Wonderlike terugvoering: Die nare toets is afgehandel. Die drukking het wonderbaarlik gesak. Van 59 en 48, na 31 rustend en tussen 45 tot 50 met oefening. Dit is NIE PAH nie!!!! Duisend en tien dankies vir AL die gebede wat ons begelei het oor die afgelope ses maande met die drie PH diagnoses van die echocardiogramme af. Die drukking het onstaan a.g.v 'n onderliggende probleem
"high output cardiac state". Dit veroorsaak skynbaar soortgelyke simptome as PH (pyn op bors, duiseligheid, min krag, suurstof tekort ens). Die ongemak wat ek nou nog steeds ervaar se die spesialis is a.g.v 'n hart wat weghardloop; oortyd werk en hom verbeel hy moet die bloed deur die are pomp teen marathon pas. Die abnormale drukking word dan ervaar soos die van 'n PH pasient wat 'n permanente vernouings probleem het.
Die wonderlikste van alles is, hierdie probleem is
behandelbaar en sodra die kardioloog die nuwe reeks toetse wat more begin, gedoen het, sal hulle kan begin met behandeling en die DVT (diep-aar-trombose)probleem in my been ook herstel. Dit voel of ek 'n tweede lewe gegun is julle.
Ons glo dat die gesuiwerde lug wat ons die afgelope drie weke in die pandokkie het, het bygedra tot die verminderde drukking weens die allergiese reaksie wat my longe getoon het op die dieselgasse en besoedelde omgewing. Die suurstofverbruik het nog steeds geval tydens die prosedure tot op die vlak waar dit vir my nodig is om ekstra asempies te leen maar die lewe is weer 'n fees want die keer is die probleme van so aard dat ek by
'n spreekkamer kan in stap en die dokters weet waar om te begin soek na die sondebok!!