Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Dol Definisies => Topic started by: Meraai vannie Baai on December 05, 2012, 01:50:40 AM

Title: Dowwe Slimmighede
Post by: Meraai vannie Baai on December 05, 2012, 01:50:40 AM
Naas:
Wiskunde: PA/MA = BA²

Tuinslang: Dis 'n lang slap gat met 'n stuk rubber om.
Maak 'n sin met tuinslang. "My pa vang 'n tuinslang in die tuin en slaat hom met die hosepipe dood."

'n Viool is 'n klein kitaartjie wat met 'n stok gespeel word.

Klassieke musiek is die geraas wat die kondukteur se stok maak.

Musiek sal elektronies gemaak word want rekenaars het meer verstand en ritme as mense.

'n Strykinstrument is iets wat my ma gebruik om die klere plat te laat lê.

'n Slaginstrument kry jy in 'n slaghuis en is baie skerp.

Kleinboetie van die krokodil is die likkewaan.

Die stadige sussie van die krokodil is die trapsuutjies.

Die moffie broer van die krokodil is die daffodil.

En dan het die krokodil nog ‘n dooie boetie die frikkedil.

‘n Krokodil sonder ‘n stert noem ons ‘n rotweiler.

Baie ou krokodille suig die mense en bokke wat hulle vang dood. As jy hom eet, is hy ‘n krokosatie.

Studentemotor: 'n Kommando roeskolle wat in geslote formasie teen 'n slakkepas voortbeweeg.
"Nou wat prgaat djy nog. Mhy pa het 'n mini mette vee eight engin in. Elke tweede nawiek is die engin wee eit."

Koo Les Ter Hol voeltjies: As jy voëltjies varkvet voer het jy een van die dae 'n nuwe spesie van voëls op die plaas. Hulle is gewoonlik maklik om op te spoor. Volg net al die gebreekte boomtakke. Ek waarborg jou, hulle gaan diep spore in jou lewe trap.

Hakiesdraad: Dit is 'n ligte witblits wat jy in die drankwinkels te koop kry. Die bottel is maklik uitkenbaar omdat hulle 'n stuk hakiesdraad om die bottel gedraai het.

Annie:
Spesialis: 'n Spesialis is iemand wat al hoe meer van al hoe minder weet, tot hy later alles van niks af weet

bertha badprop:
Vergaderings: Die enigste plek waar sekondes vir ure lank op minutes (notules) vasgevang kan word.

Juenka:
Huweliksertifikaat - ‘n Soort jaglisensie wat jou tot een bok beperk;

Vleisbraai - ‘n Partytjie waar die kos so in bietjie rou is en die gaste so ‘n bietjie gaar is

Baba - ‘n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word;

Dieet - ‘n Manier van maer word waarvoor jy gou dik word;

Gewete - Iets wat pla as alles baie lekker gaan;

Gesinsvakansie - Wanneer jy alles saamneem waarvan jy eintlik wil wegkom

Predikant - Ses dae is hy onsigbaar en die sewende dag is hy onverstaanbaar;

Universiteitsgraad - Kwotansie wat ‘n kind ontvang vir die rekening wat Pa betaal het

Piet Magriet:
'n Babawaentjie: Verlede jaar se pret op wiele

Etenstyd: Die enigste tyd wat kinders nie wil eet nie.

Ouderdom : As jy jou emosies vir simptome verruil.

Wat is 'n gewete? Iets wat pla as dit baie lekker gaan. Myne is vertraag, dit pla eers as al die lekker verby is!

Uit die oude doos - 'n laatlammetjie!!!

Hoe kaler jonker... hoe stouter in die donker!

Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: Meraai vannie Baai on December 05, 2012, 01:55:31 AM
*Van die poskoets afgeval

William Shakespeare: Hy het tragedies, komedies en historektomieë geskryf.

Peter Stuyvesant is ’n geskiedkundige figuur, want hy het sigarette uitgevind en begin rook

Louis Pasteur het ’n manier uitgevind om dol honde gesond te maak

Enige meisie kan bekoorlik wees. Al wat sy moet doen, is om stil te staan en onnosel lyk.

Waar 'n (mooi) vrou is, is daar altyd moeilikheid.

Vroue is slimmer as mans; hulle weet minder, maar openbaar meer begrip.

As 'n man 'n katastrofe op sy pad teëkom, kyk hy in sy beursie; 'n vrou kyk in die spieël.

Die moeilikste ding in die lewe is om jouself te ken.

'n Man moet 'n sekere moerigheid in hom hê.

'n Man wat graag wil trou, moet of alles weet of niks.

Van al die wilde diere is 'n seun die moeilikste om te hanteer.

Kroeë is 'n plek waar malheid per bottel verkoop word.

Elke mens kan 'n fout maak, maar net 'n gek volhard daarmee.

Mislukking is 'n gebeurtenis, nooit 'n persoon nie.

Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: Meraai vannie Baai on December 05, 2012, 02:24:14 AM
FEITE (van die poskoets afgeval):
* As 'n onderwyser 'n fout maak, vee hy dit uit.

* As 'n tandarts 'n fout maak, trek hy dit uit.

* As 'n dokter 'n fout maak, begrawe hy dit.

* As 'n regter 'n fout maak, word dit wet.

* As 'n skoolkind 'n fout maak, kom hy volgende jaar terug

HASIE
Wat noem jy 'n deurskynende hasie? Spasie!

Wat noem jy 'n hasie in 'n pyp? Blokhasie

Hasie in die tuimeldroër? Spinhasie

Wat noem jy 'n hasie ini hospitaal? Operhasie!

En 'n hasie ini spur? Inspirhasie!

En hasies wat paar? Vibrhasie!

Wat noem mens 'n hasie met GPS? Navighasie

Wat noem mens 'n rugby hasie? Paashasie

'n Halwe hasie? 'n Sie

'n Hasie wat mond-tot-mond asemhaling toepas? Oksidhasie

'n Walt Disney Hasie? Animhasie

'n Vuvuzela Hasie? Gerhasie

Wat noem 'n mens 'n hasie op 'n telefoon? Kommunikhasie

Wat noem 'n mens 'n losbandige hasie? 'n Flirthasie

Wat noem 'n mens 'n hasie wat preek? 'n Kanselhasie!!!!

Wat noem jy 'n ryk hasie? Inflhasie!!

'n Hasie wat Boer? Plasie...

Wat noem mens 'n siek hasie? Inflamhasie

Wat noem jy 'n hasie wat oorsee gaan?.... Immigrhasie

Wat noem jy 'n hasie met spuitpoep? Purghasie!

Iemand wat heeltyd hasie grappies aanstuur? Irrithasie

Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: Meraai vannie Baai on December 05, 2012, 02:26:57 AM
Naas
Hoe weet 'n mens (beide geslagte) as jy die stryd teen gravitasie verloor het?
* Jou dubbelken hang op jou borste

* Jou borste hang op jou maag

* Jou maag hang ook oor iets

* Daai iets hang op jou knieë

* Jou knieë hang op jou enkels

* En jou enkels? Hulle sleep oppie grond.

Dus, solank jou enkels nie deursleep oppie grond nie is jy nog reg!

Juenka:
Wat is 'n senuweewrak? 'n Man met 'n huispaaiement, 'n motorpaaiement, 'n vrou en 'n skelmpie –
EN ALMAL IS 'N MAAND LAAT!!

:toothy4: Parodie vir die ou en nuwe Suid Afrika:
Kabouterland word : African village.

Goue Lokkies word : Dreadlocks.

Hansie & Grietjie word : Sipho & Thandi.

Jan En Die Boontjierank word : Mugabe En Die Daggabos.

Liewe Heksie word : Lovely Felicity.

Rooikappie word : Swartkappie.

Die Wolf word : Thôkeloshi.

Die 3 Varkies word : Goodness, Gift en Precious.

Barbie word : Modjadji.

Little Mermaid word : Little Maid.

Die Smurfies word : Die freedom-fighters.

Die Kabouters word : The Youth League.

Feetjieland word : Little Soweto

Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: Fransi on December 05, 2012, 07:29:02 AM
 :icon_biggrin: Ek het my nou gate uit geniet.  :icon_biggrin:
Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: PM on December 05, 2012, 07:32:09 AM
Werklik groot pret om weer deur alles te lees en die "lekker onthou" wat so saamsleep. 
Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: Meraai vannie Baai on December 06, 2012, 12:43:51 AM
Naas: Waar's Naas?
  :smileinbox:
Naas is nou net hier uit met 'n visstok en 'n wortel. Ek dink hy het gaan donkies jag op die nationale pad.

Aspoesterjie:
 :icon_queen:
Ek was ook al in die Kaap en ek dink nie Oom Naas gaan donkies op die nasionale pad kry nie, behalwe daar op die N2 na die R300 afdraai. Die naaste wat oom daar aan donkies gaan kom is die esels wat die Taxies bestuur en hulle gaan nie vir 'n wortel stop nie.

Jan Olivier: Aspoestertjie, ek hoor die WNNR het navorsing gedoen en gevind die meeste taxi ongelukke word veroorsaak deur die moer wat die stuurwiel vashou.

Annie: Waar's Naas?
  :smileinbox:
Hy het vis geëet toe vang die kat hom.
Hy het appels gaan pluk, toe loop hy weg saam met die slang.
Is hy nie hier nie? Kom kyk hier in my laai!

Piet Magriet:
Luiheid is die ... beste manier om te ontspan.
 
Bemin almal, vertrou ... my.
 
Waar daar ‘n rokie trek moet daar ... lugbesoedeling wees.
 
Liewers laat as .....pregnant!
 
As die blinde die blinde lei ......maak pad.
 
Jy kry daaruit wat jy .... op die prentjie op die boxie sien.
 
As jy nie die eerste keer slaag nie ... kry nuwe batterye.
 
Kinders moet gesien en nie ... geslaan of gehok word nie.
 
Niemand is so blind soos ... Stevie Wonder nie.
 
Lag en die hele wêreld lag saam, huil en ... jy sal jou neus moet blaas.
 
‘n Stuiwer gespaar is ... nie veel nie.
 
Jy kan ‘n perd tot by die water bring, maar ... hoe?
 
Smee die yster terwyl ... jy nog lus het.
 
Geen nuus is ... onmoontlik.
 
Moenie die hand byt wat ... vuil lyk nie.
 
Die mens wik, maar... die slang pik.

Buig die boompie ... oor die stroompie.

'n Babawaentjie: Verlede jaar se pret op wiele
 
Etenstyd: Die enigste tyd wat kinders nie wil eet nie.

Ouderdom : As jy jou emosies vir simptome verruil.
 
Wat is 'n gewete? Iets wat pla as dit baie lekker gaan. Myne is vertraag, dit pla eers as al die lekker verby is!

Uit die oude doos - 'n laatlammetjie!!!
 
Hoe kaler jonker... hoe stouter in die donker!

Juenka:
Huweliksertifikaat - ‘n Soort jaglisensie wat jou tot een bok beperk;
 
Vleisbraai - ‘n Partytjie waar die kos so in bietjie rou is en die gaste so ‘n bietjie gaar is
 
Baba - ‘n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word;
 
Dieet - ‘n Manier van maer word waarvoor jy gou dik word;
 
Gewete - Iets wat pla as alles baie lekker gaan;
 
Gesinsvakansie - Wanneer jy alles saamneem waarvan jy eintlik wil wegkom
 
Predikant - Ses dae is hy onsigbaar en die sewende dag is hy onverstaanbaar;
 
Universiteitsgraad - Kwotansie wat ‘n kind ontvang vir die rekening wat Pa betaal het

Naas:
Wiskunde: PA/MA = BA²

Tuinslang: Dis 'n lang slap gat met 'n stuk rubber om.
 
Maak 'n sin met tuinslang. "My pa vang 'n tuinslang in die tuin en slaat hom met die hosepipe dood."
 
'n Viool is 'n klein kitaartjie wat met 'n stok gespeel word.
 
Klassieke musiek is die geraas wat die kondukteur se stok maak.
 
Musiek sal elektronies gemaak word want rekenaars het meer verstand en ritme as mense.
 
'n Strykinstrument is iets wat my ma gebruik om die klere plat te laat lê.
 
'n Slaginstrument kry jy in 'n slaghuis en is baie skerp.
 
Kleinboetie van die krokodil is die likkewaan.

Die stadige sussie van die krokodil is die trapsuutjies.

Die moffie broer van die krokodil is die daffodil.

En dan het die krokodil nog ‘n dooie boetie die frikkedil.
 
‘n Krokodil sonder ‘n stert noem ons ‘n rotweiler.

Baie ou krokodille suig die mense en bokke wat hulle vang dood. As jy hom eet, is hy ‘n krokosatie.
 
Studentemotor: 'n Kommando roeskolle wat in geslote formasie teen 'n slakkepas voortbeweeg.
"Nou wat prgaat djy nog. Mhy pa het 'n mini mette vee eight engin in. Elke tweede nawiek is die engin wee eit."
 
Koo Les Ter Hol voeltjies: As jy voëltjies varkvet voer het jy een van die dae 'n nuwe spesie van voëls op die plaas. Hulle is gewoonlik maklik om op te spoor. Volg net al die gebreekte boomtakke. Ek waarborg jou, hulle gaan diep spore in jou lewe trap.
 
Hakiesdraad: Dit is 'n ligte witblits wat jy in die drankwinkels te koop kry. Die bottel is maklik uitkenbaar omdat hulle 'n stuk hakiesdraad om die bottel gedraai het.

Adele:

Wat is 'n seuntjie? (Van die poskoets afgeval)
'n Seuntjie is 'n wonderlike ding,

hy het die eetlus van 'n perd,

die spysvertering van 'n volstruis,

die nimmersatheid van 'n rysmier.

die nuuskierigheid van 'n aap,

die longe van 'n diktator,

die verbeeldingrykheid van Oom Kaspaas,

die skugterheid van 'n viooltjie,

die astrantheid van 'n kapokhaantjie,

die geesdrif van 'n skoenlapper

en prakseer hy iets, is sy hande die ene duime.
 
niemand anders vind penne, brakke en die wind so vermaaklik nie.
 
niemand anders kan 'n geroeste mes, 'n halfgeëete appel, 1 meter tou, 'n vuil sakdoek, twee stukkies drop, 3 sente, 'n klont en wie weet wat, 3 albasters en 'n ghoen in een sak prop nie!

Van die poskoets afgeval:
Enige meisie kan bekoorlik wees. Al wat sy moet doen, is om stil te staan en onnosel lyk.
 
Waar 'n (mooi) vrou is, is daar altyd moeilikheid.
 
Vroue is slimmer as mans; hulle weet minder, maar openbaar meer begrip.
 
Drank maak jou oud, vet en lelik en wie wil nou oud, vet en lelik wees?
 
As 'n man 'n katastrofe op sy pad teëkom, kyk hy in sy beursie; 'n vrou kyk in die spieël.
 
Die moeilikste ding in die lewe is om jouself te ken.
 
'n Man moet 'n sekere moerigheid in hom hê.
 
'n Man wat graag wil trou, moet of alles weet of niks.
 
Van al die wilde diere is 'n seun die moeilikste om te hanteer.
 
Om te lag, is bo alles 'n korrektief.
 
Kroeë is 'n plek waar malheid per bottel verkoop word.
 
Elke mens kan'n fout maak, maar net 'n gek volhard daarmee.
 
Mislukking is 'n gebeurtenis, nooit 'n persoon nie.

Weervoorspelling:
By een van die grensposte tussen ons en Namibië hang 'n klip met min of meer die volgende weervoorspelling:

as die klip nat is, dan reën dit

as die klip droog is, is dit mooiweer

as die klip warm is, is dit sonnig

as die klip wit is, dan sneeu dit

as die klip dof is, is dit mistig

as die klip weg waai, is daar 'n orkaan

as jy die klip nie kan sien nie, is dit donker of as dit in SA is, is dit oornag gesteel.

Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: Meraai vannie Baai on January 20, 2013, 11:56:58 PM
Naas:
*Wat is SA se Nationale voël? Die rainbow chicken.

*Gee die groot vyf van SA:  Olifant, Leeu, Renoster, Seekoei, Bobbejaan.

*Twarra is een van daai woorde wat net ge kan word. Jy gaan nie twarra nie maar as jy bietjie gras, Prozac en wyn gevat het raak jy getwarra.

Poskoets Definisies:
PAPIER:  Baie moeg Ier.
PROFEET:  professor aan tafel.
MINISTER: mini ster
MINIMAAL: klein etetjie
OORDEEL: lel  
TOESIG: kan nie sien nie
POSWESE: kinders van die oorle' posman
PANAMA: ma voor pa

Lepi:
In die geselsskap vroeër vanaand, definieër iemand toe mos weer 'n O-kruiper op besondere manier. Dis 'n oorkruiper met 'n foutiewe GPS 
 
Lepi sit met sy O in die tjoek
En dit oor 'n oorle os se O
Maar weer, sal hy dit doen
want daardie os het pas weer
sy einde gesien, in PM se pot.

Gawie:
O my vrek.
Nou hou ek my bek.
As ek hom verder rek
is my O in die warmplek.

Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: Aspoestertjie on January 21, 2013, 07:56:00 PM
My Oupa se: "'n laatlammetjie is 'n ou padda wat met 'n slapriem gevang is."



 :mumum:
Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: Meraai vannie Baai on January 21, 2013, 10:46:41 PM
Ek lief hierdie gesegdes uit die oude doos  :toothy4:
Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: Naas on January 21, 2013, 11:19:55 PM
Ta Raaitjie, ek mis daai dae wat ons met woord en daad en storie hierdie nuwe woorde geskep en nuwe uitdrukkings gebaar het.
 :icon_biggrin: Dis lekker om met jou kleinkinners te speel maar dis lekkerder om jou eie te maak.  :icon_biggrin:


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: Meraai vannie Baai on January 21, 2013, 11:44:57 PM
Skaamtelose AMEN op daardie laaste opmerking Naas. Terwyl ek so deur ons ou plasings gaan beleef ek weer die vreugde wat ons saam ervaar het in die woordmaakproses. Onthou hoe ek soggens heeeeel eerste na die forum gegaan het om te loer wat het julle kwytgeraak in die baringsoomblikke  :icon_biggrin:

Kry ek vanoggend weer hierdie geselssie tussen Assie en Annie (Adele) op die skakel wat sy vir ons gestuur het:

Annie: het gedink julle horlosie da oppi plaas het vasgehaak

Aspoestertjie: More ta' Annie. Nee wat, ons is nie so haastig op die plaas dat ons horlosies aanhou nie. Die hoenderhaan en 'n kerkalmanak is vinnig genoeg vir ons. Die ouderling bring elke jaar 'n nuwe kerkalmanak en deesdae wen die veeartsie so elke tweede aand die hoenderhaan op as hy met sy motorfiets hier oor die erf gejaag kom om na Satan te kyk. Die hoenderhaan dink seker dis die motorfiets se lig wat aankom as die son sy kop uitsteek want deesdae raas hy soggens ekstra hard.


Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: PM on June 01, 2013, 05:19:23 AM
Ons is nou weer daar.  Lees 'n bietjie terug.

Waar is Naas?  :smileinbox:
Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: Angelica on June 01, 2013, 08:24:03 AM
Lekker lag ek nou oor daardie Oupa se gesegde.
Stoute Oupa.
Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: Naas on August 26, 2015, 02:00:33 PM
Boesmandefinisie van 'n by:
"Die by hy es dai klein vliegiekie wat maak hom die jam met die bek en hy dra hom 'n warm asgai by die gat." (Dis nou rofweg vertaal)



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: Meraai vannie Baai on August 26, 2015, 10:37:43 PM
Hoe leeg sal my lewe wees sonder julle humor Naas?  :toothy4: Giggel nog steeds vir hierdie bekkigheid van die Boesmans!
Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: PM on September 04, 2015, 04:56:39 PM
Hierdie klink nie vir my na dowwe slimmigheid nie, maar baie warm slimmigheid.   :bootyshake:
Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: Meraai vannie Baai on October 07, 2021, 04:46:53 AM
Verskoon die Engels, daar is nie 'n spesifieke taal vir lag nie, so geniet  :toothy4:

I’d like to help you out today. Which way did you come in?

Answers are what we have for other people's problems.

Excuse my naivety - I was born at a very early age.

Out of my mind. Back in five minutes.

When everything's coming your way, you're in the wrong lane.

Take my advice — I'm not using it.

Whatever it is that is eating you, it must be suffering horribly.

I used to have an open mind but my brains kept falling out.

Marriage has no guarantees. If that’s what you’re looking for, go live with a car battery.

Singing in the shower is all fun and games until you get soap in your mouth, then it becomes a soap opera!

Sometimes I laugh so hard the tears run down my legs!

People talk about having an inner child, I don't, I have an inner old lady who sings inappropriate things, tells everyone to be quiet and wants to go to
bed at 8pm.

When I get old I'm not going to sit around knitting. I'm going to be clicking my Life Alert button seeing how many hot firefighters I can get to show up.

I'm making some changes in my life, if you don't hear from me, you are one of them.

Whatever you do always give 100%, unless you're donating blood.

Take life with a grain of salt... a slice of lemon and a shot of tequila.

If you want to make time fly, throw your alarm clock.

Is "Virgin Mobile" a nun-wheelchair?

Remember... if the world don't suck, we'll all fall off.

I'm not saying you're stupid!! I'm just saying you've got bad luck when it comes to thinking!!

My brother reckons he does not have OCD, because if he did, OCD would have been in alphabetical order.

They said "don't try this at home" so I'm coming over to your house to try it.

I'm so glad my winter fat is gone, now I have spring rolls.

You know that little voice inside your head that tells you things you should not do, I don't have one.

My alone time is sometimes for your own safety.

I balanced diet sounds like I should have a cupcake in both hands.

I eat cake just in case it is someones birthday somewhere.

I'm not fat, God gave me airbags cause I'm precious.

Doing nothing is so hard because you never know when you are done.

We consider too much the good luck of the early bird and not enough the bad luck of the early worm.

Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: Trapsoetjie on October 08, 2021, 08:22:30 AM
If you want to make time fly, throw your alarm clock. - As ek hom agtertoe gooi sal dit tyd terug draai?   :icon_scratch:

Sometimes I laugh so hard the tears run down my legs!  :evil6:

Dankie dankie lekker laggie vir die daggie.

 :angel12:

Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: Naas on October 18, 2021, 05:15:17 PM
My juffrou is so sterk sy het 'n liniaal in twee gedreek met haar kaal hande.
My juffrou is so sterk sy het haar lessenaar omgegooi.
My juffrou is so sterk, nou die dag hardloop daar 'n muis teen haar been op onder haar rok in. Sy het net een karatigil gegee en drie liter water uit daai muis uit gedruk met haar bene.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: PM on October 19, 2021, 01:56:24 AM
 :toothy4:  Wag tot jy my ouderdom het dan sal jy sien die trane loop maklik langs jou bena af.   :dontknow:
Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: Assie on October 19, 2021, 02:01:36 AM
Oupa se Ta PM moetie worrie nie. Enige valve se wasser lek maar een of ander tyd al word die valve nie meer gebruik nie.

 :mumum:
Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: PM on October 19, 2021, 02:05:08 AM
Oupa is alweer reg.   :icon_biggrin:   Oom Hannes sê hy gaan die dokter vra of daar nog nie dikderms beskikbaar is nie, hy wil graag een laat insit. 
Hy gaan ook vir oom Dokter vra of hy die prostese wat hulle vir hom gaan insit (die heupvervanging) in sy testament aan iemand kan skenk.   :dontknow:
Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: Naas on October 19, 2021, 02:18:28 AM
Ek maak mos lankal tweedehandse kieries, looprame, tanne en oumensdoeke bymekaar want met my pensjoen kan ek nie nuwes bekostig nie. Smaak my ek het van heupe en kniee vergeet.
Hulle wil daai president met die lang kop se brein verkoop na sy dood. Hulle waarborg dit as ongebruik.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: PM on October 19, 2021, 02:22:18 AM
'n Mens het nie 'n waarborg nodig nie, jy kan dit mos vir jouself uitwerk.  Is dit sy vrouens wat 'n bevolkingsontploffing laat plaasvind het?
Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: Naas on October 19, 2021, 02:30:03 AM
Nee hulle was die teelaarde waarin hy sy dinamietstokke geplant het. Dis wat die bevolking laat ontplof het. (en toe spat die poe poe die hele land vol.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Dowwe Slimmighede
Post by: Assie on October 19, 2021, 06:57:19 AM
Oupa se hoe laer die IK hoe hoer die drang op voortplanting. (hierdie slag is ek bly ek kan nie oemloud nie)

 :mumum: