Author Topic: Uit die mond van ons Forummoeder  (Read 13724 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Uit die mond van ons Forummoeder
« on: December 02, 2012, 01:42:19 AM »
Piet Magriet:
Kinders agter in 'n voertuig kan ongelukke veroorsaak. Ongelukke agter in 'n voertuig kan kinders veroorsaak.
 
Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik daarvan.
 
Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig het.
 
Ek haat mense wat honde aanhou. Hulle is ’n klomp sissies wat nie genoeg guts het om iemand self te byt nie.
 
Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand anders dit lankal gedoen het.
 
Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie!
 
As jy vir jouself kan lag dan het jy altyd iets om oor te lag.
 
As jy lyk soos jou paspoort-foto, dan het jy 'n reis nodig.
 
Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op!
 
Hy is so maer, hy lyk soos 'n potlood met 'n handbriek.

Arende vlieg dalk hoog, maar ons muishonde word nooit deur 'n vliegtuigmotor ingesuig nie.
 
Die mens is op aarde geplaas om ’n sekere hoeveelheid werk te doen. Op die oomblik is ek so ver agter ek sal nooit dood gaan nie.
 
Oop bek soos 'n gaar vis!
 
Lang gesig soos ’n bok wat afdraand vreet.
 
Ek is nou so opgewonde soos 'n budgie op steroids!

Ek is nou so lus vir 'n Rennie ek eet sommer 'n pastei.
 
Jy's so skeel jy kyk jouself diep in die oë!
 
Van sit of staan bly lê die lekkerste.
 
Hy is so maer, as hy langs 'n wit muur loop lyk dit soos ’n kraak wat beweeg!
 
Hy is so skelm, hy bid onder 'n skuilnaam.
 
Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks.
 
Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.
 
Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lotto nommers verkeerd in.
 
Ek is so kwaad, ek soen sommer 'n pofadder oopbek.
 
Wees gaaf met mense op jou pad boontoe, want jy ontmoet hulle dalk weer op jou pad terug onder toe.
 
Roem kan ook maklik teen jou draai soos in Michael Jackson se geval.

Jou van is Vanhelsdingen en jy maak seker jou broek met 'n geelslang vas.

 "Die pad is lank en swaar!"
Dit wat 'n mens nie doodmaak nie maak jou net sterker
« Last Edit: December 02, 2012, 01:49:53 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Uit die mond van ons Forummoeder
« Reply #1 on: December 02, 2012, 01:51:32 AM »
PM: In my soeke na ander inligting het ek op hierdie lysie afgekom wat ek so met die tyd aanvul. 

Dit is heerlik om te lewe, alhoewel die lewe nie altyd regverdig is nie. 

Wanneer jy onseker is, neem net een klein treetjie.

Geniet die lewe, dit is te kort om ...

Jou werk sal nie na jou omsien as jy siek is nie, jou vriende en familie sal. 

As jy nie skuld maak nie, sal jy niks hê om terug te betaal nie.

Maak vrede met jou verlede sodat dit nie jou toekoms bederf nie.

Dit is goed as jou kinders jou kan sien huil.

Wanneer 'n verhouding geheim gehou moet word, hoort jy nie daarin nie. 

Neem 'n diep asemteug, dit kalmeer die siel.

Raak van alles ontslae wat nie nuttig is nie, rommel skep chaos.

Dit wat jou nie sal doodmaak nie, maak jou net sterker.

Dit is nooit te laat om gelukkig te wees nie, maak die besluit nou.

As jy weet wat jy wil bereik, moenie nee vir 'n antwoord aanvaar nie.

Brand die kerse, moenie die mooi goed bêre vir spesiale geleenthede nie, vandag is jy en jou mense spesiaal. 

Wees goed voorbereid, dan vat jy dit soos dit kom. 

Jy kan maar nou eksentriek wees, moenie wag vir die ouderdom nie, dra daai pers hoed. 

Die belangrikste geslagsdeel is die brein. 

Raam elke ramp met hierdie woorde:  "Sal dit saak maak oor vyf jaar."

Kies altyd om te lewe.

Vergewe, maar moenie vergeet nie, beskou dit as 'n lewensles.

Tyd heel meestal alle wonde.  Gee tyd net tyd.

Dit maak nie saak hoe sleg die situasie is nie, dit sal verander.

Moenie jouself so ernstig opneem nie, niemand anders doen dit nie. 

God is lief vir jou oor wie Hy is, nie oor iets wat jy gedoen, of nie gedoen het nie.

Jou kinders kry net een kindwees. 

Aan die einde is al wat saak maak, die geleentheid wat jy gehad het om lief te mag hê.

Maak nie saak hoe jy voel nie, staan op, trek aan en wees daar.

Gee toe!

Die lewe het nie 'n strikkie om nie, nogtans is dit 'n geskenk. 













 

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Uit die mond van ons Forummoeder
« Reply #2 on: December 02, 2012, 03:39:16 AM »
'n Mens kry geen gek agter 'n groot neus nie.
 
Glip of gly - neem jou besluit!
 
'n Laatperske-gesig - 'n suurgesig.
 
Ek lag my 'n boggel!
 
Jy het nog vanoggend gelê en poepruik toe werk ek al!
 
Daar is egter goed wat die wit waks uit my irriteer!
 
Ek is so deurmekaar soos 'n vlooi op 'n warm stoofplaat!
 
Dit lyk mos nou na 'n vendusie-vetkoek, bedoelende dit is plat en het nie baie vleis in nie.
 
Hy het 'n pie soos 'n vendusie-os.

Hy het bakore soos 'n rugby-trofee, of 'n nagmaalbeker.
 
Met daardie bakbene sal hy nie 'n vark kan vang nie.
 
Wye neusgate soos 'n briesende bul.
 
Met die agterent in die botter val – groot geluk oorkom.
 
Een se brood is ‘n ander se dood – wat ‘n nadeel vir een persoon is, is ‘n voordeel vir ‘n ander.
 
Buig of bars – dit maak nie saak hoe nie, dit moet gedoen word.
 
Die bul by die horings pak – om ‘n moeilike taak aan te pak.
 
Jy ken ‘n boom aan die vrugte wat dit dra – iemand se dade spreek van sy karakter.
 
Hy het iets op sy brein – hy praat aanhoudend oor dieselfde onderwerp.
 
Ek voel dit aan my broek se naat – ek is oortuig daarvan.
 
Wat nie wil buig nie sal breek – ‘n mens moet toegewend wees of die gevolge dra.
 
Iemand om die bos lei – om iemand te bedrieg.
 
Jy lyk ‘n mooi bog – jy sal dit nie kan doen nie.
 
Een blinde kan nie ‘n ander blinde lei nie – ‘n onkundige persoon kan nie iemand help wat niks weet nie.
 
‘n Boom het altyd ‘n skaduwee – ouers het ‘n groot invloed op hulle kinders.
 
Hulle het dit nie breed nie – hulle is arm.
 
Hulle sit onder een bos – hulle stem saam met mekaar.
 
Jouself te buite gaan – Jy het dit oordoen –nie jou mate geken nie.
 
Die koeël is deur die kerk en die ouderling is gekwes – die skade is klaar gedoen en dit kan nie meer herstel word nie.
 
Kolmuis vreet wasgoed - gesê van iemand wie se broek styf tussen die boude intrek
 
So oud soos my hande maar nie so oud soos my tande nie.

Die kortste pad tussen twee mense is ’n glimlag.
 
Lag is ’n magneet – dit trek ander mense na jou toe aan.
 
Lag is verniet (dit kos niks).
 
Lag lekker uit jou maag – dis goed vir jou maagspiere.
 
Mense van alle kulture en tale kan slegs een ding – ’n glimlag – verstaan.
 
Wees gaaf met mense op jou pad boontoe, want jy ontmoet hulle dalk weer op jou pad terug onder toe.
 
Eintlik is daar net twee soorte vriende, goeie vriende en slegte vriende. Goeie vriende het jy nodig en slegte vriende het jou nodig.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Uit die mond van ons Forummoeder
« Reply #3 on: December 02, 2012, 04:13:22 AM »
As PM kattarag raak.

Is indrukwekkend nou wat gebeur as 'n mens viagra gebruik?

Jan van Stootgare van Riemruk, 'n klein plasie op die oewer van Sannieshof, was 'n indrukwekkende man.  Hy was 'n diepsinnige man met 'n onblusbare passievolle lustigheid wat  telkemale 'n euforiese gevoel by hom gelaat het na so 'n katarsis.  Hy kon ook katastrofaal en katatonies in een sin gebruik.  Dit het vir hôm verruklik sin gemaak.  Seg hy altyd, dit het hom baie gehelp om nie gramstorig te raak of katalekties te voel nie. 
Die storie sal vervolg word. 

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Uit die mond van ons Forummoeder
« Reply #4 on: December 02, 2012, 06:51:22 AM »
Piet Magriet:
'n tuin sonder 'n boom ...  is soos 'n voël sonder 'n nes!

'n Mens kan die dolle stilte steek met 'n dolk

Oud maar nog lank nie koud nie! (Snow on the mountain top and fire in the valley!)
 
Haar voorgee is nou op 6.  Sy klop die manne "six love".

Eish!  Solank my snor net nie langer as Hannes s'n is nie!

Hoekom laat WW my nou dink aan sewevingerblaartjies?

Gee vir my 11 uit tien.  Een afgetrek vir foute!

Ek tel al my sente. Die spaarvarkie se stertjie hang al op die grond!

Hulle sê die lewe begin wanneer 'n mens geen verantwoordelikheid het meer nie.

Dan vra hulle my hoekom drink ek,  dan vertel ek hulle,  dan drink hulle saam!

Lyk my dit is nog 'n "sonde" wat nie vir 'n mens opgeskryf word nie,  jy kry jou straf sommer dadelik

Solank jou tokkel en jou toeter nog werk is alles reg!

Wat tickle jou tokkel?

Flip,  my alie het al my pantie vol gate gevreet!

Ek "kata" maar met die stoflap en mop.

Ek is te swaar vir ligte oefeninge en te lig vir "swaar" oefeninge.

Ek drink net een glasie wyn.  Dan is ek 'n ander mens,  en daai ou kan suip!

Tien vingers en al is ek so alleen soos ek en myself! 

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Uit die mond van ons Forummoeder
« Reply #5 on: December 02, 2012, 06:53:47 AM »
*Ek is die bier in my man se wynglas!

*Ons kon werk dat die miere ons bewonder het!
 
*Wat praat jy van bloomers? My se ma het altoos gesê ek is 'n late bloomer
 
*Hierdie stories laat my altyd diep met die hand in die boesem, want ek is mos baaaaie "slim"!
 
*Toe "takt" uitgedeel is, was ek te ver agter in die ry om iets te kry. Daar was 'n groot stel babbabottels,  twee varkies in 'n sak en 'n scrootch neus oor,  en dit is wat ek gekry het!

*Ek is nou so dikbek ek praat met niemand nie!  *stamp my voet en gooi al my speelgoed op die grond!*

*Julle ouens moet nou nie die kar voor die pêre sit nie. 
 
*Dalk skiet ek net droë kolle op plekke waar dit nog nat is.
 
*Ek dink my muse is terug Uranus toe!

*Ek het 'n broek vol planne vir hulle!
 
 *M sê,  Parraguai is nie ver van Holland af nie,  maar ek dink nie jy kan een van die twee sien as jy op jou kop staan nie.
 
*Ek is soooo gelukkig!  My wange kry nie kans om roes strepies te kry nie.
 
*Flip Flippie, firkkadel! Julle is my hart se punt!
 
* Dierbare mense.  Lief hulle stukkend!  In repe!  Dan draai ek my verlang in die repies toe!

*Ek verjaar vlinders uit my hart uit!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Uit die mond van ons Forummoeder
« Reply #6 on: December 02, 2012, 07:11:49 AM »
Ek is nie 'n snob nie, maar ek is ook nie 'n gomgat nie.
 
Wil nou nie soos 'n nat koeksister klink nie ...

Erkenning is ook maar net deel van 'n gesonde samelewing.
 
Ek sou tog wat wou  gee om iets werd te wees toe ek nog 'n snotneus was!
 
Ek is nou nie 'n ou wat 'n klomp cokedoppies op my lapel wil vassteek,  soos Idi Amin nie!
 
As ek gesuie raak wil ek net almal liefie en dan vra ek baie gou mooi askuus tog asseblief!  
 
Ek laat my nie twee keer nooi vir 'n ou doppietjie nie!  

Ek het my hogere hakskoene aangetrek dat die ou enkeltjie darem nie te kort val nie!
 
Ek het vyf kilo's opgetel hierdie vakansietyd!   Erg,  my plooie is skoon skaam!
 
Ek voel soos 'n sersant majoor wat op die ouens staan en skrou!!!!!   Ek hou niks daarvan nie!
 
My gewete hou my uit die slaap uit Miss Piggy, die drank wil nie meer werk nie!
 
Die reën speel tjopsticks op die dak
 
Vanaand slaap ons tien soorte nagmerries uit hul skuiltes uit!
 
Ek wil nou nie dwars wees nie,  maar vir my begin die hemel net daar waar die aarde ophou.  Onder ons voete!
 
Jy sal verbaas wees hoe vinnig die "tyd in 'n jet ry" op ons ouderdom.
 
wie loer kry niks,  wie gryp kry alles!

Draai haar arm!  Net nie af nie hoor!

Ek het nogal so 'n gevoel aan my gewasse dat ek dalk 'n ding daar beet kan hê!

Totale eensaamheid is wanneer ek daardie "Show uread posts since last visit" druk en daar is niks

007: Sustertjie wag daar 'n verrassing vandag op jou as jy daardie 'show unread posts' druk hehehe. Sal wat wil gee jou geliefde ou gesiggie te kon sien. Julle woorde is (weereens) bewaar!!! Lief jou stikkint! Dankie vir die voorreg dat ek jou humorsin lyn vir lyn kan bewaar vir die volgende geslagte.
« Last Edit: December 02, 2012, 07:16:33 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Uit die mond van ons Forummoeder
« Reply #7 on: December 02, 2012, 07:24:07 AM »
*Kuberselfmoord : Om jou profiel te verwyder op 'n forum. Die woord het sy oorsprong gehad na 007 haarself op 'n krul getrek het en die woordmandjie gaan verpand het vir dooswyn  :icon_bigsmurf: 

*Kabouterlyntjie: Ek lag vir kleinkind  (2 en half)  hy hoor 'n speg skree en sê:  Ouma,  hoor die gooltjie.  Dit is 'n v... v... voëltjie, sê ek.  Na-aap hy,  'n v... v... v... gooltjie! Die mannetjie praat nog steeds van "spinneskoppe".   

* O hallie ha!!!  Ek is soooo gelukkig, my enkels hang nog in my pantoffels!

* As jy vir my laat weet het dit gaan soooo sleg,  het ek 'n plan gemaak om vir jou jou eie stel valstanne te kry!

* Ouderdom is niks,  dit kan 'n mens nog oorsien, maar gespletenheid is regtig 'n nare ding!

* Ek lag so, die snot en trane kleef aan die skerm

* Slaat my dood maar ek noem jou nie op daai naam nie.  Not 'n sokkie!

* Kom laat die ouma van al wat 'n kleinkind is nou vir jou die hele waarheid vertel.

* Jy verdien dit!  Dit is nie sommer net jam ommie bekkie nie!

* Jy is so flink soos 'n swaeltjie!

* Mooi man,  ons kap it flou!

* Dit gaan baie beter,  my twak het bietjie droog geword.
 
* Is jy nog so kalm soos 'n daggawalm?

* Sodom en Gamorra,  hier kom ons.

* Muskiete byt hier dat dit bars,  ek belowe jou,  hulle skiet raak, nie mis nie.

* My dom ken geen perke nie!

* My Frans is so na as Grieks as wat Zulu aan Sweeds is.

* Sy weet mos nie wanneer haar karretjie ratte wissel nie!

* Julle weet mos ek verstaan gou as jy lank verduidelik.

* Ek wens jy kan my ogies sien blink!  Ek moet nou net versistis is anders kry ek dronkverdriet!

* PM hou net nie van twis en korswil nie,  gatskeer is uiters goed, dan moet die ander party net nie dink dit is 'n stywe stok in 'n krom derm nie.

* Sarkasme is die eerste tekens van 'n verrotte brein.

* Daar is 'n dun lyn tussen humor en vulger.

* Niks koek en tee en Hollandse katte nie! Net Afrikaanse katte en verdwaalde GPS'se.

* Ons wekkers leef op voëlsaad en hulle het ons nog nooit een oggend in die steek gelaat nie.


Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Uit die mond van ons Forummoeder
« Reply #8 on: December 02, 2012, 08:29:29 AM »
 :icon_biggrin: ek het dit nou geniet en plek-plek ook gedink. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Uit die mond van ons Forummoeder
« Reply #9 on: December 02, 2012, 12:24:59 PM »
O jy is soooo reg Raaitjie!  Wat 'n heerlike verrassing om al die bydraes te sien en te lees.   :notworthy:
Dit het die kersie op die tuiskoms geplaas! 
Die beste huis is ons eie huis en die beste tuis is om tuis te wees!  (Altwee begrippe is van toepassing.)

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Uit die mond van ons Forummoeder
« Reply #10 on: December 03, 2012, 02:53:04 AM »
"The Queen of hearts" het eendag gesê mans is soos ‘n pak kaarte.
Jy het ‘n “heart” nodig om hom lief te hê.
‘n “diamond” om hom te trou.
‘n “club” om sy kop inmekaar te slaan en
‘n “spade” om hom mee te begrawe.
Ek wonder of dit is hoekom sy die koningin van harte was?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Uit die mond van ons Forummoeder
« Reply #11 on: December 03, 2012, 03:50:39 AM »
Die eerste ding wat ek in die oggend doen is om seker te maak dat my naam nog in gelid staan in die ABC.  Lyk my nie so as ek al hierdie lees nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Uit die mond van ons Forummoeder
« Reply #12 on: December 03, 2012, 03:53:51 AM »
Tussen jou woorde skyn die son altyddeur  :love7: daarom volg ek jou soos 'n skaduwee met die woordmandjie oor my skouer gedrapeer.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Uit die mond van ons Forummoeder
« Reply #13 on: December 03, 2012, 04:00:28 AM »
Tussen die woordmandjie, oor jou skouer gedrapeer, en jou pen, krul ek altyd snoesig op en koester elke woord teen
my hart.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Uit die mond van ons Forummoeder
« Reply #14 on: December 04, 2012, 12:53:03 AM »
PM: Ek voel dalk blou maar ek is nie blond nie!
Wat in my mores lê, sal net elke more self kan vertel.

 :love7: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Uit die mond van ons Forummoeder
« Reply #15 on: December 04, 2012, 08:20:28 AM »
As jy vir kinders net gee en gee, leer jy hulle om bakhand te staan.
As jy vir kinders net doen en doen, leer jy hulle om lamgat te sit. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Uit die mond van ons Forummoeder
« Reply #16 on: December 05, 2012, 12:32:11 AM »
Die oumense het gesê: Niks verniet nie en baie bietjie vir 'n tiekie!
Myne is: Om te weet is om te verstaan!

Ek sê ook altyd: Jou goeie vriend in tye van voorspoed, is jou grootste vyand in tye van nood.
Dit beteken 'n mens se gewete kla jou slegs aan nadat jy iets verkeerd gedoen het.

Ek dink elkeen van ons sou baie dinge anders gedoen het as ons 'n kristalbal gehad het om te sien wat die toekoms inhou. En oe! Hoe wens ek dat ek ses maande gelede 'n kristalbal gehad het!

My lewe het 'n Woeste Woes draai gegooi, ek is nog besig met die kaskarresies! My wange bult uit om elke draai en my hare staan stokstyf in die wind!

'n Mens kan weer wind in 'n pap siel inblaas, maar geen gepoets gaan 'n slap siel se lewe red nie.

As jy 'n kruiwa is kom jy nêrens as jy nie gestoot word nie. As jy 'n sleepwa is, kom jy nêrens as jy nie getrek word nie. Soggens verkies ek om 'n kruiwa te wees, maar as die son sak, dan wil ek 'n sleepwa wees. Saans wil ek getrek raak.

.... anders raak ek so eensaam dat die wind deur my waai.

Ek het altyd 'n gesegde wat ek uit my duim gesuig het: Kinders is kinders, myne of joune, hulle is maar almal dieselfde.

My mammie se gesegde: 'n Ander se genade is 'n helsegenade.


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Uit die mond van ons Forummoeder
« Reply #17 on: December 05, 2012, 12:34:22 AM »
*My oupa was mos 'n matroos en my ouma het gesê ons moet die taal bevorder.

*Die huis het stewige fondasies en die mure is so dik soos my bo-been.

*Het jy nie geweet ek werk vir SAL nie? Ek skop hul vliegtuie aan die brand, elke dag!

*Ek weet darem hoe lyk 'n ding wat groot is nê?

*Wat gaan hier aan dat hier niks aangaan nie?

*Ruk en pluk my, skop my skud my, ek het 'n nagmerrie!

*Ek sal jou klap laat jou ore suis en jy jou ouma aansien vir 'n eendvoël.

*Manne, dit vat 'n man op 'n perd om alles in orde te hou.

Die wonder van die natuur!
Dit sal altyd my groot liefde bly!
Dit kan altyd teen my wang kom skuur,
waarna ek al my sondes sal bely!


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Uit die mond van ons Forummoeder
« Reply #18 on: December 05, 2012, 08:31:00 AM »
O wyse vrou, jy het gekniel by die fontein!   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.