• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Suikersakkie humor

Started by Meraai vannie Baai, December 05, 2012, 12:44:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ek is hier maar dwaal tussen ander goeters deur en kry nie baie tyd vir gesels nie.
Groetnis vir Oom Hannes.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek bedoel op Leeupoort Pampoenie! 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Wat ek ookal daarop wil antwoord klink na verskonings maar glo my, as ek kon het ek more-oggend in die pad geval...

Besef nou met die toestand van ons paaie kry in die pad val nuwe betekenis.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

Perfek! Uitstekende voorstel! Kom ons gaan soek en stuur vir Raaitjie ook aan as sy dalk iets mis. Maar ai, nou het ons nie ons groot skryfwerf waaruit jy enige iets kon bêre nie, maar maak nie saak nie. As ons op geseggieblaaie iets kry, kan ons dalk aanklop en mooi bedel en dit hier kom bêre?
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Jippie! Naas, jou doring. Het dit gekry  :hello2: :book1:

Naas

Aftree : kierieverlof
Aftreeoord : kieriekoshuis
Alkohol : slingersous, sleeptongnektar
Bleeksiel : fooskoos
Fiets : draadkameel
Eet : tandslaan, kakebeengimnastiek
Aap : sitbok
Blonde oomblik : breinpouse
Grimering : jeugdeeg, wonderverf
Toilet : porselein scooter
Lyftaal : geraamte klets
Ski pants : selluliet sokkies
Tipex : flaterwater, fokkopverf
Tissue : snotsponsie

Hoekom dra die meisies in Worcester nie selluliete sokkies nie. Want die dowes lees lippetaal.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Antjie Patat


PM

Geniet ek ook altyd jou bydraes matertjie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek is nou verkrukkeld gelag  :sign10:

Assie

Die kaalnaler kom aangenael, stop, draai om en hol weg.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Skreeu ek amper van blydskap toe ek vir Naas en Assie in die forumgang raakloop. (Ek skreeu maklik van my geboorte af alhoewel die eerste skreeu volgens my moederlief glo in koggel-Afrikaans was: "Whê!" ) :icon_bigsmurf:

Naas

Assie, jy's vroeg op. Bak julle koekies?

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Dink sy bak mooi broodjies, hoekom beteken dit vleitaal? Klink eerder na vrytaal vir my  :dontknow:

PM

Is dit hoekom die oumense verwys het na 'n broodjie in die oond!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek bulder baie onvroulik... vreitaal, vrytaal lei na broodjie in die oond  :icon_biggrin: