*Kuberselfmoord : Om jou profiel te verwyder op 'n forum. Die woord het sy oorsprong gehad na 007 haarself op 'n krul getrek het en die woordmandjie gaan verpand het vir dooswyn
*Kabouterlyntjie: Ek lag vir kleinkind (2 en half) hy hoor 'n speg skree en sê: Ouma, hoor die gooltjie. Dit is 'n v... v... voëltjie, sê ek. Na-aap hy, 'n v... v... v... gooltjie! Die mannetjie praat nog steeds van "spinneskoppe".
* O hallie ha!!! Ek is soooo gelukkig, my enkels hang nog in my pantoffels!
* As jy vir my laat weet het dit gaan soooo sleg, het ek 'n plan gemaak om vir jou jou eie stel valstanne te kry!
* Ouderdom is niks, dit kan 'n mens nog oorsien, maar gespletenheid is regtig 'n nare ding!
* Ek lag so, die snot en trane kleef aan die skerm
* Slaat my dood maar ek noem jou nie op daai naam nie. Not 'n sokkie!
* Kom laat die ouma van al wat 'n kleinkind is nou vir jou die hele waarheid vertel.
* Jy verdien dit! Dit is nie sommer net jam ommie bekkie nie!
* Jy is so flink soos 'n swaeltjie!
* Mooi man, ons kap it flou!
* Dit gaan baie beter, my twak het bietjie droog geword.
* Is jy nog so kalm soos 'n daggawalm?
* Sodom en Gamorra, hier kom ons.
* Muskiete byt hier dat dit bars, ek belowe jou, hulle skiet raak, nie mis nie.
* My dom ken geen perke nie!
* My Frans is so na as Grieks as wat Zulu aan Sweeds is.
* Sy weet mos nie wanneer haar karretjie ratte wissel nie!
* Julle weet mos ek verstaan gou as jy lank verduidelik.
* Ek wens jy kan my ogies sien blink! Ek moet nou net versistis is anders kry ek dronkverdriet!
* PM hou net nie van twis en korswil nie, gatskeer is uiters goed, dan moet die ander party net nie dink dit is 'n stywe stok in 'n krom derm nie.
* Sarkasme is die eerste tekens van 'n verrotte brein.
* Daar is 'n dun lyn tussen humor en vulger.
* Niks koek en tee en Hollandse katte nie! Net Afrikaanse katte en verdwaalde GPS'se.
* Ons wekkers leef op voëlsaad en hulle het ons nog nooit een oggend in die steek gelaat nie.