Naas: Waar's Naas?
Naas is nou net hier uit met 'n visstok en 'n wortel. Ek dink hy het gaan donkies jag op die nationale pad.
Aspoesterjie: Ek was ook al in die Kaap en ek dink nie Oom Naas gaan donkies op die nasionale pad kry nie, behalwe daar op die N2 na die R300 afdraai. Die naaste wat oom daar aan donkies gaan kom is die esels wat die Taxies bestuur en hulle gaan nie vir 'n wortel stop nie.
Jan Olivier: Aspoestertjie, ek hoor die WNNR het navorsing gedoen en gevind die meeste taxi ongelukke word veroorsaak deur die moer wat die stuurwiel vashou.
Annie: Waar's Naas? Hy het vis geëet toe vang die kat hom.
Hy het appels gaan pluk, toe loop hy weg saam met die slang.
Is hy nie hier nie? Kom kyk hier in my laai!
Piet Magriet:Luiheid is die ... beste manier om te ontspan.
Bemin almal, vertrou ... my.
Waar daar ‘n rokie trek moet daar ... lugbesoedeling wees.
Liewers laat as .....pregnant!
As die blinde die blinde lei ......maak pad.
Jy kry daaruit wat jy .... op die prentjie op die boxie sien.
As jy nie die eerste keer slaag nie ... kry nuwe batterye.
Kinders moet gesien en nie ... geslaan of gehok word nie.
Niemand is so blind soos ... Stevie Wonder nie.
Lag en die hele wêreld lag saam, huil en ... jy sal jou neus moet blaas.
‘n Stuiwer gespaar is ... nie veel nie.
Jy kan ‘n perd tot by die water bring, maar ... hoe?
Smee die yster terwyl ... jy nog lus het.
Geen nuus is ... onmoontlik.
Moenie die hand byt wat ... vuil lyk nie.
Die mens wik, maar... die slang pik.
Buig die boompie ... oor die stroompie.
'n Babawaentjie: Verlede jaar se pret op wiele
Etenstyd: Die enigste tyd wat kinders nie wil eet nie.
Ouderdom : As jy jou emosies vir simptome verruil.
Wat is 'n gewete? Iets wat pla as dit baie lekker gaan. Myne is vertraag, dit pla eers as al die lekker verby is!
Uit die oude doos - 'n laatlammetjie!!!
Hoe kaler jonker... hoe stouter in die donker!
Juenka: Huweliksertifikaat - ‘n Soort jaglisensie wat jou tot een bok beperk;
Vleisbraai - ‘n Partytjie waar die kos so in bietjie rou is en die gaste so ‘n bietjie gaar is
Baba - ‘n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word;
Dieet - ‘n Manier van maer word waarvoor jy gou dik word;
Gewete - Iets wat pla as alles baie lekker gaan;
Gesinsvakansie - Wanneer jy alles saamneem waarvan jy eintlik wil wegkom
Predikant - Ses dae is hy onsigbaar en die sewende dag is hy onverstaanbaar;
Universiteitsgraad - Kwotansie wat ‘n kind ontvang vir die rekening wat Pa betaal het
Naas:Wiskunde: PA/MA = BA²
Tuinslang: Dis 'n lang slap gat met 'n stuk rubber om.
Maak 'n sin met tuinslang. "My pa vang 'n tuinslang in die tuin en slaat hom met die hosepipe dood."
'n Viool is 'n klein kitaartjie wat met 'n stok gespeel word.
Klassieke musiek is die geraas wat die kondukteur se stok maak.
Musiek sal elektronies gemaak word want rekenaars het meer verstand en ritme as mense.
'n Strykinstrument is iets wat my ma gebruik om die klere plat te laat lê.
'n Slaginstrument kry jy in 'n slaghuis en is baie skerp.
Kleinboetie van die krokodil is die likkewaan.
Die stadige sussie van die krokodil is die trapsuutjies.
Die moffie broer van die krokodil is die daffodil.
En dan het die krokodil nog ‘n dooie boetie die frikkedil.
‘n Krokodil sonder ‘n stert noem ons ‘n rotweiler.
Baie ou krokodille suig die mense en bokke wat hulle vang dood. As jy hom eet, is hy ‘n krokosatie.
Studentemotor: 'n Kommando roeskolle wat in geslote formasie teen 'n slakkepas voortbeweeg.
"Nou wat prgaat djy nog. Mhy pa het 'n mini mette vee eight engin in. Elke tweede nawiek is die engin wee eit."
Koo Les Ter Hol voeltjies: As jy voëltjies varkvet voer het jy een van die dae 'n nuwe spesie van voëls op die plaas. Hulle is gewoonlik maklik om op te spoor. Volg net al die gebreekte boomtakke. Ek waarborg jou, hulle gaan diep spore in jou lewe trap.
Hakiesdraad: Dit is 'n ligte witblits wat jy in die drankwinkels te koop kry. Die bottel is maklik uitkenbaar omdat hulle 'n stuk hakiesdraad om die bottel gedraai het.
Adele:Wat is 'n seuntjie? (Van die poskoets afgeval)
'n Seuntjie is 'n wonderlike ding,
hy het die eetlus van 'n perd,
die spysvertering van 'n volstruis,
die nimmersatheid van 'n rysmier.
die nuuskierigheid van 'n aap,
die longe van 'n diktator,
die verbeeldingrykheid van Oom Kaspaas,
die skugterheid van 'n viooltjie,
die astrantheid van 'n kapokhaantjie,
die geesdrif van 'n skoenlapper
en prakseer hy iets, is sy hande die ene duime.
niemand anders vind penne, brakke en die wind so vermaaklik nie.
niemand anders kan 'n geroeste mes, 'n halfgeëete appel, 1 meter tou, 'n vuil sakdoek, twee stukkies drop, 3 sente, 'n klont en wie weet wat, 3 albasters en 'n ghoen in een sak prop nie!
Van die poskoets afgeval:Enige meisie kan bekoorlik wees. Al wat sy moet doen, is om stil te staan en onnosel lyk.
Waar 'n (mooi) vrou is, is daar altyd moeilikheid.
Vroue is slimmer as mans; hulle weet minder, maar openbaar meer begrip.
Drank maak jou oud, vet en lelik en wie wil nou oud, vet en lelik wees?
As 'n man 'n katastrofe op sy pad teëkom, kyk hy in sy beursie; 'n vrou kyk in die spieël.
Die moeilikste ding in die lewe is om jouself te ken.
'n Man moet 'n sekere moerigheid in hom hê.
'n Man wat graag wil trou, moet of alles weet of niks.
Van al die wilde diere is 'n seun die moeilikste om te hanteer.
Om te lag, is bo alles 'n korrektief.
Kroeë is 'n plek waar malheid per bottel verkoop word.
Elke mens kan'n fout maak, maar net 'n gek volhard daarmee.
Mislukking is 'n gebeurtenis, nooit 'n persoon nie.
Weervoorspelling:By een van die grensposte tussen ons en Namibië hang 'n klip met min of meer die volgende weervoorspelling:
as die klip nat is, dan reën dit
as die klip droog is, is dit mooiweer
as die klip warm is, is dit sonnig
as die klip wit is, dan sneeu dit
as die klip dof is, is dit mistig
as die klip weg waai, is daar 'n orkaan
as jy die klip nie kan sien nie, is dit donker of as dit in SA is, is dit oornag gesteel.