stuur!  Die man sal daar wees!
Ek is net uiters bekommerd, want Meneer Smit gaan nou met pensioen en ek weet nie wie gaan die slegste daarvan afkom nie, hy of sy werkgewer?  Ons sal maar moet wag en sien nê!
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Ek is baie jammer vir mnr Smit, maar ek is seker mev Smit se kreatiewe brein sal iets vir sy hande vind om te doen. Vir sy baas, haauêwer, voel ek 'n veer. Tyd dat hy 'n slag saffir.

PM

Ek belowe jou my liewe sustertjie, suffer gaan sy baas suffer!  Dalk kan meneer Smit vir die eerste keer in sy lewe 'n ordentlike prys op sy arbeid kry.   :sign10:  Hulle kan nie sonder hom nie.  Ek weet dit is nie die algemene siening nie, maar Meneer Smit is so misbaar as wat jy misbaar sal kry!    EN  hy is   MYNE!   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Daai is baie goed so.  Hehehehe sien ekke jou gesig so in my gedagtes toe jy seg: en hy is myne. hahahahaaha.  trotse moederhen.  Hy is 'n juweel en seg vir hom hy beter nou rustig raak. die baas se dubbel ai op gai. Gawie seg dis tyd om te rus.

Meraai vannie Baai

Klop klop, ek kom net gou lyntjie los: gaan vandag se kuiertjie mis matertjies hoor maar soos altyd: I'll be back.  :love7:

PM

Om te weet is om te verstaan.