Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Pret met woorde => Topic started by: Meraai vannie Baai on December 05, 2012, 12:44:07 AM

Title: Suikersakkie humor
Post by: Meraai vannie Baai on December 05, 2012, 12:44:07 AM
SueEe:
Die korste pad neem die langste...maak jou tenk vol en vat jou GPS saam.

Waarvan die hart vol, loop die bure en skinder.

Die kortste pad na 'n man se hart, loop deur sy 4x4.

Kennisgewing: Die lewe kom sonder waarborge...ons bespaar papier.

As niks werk meer wil werk nie...gaan vra jou baas.

As die lewe slegs bestaan het uit maanskyn en rose...hoekom skyn die son dan so helder?

Die mooiste roos het soms die grootste dorings.

Die lewe is 'n lied...maar nie almal is nootvas nie.

Ja-nee is nie 'n antwoord nie.

Die lewe is ’n lied, solank jy kan toi-toi.

Die lewe is ’n reis, maar die petrol is te duur.

Hy was met geslote oë deur die lewe gaan, is nie doof nie.

Sê jammer en bedoel dit, want jou Ma sê so.

Jy moet ’n positiewe uitkyk op die lewe hê, maar die sleutelgat is te klein.

Die lewe is nie so duister nie, wag tot Eskom die krag aansit.

In SA is vandag se idee, môre 'n unie.

As die lewe te hard druk, ontspan die spiere.

Wees altyd wie jy is, anders sal jou buurman gaan klik.

Die liefde is blind, die spieël nie.

As jy iemand kan sien, kan hulle jou ook sien.

As jy nie kan ooreenkom (compromise) nie, vra iemand anders.

As ons nie meer kan droom nie, dan word ons wakker.

As jy die wind van voor kry, draai assebief om.

SA, die land van Melk (net een Liter per klient asb.) en Sonskyn (geborg deur Eskom)

SA, ‘n land van vryheid - sonder grense.

Nee, Dans is nie ‘n vorm van karaoke nie!

Koeldrank beskikbaar. Lw. As ons nie borrels het nie, het ons ten minste die bottels.

Kennisgewing: Maak seker die foto op u bestuurslisensie is wel hoe u lyk. Ons aanvaar geen verantwoordlikheid as dit wel van u verskil nie.

Die gras lyk groener oorkant die draad, want dit is die onkruid wat so welig groei.

As mens geen tyd wil verloor nie…moet dit dan nie doen nie.

Soek jy na blydskap? Shame.

Soek jy na ‘n antwoord? Eish.

Wie ander probeer bly-maak is ‘n unie, wie hulself wil bly-maak is ‘n regering.

Die lewe is ‘n tuin, maar iemand het vergeet om die gras te sny.

Waarskuwing - Aardverwarming: Nat steenkool.

Die wat nie wil hoor nie…Wil nie hoor nie. Punt.

Moenie jouself herhaal nie, niemand luister na die eerste keer nie.

sA yj ein nak leps ein – skryf lelik.

As jy nie hier kan lees nie…hoe weet jy dit is suiker?

My Ouma het altyd gesê "Kinders moet nie oor die waters vry nie" (maw bepaal jou by jou eie soort)

Onthou, dis die tweede muis wat die kaas kry!

Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Meraai vannie Baai on December 05, 2012, 12:44:59 AM
Naas:
As jy oortuigend wil lieg, hou by die waarheid!

Alles in die lewe het twee kante. "My kant en die verkeerde kant."

My mond het nog nooit in 'n geveg gebloei nie - Ek kyk nie om as ek weghol nie.

Op my dae was ek 'n Springbok langafstand-bokser - Ek hardloop 100 meter weg dan gooi ek klip.

Ek het 'n spaarvarkie gekry toe ek tien jaar oud was. Ek gaan die vervloekte ding nou maar weggooi want hy het in die 40 jaar wat ek hom het nog nie 'n sent gespaar nie.

Waar daar 'n wil is bly ek liewer weg.

Ons trou vir maanskyn en rose, dan kom die son op in die Namib.

Dis seker hoekom die liewe Vader vir my 'n pypie aangeswys het, ek kan nie nege maande wag vir 'n baba nie.

Ek wil net weet wat die geslag is anders weet ek nie of ek 'n oupa of 'n ouma is nie.

Daar is net twee Naas'e in SA. Die een wat gedink het hy kan rugby speel en die mooi een.

My ma het my verbied om in die water te gaan voor ek kan swem. Dis hoekom ek so gereeld bad.

Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Meraai vannie Baai on December 05, 2012, 02:03:51 AM
Piet Magriet:
Luiheid is die ... beste manier om te ontspan.

Bemin almal, vertrou ... my.

Waar daar ‘n rokie trek moet daar ... lugbesoedeling wees.

Liewers laat as .....pregnant!

As die blinde die blinde lei ......maak pad.

Jy kry daaruit wat jy .... op die prentjie op die boxie sien.

As jy nie die eerste keer slaag nie ... kry nuwe batterye.

Kinders moet gesien en nie ... geslaan of gehok word nie.

Niemand is so blind soos ... Stevie Wonder nie.

Lag en die hele wêreld lag saam, huil en ... jy sal jou neus moet blaas.

‘n Stuiwer gespaar is ... nie veel nie.

Jy kan ‘n perd tot by die water bring, maar ... hoe?

Smee die yster terwyl ... jy nog lus het.

Geen nuus is ... onmoontlik.

Moenie die hand byt wat ... vuil lyk nie.

Die mens wik, maar... die slang pik.

Buig die boompie ... oor die stroompie.

En hier is nog so paartjies uit ons forummoeder se pen:

Ek is PM, "I don't do mornings", teen daardie tyd is my PM 9 batterye al afgeloop. 

Met volmaan tree al my voorletters in werking.  PMS

As jy gedink het die pad na 'n man se hart is deur sy maag, dan moet jy weet jy mik 'n bietjies te hoog!

‘n Goeie vriend is iemand wat dink dat jy ‘n goeie eier is, al weet hy jou dop is effens gekraak en jy het ‘n geklitste brein.

Een nalatige vuurhoutjie kan 'n hele woud aan die brand steek,

maar jy het 'n hele dosie vuurhoutjies nodig om 'n kampvuur aan die brand te kry.

Die lewe is nie net soet en soos ‘n fles ingelegde perskes nie, dit is soms soos ‘n fles brandrisies.

Ontspan, spring op en af en poep soos 'n kwagga.
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Meraai vannie Baai on June 13, 2018, 12:41:22 AM
Kom ek nou weer vanoggend hier verby, julle ons het darem maar woordpret gehad wat skrik vir niks!
  :love7: :hello2: :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: adele on June 13, 2018, 12:14:42 PM
ekke ook, giggel tot my stywe knopknietjies vanself wikkel   :love7:   :love7: 
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: PM on June 16, 2018, 10:25:55 PM
Geniet ek dit nou weer van vooraf!  Raaitjie, jy weet nie hoekom ek jou so afgryslik waardeer nie, maar dit is hoekom!  Ek moet eerlik erken, jy is en was nog altyd die hart van die forum.  Ek buig my knie en ek knik my kop!  Ek lief jou stinkend!  Sonder jou het ons nie 'n forum nie!   :love7:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Meraai vannie Baai on August 13, 2018, 12:09:09 AM
Ek bulder van die lag... vanoggend is hierdie woorddief so trots soos 'n hen op haar kuikens. PM, liefste matertjie ek is so maar so dankbaar dat hierdie skeppings gegaps en bewaar is. Dink dit het tyd geraak dat ek weer deur die forumgange dwaal vir 'n woordoes.

Adele: giggel tot my stywe knopknietjies vanself wikkel

 :headbang: :toothy4: :book1:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: PM on August 13, 2018, 11:42:54 AM
Dit sal wonderlik wees.  Ek wag net hier voor die deur op my stoeltjie. 
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Meraai vannie Baai on August 13, 2018, 11:51:25 AM
PM, is daar 'n manier dat ek weer wanneer ek op 'n lid se naam kliek, hulle plasings in volgorde kan sien soos van ouds? Dit maak die oesproses soveel makliker want dan kan ek by elkeen ingaan en kyk waar kruip harts-Afrikaans weg (het Naas dit nie pragtig benoem nie!)
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: PM on August 13, 2018, 12:18:13 PM
Sjoe, nou vra jy my 'n ding.  Ek weet as jy na "home" gaan en jy tik 'n onderwerp daar by die soekgleufie in, dan wys dit vir jou wie almal oor daardie onderwerp gesels het. 
As dit nie help nie kan Jan Dink (André) dalk vir jou help. 
Laat weet asseblief. 
Ja wraggies, dit is 'n pragtige benaming. 
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Meraai vannie Baai on August 13, 2018, 12:25:10 PM
Ek weet met die ou forum kon ek by die moderators se afdeling ingaan en elke lid se bydraes sien. Kon dan daar vinnig deur alles gaan en grawe na wat ek ook al gesoek het om in die woordmandjie te laai. Nie seker of ons forum hier dieselfde aksie byvoorbeeld vir jou het nie. Ek kan nie hulle bydraes sien daar nie. Net algemene inligting.
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Naas on August 13, 2018, 12:29:23 PM
Ta Raatjie gaan na members, tweede laaste een in die home reeltjie hierbo. kies die lid, kry sy profielmen aan die linkerkant sal Ta Raaitjie die woord "posts" sien. kliek daarop en siedaar!!!!



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: PM on August 13, 2018, 12:40:58 PM
Naas, jy sal maar in die vliegtuig moet klim en vir my kom wys hoe, want ek kry dit nie reg nie. 
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Naas on August 13, 2018, 12:52:15 PM
Kom ons probeer weer.
Bo aan die post is daar 'n ry keuses: Home   Help   Search   Admin   Moderate   .... tot by Members  en   Logout

in hierdie ry bkliek ons op members en dan kom ons by 'n lys met al die lede se name.
Nou kies Ta Raaitjie die lid se naam en dubbel kliek op die naam. Die lid se profiel sal nou verskyn.
onder die lid se prentjie iaan die linkerkant is 'n opsie wat se: "show posts"
dubbelkliek op show posts en daar verskyn al die lid se plasings.
Onthou net ons het menigte stilstom en spook lede wat geen plasings sal wys nie omdat hulle nie kan skryf nie.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: PM on August 13, 2018, 01:11:44 PM
Baie dankie Naas.  Jy weet mos ek verstaan gou as jy laaaaank verduidelik.  (Lag)  Nou weet ek hoe dit werk.  Jy is 'n skat. 

Wat anders moet ek doen om jou hier te kry? 
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Naas on August 13, 2018, 01:34:14 PM
Ek is hier maar dwaal tussen ander goeters deur en kry nie baie tyd vir gesels nie.
Groetnis vir Oom Hannes.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: PM on August 13, 2018, 01:37:33 PM
Ek bedoel op Leeupoort Pampoenie! 
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Naas on August 13, 2018, 01:43:41 PM
Wat ek ookal daarop wil antwoord klink na verskonings maar glo my, as ek kon het ek more-oggend in die pad geval...

Besef nou met die toestand van ons paaie kry in die pad val nuwe betekenis.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: adele on August 13, 2018, 02:05:38 PM
Perfek! Uitstekende voorstel! Kom ons gaan soek en stuur vir Raaitjie ook aan as sy dalk iets mis. Maar ai, nou het ons nie ons groot skryfwerf waaruit jy enige iets kon bêre nie, maar maak nie saak nie. As ons op geseggieblaaie iets kry, kan ons dalk aanklop en mooi bedel en dit hier kom bêre?
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Meraai vannie Baai on August 13, 2018, 11:47:04 PM
Jippie! Naas, jou doring. Het dit gekry  :hello2: :book1:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Naas on September 21, 2021, 09:27:03 PM
Aftree : kierieverlof
Aftreeoord : kieriekoshuis
Alkohol : slingersous, sleeptongnektar
Bleeksiel : fooskoos
Fiets : draadkameel
Eet : tandslaan, kakebeengimnastiek
Aap : sitbok
Blonde oomblik : breinpouse
Grimering : jeugdeeg, wonderverf
Toilet : porselein scooter
Lyftaal : geraamte klets
Ski pants : selluliet sokkies
Tipex : flaterwater, fokkopverf
Tissue : snotsponsie

Hoekom dra die meisies in Worcester nie selluliete sokkies nie. Want die dowes lees lippetaal.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Antjie Patat on September 21, 2021, 09:38:51 PM
 :sign10:
 Naaaaas.... hahahaha
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: PM on September 21, 2021, 09:53:00 PM
Geniet ek ook altyd jou bydraes matertjie.   :love7:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2021, 10:50:56 PM
Ek is nou verkrukkeld gelag  :sign10:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Assie on September 22, 2021, 03:23:29 AM
Die kaalnaler kom aangenael, stop, draai om en hol weg.

 :mumum:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Meraai vannie Baai on September 22, 2021, 03:24:25 AM
Skreeu ek amper van blydskap toe ek vir Naas en Assie in die forumgang raakloop. (Ek skreeu maklik van my geboorte af alhoewel die eerste skreeu volgens my moederlief glo in koggel-Afrikaans was: "Whê!" ) :icon_bigsmurf:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Naas on September 22, 2021, 03:41:27 AM
Assie, jy's vroeg op. Bak julle koekies?

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Meraai vannie Baai on September 22, 2021, 03:45:01 AM
Dink sy bak mooi broodjies, hoekom beteken dit vleitaal? Klink eerder na vrytaal vir my  :dontknow:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: PM on September 22, 2021, 05:24:18 AM
Is dit hoekom die oumense verwys het na 'n broodjie in die oond!
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Meraai vannie Baai on September 22, 2021, 06:18:09 AM
Ek bulder baie onvroulik... vreitaal, vrytaal lei na broodjie in die oond  :icon_biggrin:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Assie on September 22, 2021, 06:48:22 AM
Om 'n broodjie in die oond te he moet mens eers deeg knie...
Ek weet nie eers waar my mengbak is nie. Te lank laas brood gebak.

 :mumum:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: PM on September 22, 2021, 06:49:47 AM
Weet jy darem waar jou deeg is? 
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Assie on September 22, 2021, 06:52:53 AM
Twee dege maar niemand om die kniewerk te doen nie.

 :mumum:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: PM on September 22, 2021, 06:54:53 AM
Vra maar vir Assie, sy kan jou help!
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Assie on September 22, 2021, 07:00:13 AM
Daai selfhelp ding is nou al afgesaag en niks lekker nie Ta PM.

 :mumum:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: PM on September 22, 2021, 07:02:03 AM
O hallie ha!  Jy en Oom Naas is baie parmantig vanoggend.   :pottytrain2:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Assie on September 22, 2021, 07:03:53 AM
Ek wonder waar Oom Naas verdwyn het?

 :mumum:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: PM on September 22, 2021, 07:05:42 AM
Hy het seker agter sy ou tikkertjie aan die slaap geraak.  Shuut, moet hom nie steur nie.  Ons sal vir hom warm koffie maak as hy wakker word.   :angel12:
Title: Re: Suikersakkie humor
Post by: Naas on September 22, 2021, 07:05:59 AM
Net gou die buurman se hond gaan stilmaak.

 :icon_bigsmurf: