• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Suikersakkie humor

Started by Meraai vannie Baai, December 05, 2012, 12:44:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

SueEe:
Die korste pad neem die langste...maak jou tenk vol en vat jou GPS saam.

Waarvan die hart vol, loop die bure en skinder.

Die kortste pad na 'n man se hart, loop deur sy 4x4.

Kennisgewing: Die lewe kom sonder waarborge...ons bespaar papier.

As niks werk meer wil werk nie...gaan vra jou baas.

As die lewe slegs bestaan het uit maanskyn en rose...hoekom skyn die son dan so helder?

Die mooiste roos het soms die grootste dorings.

Die lewe is 'n lied...maar nie almal is nootvas nie.

Ja-nee is nie 'n antwoord nie.

Die lewe is 'n lied, solank jy kan toi-toi.

Die lewe is 'n reis, maar die petrol is te duur.

Hy was met geslote oë deur die lewe gaan, is nie doof nie.

Sê jammer en bedoel dit, want jou Ma sê so.

Jy moet 'n positiewe uitkyk op die lewe hê, maar die sleutelgat is te klein.

Die lewe is nie so duister nie, wag tot Eskom die krag aansit.

In SA is vandag se idee, môre 'n unie.

As die lewe te hard druk, ontspan die spiere.

Wees altyd wie jy is, anders sal jou buurman gaan klik.

Die liefde is blind, die spieël nie.

As jy iemand kan sien, kan hulle jou ook sien.

As jy nie kan ooreenkom (compromise) nie, vra iemand anders.

As ons nie meer kan droom nie, dan word ons wakker.

As jy die wind van voor kry, draai assebief om.

SA, die land van Melk (net een Liter per klient asb.) en Sonskyn (geborg deur Eskom)

SA, 'n land van vryheid - sonder grense.

Nee, Dans is nie 'n vorm van karaoke nie!

Koeldrank beskikbaar. Lw. As ons nie borrels het nie, het ons ten minste die bottels.

Kennisgewing: Maak seker die foto op u bestuurslisensie is wel hoe u lyk. Ons aanvaar geen verantwoordlikheid as dit wel van u verskil nie.

Die gras lyk groener oorkant die draad, want dit is die onkruid wat so welig groei.

As mens geen tyd wil verloor nie...moet dit dan nie doen nie.

Soek jy na blydskap? Shame.

Soek jy na 'n antwoord? Eish.

Wie ander probeer bly-maak is 'n unie, wie hulself wil bly-maak is 'n regering.

Die lewe is 'n tuin, maar iemand het vergeet om die gras te sny.

Waarskuwing - Aardverwarming: Nat steenkool.

Die wat nie wil hoor nie...Wil nie hoor nie. Punt.

Moenie jouself herhaal nie, niemand luister na die eerste keer nie.

sA yj ein nak leps ein – skryf lelik.

As jy nie hier kan lees nie...hoe weet jy dit is suiker?

My Ouma het altyd gesê "Kinders moet nie oor die waters vry nie" (maw bepaal jou by jou eie soort)

Onthou, dis die tweede muis wat die kaas kry!


Meraai vannie Baai

#1
Naas:
As jy oortuigend wil lieg, hou by die waarheid!

Alles in die lewe het twee kante. "My kant en die verkeerde kant."

My mond het nog nooit in 'n geveg gebloei nie - Ek kyk nie om as ek weghol nie.

Op my dae was ek 'n Springbok langafstand-bokser - Ek hardloop 100 meter weg dan gooi ek klip.

Ek het 'n spaarvarkie gekry toe ek tien jaar oud was. Ek gaan die vervloekte ding nou maar weggooi want hy het in die 40 jaar wat ek hom het nog nie 'n sent gespaar nie.

Waar daar 'n wil is bly ek liewer weg.

Ons trou vir maanskyn en rose, dan kom die son op in die Namib.

Dis seker hoekom die liewe Vader vir my 'n pypie aangeswys het, ek kan nie nege maande wag vir 'n baba nie.

Ek wil net weet wat die geslag is anders weet ek nie of ek 'n oupa of 'n ouma is nie.

Daar is net twee Naas'e in SA. Die een wat gedink het hy kan rugby speel en die mooi een.

My ma het my verbied om in die water te gaan voor ek kan swem. Dis hoekom ek so gereeld bad.


Meraai vannie Baai

#2
Piet Magriet:
Luiheid is die ... beste manier om te ontspan.

Bemin almal, vertrou ... my.

Waar daar 'n rokie trek moet daar ... lugbesoedeling wees.

Liewers laat as .....pregnant!

As die blinde die blinde lei ......maak pad.

Jy kry daaruit wat jy .... op die prentjie op die boxie sien.

As jy nie die eerste keer slaag nie ... kry nuwe batterye.

Kinders moet gesien en nie ... geslaan of gehok word nie.

Niemand is so blind soos ... Stevie Wonder nie.

Lag en die hele wêreld lag saam, huil en ... jy sal jou neus moet blaas.

'n Stuiwer gespaar is ... nie veel nie.

Jy kan 'n perd tot by die water bring, maar ... hoe?

Smee die yster terwyl ... jy nog lus het.

Geen nuus is ... onmoontlik.

Moenie die hand byt wat ... vuil lyk nie.

Die mens wik, maar... die slang pik.

Buig die boompie ... oor die stroompie.

En hier is nog so paartjies uit ons forummoeder se pen:

Ek is PM, "I don't do mornings", teen daardie tyd is my PM 9 batterye al afgeloop. 

Met volmaan tree al my voorletters in werking.  PMS

As jy gedink het die pad na 'n man se hart is deur sy maag, dan moet jy weet jy mik 'n bietjies te hoog!

'n Goeie vriend is iemand wat dink dat jy 'n goeie eier is, al weet hy jou dop is effens gekraak en jy het 'n geklitste brein.

Een nalatige vuurhoutjie kan 'n hele woud aan die brand steek,

maar jy het 'n hele dosie vuurhoutjies nodig om 'n kampvuur aan die brand te kry.

Die lewe is nie net soet en soos 'n fles ingelegde perskes nie, dit is soms soos 'n fles brandrisies.

Ontspan, spring op en af en poep soos 'n kwagga.

Meraai vannie Baai

Kom ek nou weer vanoggend hier verby, julle ons het darem maar woordpret gehad wat skrik vir niks!
  :love7: :hello2: :notworthy: :icon_salut:

adele

ekke ook, giggel tot my stywe knopknietjies vanself wikkel   :love7:   :love7: 
adéle  :grommit:

PM

Geniet ek dit nou weer van vooraf!  Raaitjie, jy weet nie hoekom ek jou so afgryslik waardeer nie, maar dit is hoekom!  Ek moet eerlik erken, jy is en was nog altyd die hart van die forum.  Ek buig my knie en ek knik my kop!  Ek lief jou stinkend!  Sonder jou het ons nie 'n forum nie!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#6
Ek bulder van die lag... vanoggend is hierdie woorddief so trots soos 'n hen op haar kuikens. PM, liefste matertjie ek is so maar so dankbaar dat hierdie skeppings gegaps en bewaar is. Dink dit het tyd geraak dat ek weer deur die forumgange dwaal vir 'n woordoes.

Adele: giggel tot my stywe knopknietjies vanself wikkel

:headbang: :toothy4: :book1:

PM

Dit sal wonderlik wees.  Ek wag net hier voor die deur op my stoeltjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

PM, is daar 'n manier dat ek weer wanneer ek op 'n lid se naam kliek, hulle plasings in volgorde kan sien soos van ouds? Dit maak die oesproses soveel makliker want dan kan ek by elkeen ingaan en kyk waar kruip harts-Afrikaans weg (het Naas dit nie pragtig benoem nie!)

PM

Sjoe, nou vra jy my 'n ding.  Ek weet as jy na "home" gaan en jy tik 'n onderwerp daar by die soekgleufie in, dan wys dit vir jou wie almal oor daardie onderwerp gesels het. 
As dit nie help nie kan Jan Dink (André) dalk vir jou help. 
Laat weet asseblief. 
Ja wraggies, dit is 'n pragtige benaming. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek weet met die ou forum kon ek by die moderators se afdeling ingaan en elke lid se bydraes sien. Kon dan daar vinnig deur alles gaan en grawe na wat ek ook al gesoek het om in die woordmandjie te laai. Nie seker of ons forum hier dieselfde aksie byvoorbeeld vir jou het nie. Ek kan nie hulle bydraes sien daar nie. Net algemene inligting.

Naas

Ta Raatjie gaan na members, tweede laaste een in die home reeltjie hierbo. kies die lid, kry sy profielmen aan die linkerkant sal Ta Raaitjie die woord "posts" sien. kliek daarop en siedaar!!!!



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Naas, jy sal maar in die vliegtuig moet klim en vir my kom wys hoe, want ek kry dit nie reg nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Kom ons probeer weer.
Bo aan die post is daar 'n ry keuses: Home   Help   Search   Admin   Moderate   .... tot by Members  en   Logout

in hierdie ry bkliek ons op members en dan kom ons by 'n lys met al die lede se name.
Nou kies Ta Raaitjie die lid se naam en dubbel kliek op die naam. Die lid se profiel sal nou verskyn.
onder die lid se prentjie iaan die linkerkant is 'n opsie wat se: "show posts"
dubbelkliek op show posts en daar verskyn al die lid se plasings.
Onthou net ons het menigte stilstom en spook lede wat geen plasings sal wys nie omdat hulle nie kan skryf nie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Baie dankie Naas.  Jy weet mos ek verstaan gou as jy laaaaank verduidelik.  (Lag)  Nou weet ek hoe dit werk.  Jy is 'n skat. 

Wat anders moet ek doen om jou hier te kry? 
Om te weet is om te verstaan.