• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Uit die mond van ons Forummoeder

Started by Meraai vannie Baai, December 02, 2012, 01:42:19 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

As jy vir kinders net gee en gee, leer jy hulle om bakhand te staan.
As jy vir kinders net doen en doen, leer jy hulle om lamgat te sit. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Die oumense het gesê: Niks verniet nie en baie bietjie vir 'n tiekie!
Myne is: Om te weet is om te verstaan!

Ek sê ook altyd: Jou goeie vriend in tye van voorspoed, is jou grootste vyand in tye van nood.
Dit beteken 'n mens se gewete kla jou slegs aan nadat jy iets verkeerd gedoen het.

Ek dink elkeen van ons sou baie dinge anders gedoen het as ons 'n kristalbal gehad het om te sien wat die toekoms inhou. En oe! Hoe wens ek dat ek ses maande gelede 'n kristalbal gehad het!

My lewe het 'n Woeste Woes draai gegooi, ek is nog besig met die kaskarresies! My wange bult uit om elke draai en my hare staan stokstyf in die wind!

'n Mens kan weer wind in 'n pap siel inblaas, maar geen gepoets gaan 'n slap siel se lewe red nie.

As jy 'n kruiwa is kom jy nêrens as jy nie gestoot word nie. As jy 'n sleepwa is, kom jy nêrens as jy nie getrek word nie. Soggens verkies ek om 'n kruiwa te wees, maar as die son sak, dan wil ek 'n sleepwa wees. Saans wil ek getrek raak.

.... anders raak ek so eensaam dat die wind deur my waai.

Ek het altyd 'n gesegde wat ek uit my duim gesuig het: Kinders is kinders, myne of joune, hulle is maar almal dieselfde.

My mammie se gesegde: 'n Ander se genade is 'n helsegenade.


Meraai vannie Baai

*My oupa was mos 'n matroos en my ouma het gesê ons moet die taal bevorder.

*Die huis het stewige fondasies en die mure is so dik soos my bo-been.

*Het jy nie geweet ek werk vir SAL nie? Ek skop hul vliegtuie aan die brand, elke dag!

*Ek weet darem hoe lyk 'n ding wat groot is nê?

*Wat gaan hier aan dat hier niks aangaan nie?

*Ruk en pluk my, skop my skud my, ek het 'n nagmerrie!

*Ek sal jou klap laat jou ore suis en jy jou ouma aansien vir 'n eendvoël.

*Manne, dit vat 'n man op 'n perd om alles in orde te hou.

Die wonder van die natuur!
Dit sal altyd my groot liefde bly!
Dit kan altyd teen my wang kom skuur,
waarna ek al my sondes sal bely!


PM

O wyse vrou, jy het gekniel by die fontein!   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.