Author Topic: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA  (Read 21745 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« on: October 12, 2012, 07:50:07 AM »
Liewe Maters,

Hier is geleentheid vir ons forum om betrokke te raak by 'n bekendmakingsveldtog vir 'n goeie doel. Die voorsitter van PHSA is ernstig opsoek na iemand wat ken help om hulle blad in Afrikaans te vertaal. Ek het aangebied om dit hier na die forum te bring  :love7: dalkies kan ons help?

As hierdie foto te onduidelik hier vertoon kontak my per epos en ek stuur vir jou die oorspronklike blaai aan. Het dit reeds vir onse forum moedertjie aangestuur wat dadelik haar hulp aangebied het. PM ons lieffffff jou. Watter pragtige voorbeeld stel jy nie vir ons almal.

 :love7: :notworthy: :icon_salut:

« Last Edit: October 12, 2012, 10:33:35 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #1 on: October 12, 2012, 10:14:59 AM »
Raaitjie, het jy nie die webtuiste se skakel nie?  Dit kan dalk help.

Julle ouens, ek het probeer, kom help asseblief as julle iets kan verbeter.  

PHSA is geregistreer as 'n nie-winsgewende-organisasie.

By baie pasiente is Pulmonale Hipertensie gewoonlik 'n voortdurende (permanente) toestand.
PH sal nie vanself verbeter of verdwyn nie en alhoewel mediese behandeling of medisyne baie doeltreffend is om die toestand te beheer, kan dit nie PH genees nie.  
Die simptomatiese behandeling deurmiddel van medikasie, help pasiente om beter te voel.  
Dit help pasiente om makliker asem te haal, werk moegheid teë, beperk watersug (edeem), verlig die gevoel van benoudheid en kan help met borspyne.
Medikasie stel pasiente met Pulmonale Hipertensie daartoe in staat om liggaamsoefeninge te doen en 'n beter kwaliteit lewe te lei.
Dit verleng lewens.  

PHSA het fondse dringend nodig om pasiente te help om medikasie te koop wat dikwels nie deur mediesefondse gedek word nie.  PHSA is geregistreer as 'n organisasie wat nie wins maak nie.

PHSA se doelwit is om pasiente met hierdie toestand, bymekaar te bring,  
om opleiding te verskaf en die algemene publiek bewus te maak van PH.
PHSA wil 'n daadwerklike verskil maak aan pasiente se lewenskwaliteit.
Enige bydrae - hoe klein ookal - sal ons help om ons doelwit te bereik.  
Dit is u bydrae wat ons in staat sal stel om ook 'n nuusbrief uit te gee, webtuiste te onderhou, bepleiting- en bewusmakingsprogramme en ander belangrike inligting te sirkuleer.

Hoop, ondersteuning en kennis, skep geleenthede.

As u meer inligting wil hê, gaan na die webtuiste:

Donasies kan gemaak word by:

PHA  Suid Afrika
ABSA  BANK
Tjek rekening
Rekening nommer:  4077933068
Takkode:  632005
N1 City Branch
« Last Edit: October 15, 2012, 08:18:52 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #2 on: October 12, 2012, 10:26:44 AM »
Duisend en tien dankies sover matertjie  :love7: :notworthy: Hier is hulle webtuiste:
www.phsa.co.za

Ek sien daar is nog een blaadjie met fotos op. Ek sal kyk of mens kan uitmaak wat op dit staan as ek die foto copy soos vorige een. Dit is op hulle FB. Hier is die skakel:
https://www.facebook.com/#!/photo.php?fbid=517542638260882&set=a.517539784927834.134822.504797102868769&type=1&theater
« Last Edit: October 12, 2012, 10:24:31 PM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #3 on: October 12, 2012, 10:51:11 AM »
Hier is Denneys se versoek soos dit op FB verskyn:

Vriende en Familie, wil u graag PHSA help? Dis min gevra, maar ek soek iemand asseblief wat KAN!!! Ons wil graag die bewoording op ons bewusmakings pamflet in AFRIKAANS ook kan deel! Julle slimmes in my FB vriendekring, ek vra julle hulp asseblief!!!! Stuur asseblief vir my in Boodskap of e pos my op niemandts@iburst.co.za
 
DANKIE, Dit sal NoPHember 'n spesiale PH bewusmakings maand maak!!


*Ek het die agterkant van die blaai in drie dele gecrop. Dalk lees dit makliker so





« Last Edit: October 12, 2012, 10:24:09 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #4 on: October 12, 2012, 11:14:13 AM »
Dankie vir hierdie inligting.  Dit is waardevol en laat 'n mens beslis beter verstaan.  

Hier is die ander gedeelte.  Julle ouens, dit is 'n ernstige saak en kom help asseblief om dit perfek te kry.  

Die doelwit van PHSA - The Pulmonary Hypertention Association of South Africa

Die regte van PH-lyers te bepleit, stemme te verwerf,  wetgewing en beleid in plek te kry om hierdie regte te beskerm.

Maatreëls te bevorder en te ondersteun wat die toestand sal voorkom, wat gevalle van PH en die ernstige gevolge daarvan sal verminder.

Navorsing te doen en beleid te formuleer vir PH om sodoende bekwame diens te lewer.

Die algemene publiek te leer en bewus te maak aangaande PH.

Ondersteuningsgroepe te begin en te lei, ter ondersteuning van pasiente met verskillende behoeftes in verskillende areas.

Deur middel van uitgebreide programme die bestuur te bekwaam.

Hulpbronne in plek te kry vir aanwending ten behoefte van die organisasie.  

Die algehele funksies van die organisasie, asook die geaffilieerde takke, te monitor en te bereken.

Netwerk en vorm strategiese vennootskappe met ander rolspelers.

Koördineer 'n nationale-databasis van pasiënte.

Verhef die uitvoerbaarheid van die organisasie en verseker gesonde leiding. (beheer?)

Om al bogenoemde regmatig toe te pas soos voorgeskryf deur die wet op "Non Profit Organisations Act" van 1997 en klousule 30(1) van die "Income Tax Act" wet 58 van 1962.

PHSA-BESTUUR

Mnr. Denneys Niemandt - Voorsitter
E-posadres:  niemandt@iburst.co.za
« Last Edit: October 13, 2012, 05:51:33 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #5 on: October 12, 2012, 10:27:55 PM »
Ek het omtrent kop gekrap oor wat is die korrekte titel vir iemand wat so organisasie hanteer,  :icon_bigsmurf: kon net 'president' onthou. PM, toe ek jou pragtige vertaling kry sien ek die woord wat my ontwyk het: Voorsitter. Kom verander ek gou die benaming by al ons plasings.

Dankie liefste forum moedertjie vir jou passie, liefde en omgee. Die vertalings is puik gedoen  :hello2: :notworthy: :icon_salut:
« Last Edit: October 12, 2012, 10:31:28 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #6 on: October 13, 2012, 04:58:28 AM »
Hy kan seker die president ook wees matertjie.  Ek het net op die vormpie gesien "chairperson" maar hulle sal die geleentheid kry om self te verander waarmee hulle nie gelukkig is nie.  Eers wil ek hier vir almal vra om asseblief te help om dit reg te ruk.  

Hier is die laaste gedeelte:

WAT IS  PULMONALE  HIPERTENSIE
Pulmonale Hipertensie is 'n siekte wat die slagare in die longe vernou en sodoende 'n verhoogde bloeddruk in die longe veroorsaak.
Die nagevolg is dat die hart vergroot en dit kan lei tot hartversaking.
Dit kan met enige persoon gebeur, ongeag die ouderdom, geslag, sosiale- of etniese-afkoms.

DIE  HART  EN  SIRKULASIESTELSEL
Om Pulmonale Hipertensie beter te begryp, sal dit help om die sirkulasiestelsel te verstaan.
Die funksie van die regterkant van die hart is om bloed sonder suurstof, vanaf die liggaam, in die regterhartvoorkamer op te neem. Vanaf die regterhartvoorkamer vloei die bloed deur die trikuspidale klep na die regterhartkamer. Hier word dit deur die pulmonale klep gepomp en vloei dit deur die longslagaar na die longe. In die longe word koolstofdioksied uit die bloed gesuiwer en suurstof in die bloed in opgeneem. Die linkerkant van die hart ontvang die bloed ryk aan suurstof, van die longe, na die linkerhartvoorkamer.  Van die linkerhartvoorkamer beweeg die bloed na die linkerhartkamer en word dit van daar na die hele liggaam versprei.

Die skets toon aan (in blou) suurstofarmbloed wat van die hart na die longe gepomp word.
In rooi word die suurstofrykbloed van die longe na die hart gepomp.

Gedurende oefening klop die hart vinniger om meer suurstof na die spiere deur te stuur.  Terselfdertyd sit  die longslagare wat  bloed na die longe vervoer uit, om meer bloed deur te laat.  Die are in die longe rek effens.
Die longslagare van die persone wat aan Pulmonale Hipertensie ly, is nouer en kan dus nie soveel rek as wat nodig is nie.

DIE  LONGSLAGAAR  BY  'N  GESONDE  PERSOON

Die longslagaar reageer op die vinniger hartklop deur te rek om sodoende meer bloed deur te laat.

DIE  LONGSLAGAAR  BY  'N  PERSOON  WAT  PULMONALE  HIPERTENSIE  HET

Die vernoude longslagaar het nie die vermoë om genoegsaam te rek in reaksie van die vinniger hartklop nie.

By 'n persoon met Pulmonale Hipertensie moet die hart nou baie harder werk om die bloed deur die vernoude longslagaar te pomp.  Wanneer die hart oor 'n lang tydperk soveel harder moet werk, werk dit nie meer so effektief nie.

SIMPTOME  VAN  PH  KAN  ONDERMEER  INSLUIT:

Ademloos of kort aan asem wat vererger word deur aktiwiteit.
Gedurige gevoel van moegheid.
Lighoofdigheid, veral wanneer gestaan word, of wanneer trappe geklim word.  
Geswelde enkels, bene en/of maag.
Borspyn, veral wanneer fisiese aktiwiteit plaasvind.
Pasiënte kan ook flou word.

SLUIT  AAN  BY  PHSA

As jy of een van jou geliefdes aan Pulmonale Hipertensie ly, kan ons vir jou inligting, ondersteuning, hoop en 'n geleentheid bied om aktief betrokke te raak by PHSA.

PHSA (Pulmonary Hypertension Association South Africa) is gestig deur pasiënte vir pasiënte.  Ons is hier vir jou as 'n bron van inligting, ondersteuning, samelewing en hoop.  Ons pasiënte is ingelig, het begrip, is 'n inspirerende groep mense wat gretig luister en hul eie ervarings deel.

Die Pulmonale Hipertensie-gemeenskap is geskoei op persoonlike verhale van pasiënte, versorgers, vriende, familie en mediese span.    Al hierdie verhale is kragtige gereedskap om die algemene publiek in te lig oor Pulmonale Hipertensie en bewusmaking te bevorder.  

Elkeen van ons het 'n storie om te vertel.  Jou stem en jou storie is belangrik vir ons.  Die eerste stap van bewusmaking van Pulmonale Hipertensie aan die wêreld, begin by jou.  Saam staan ons sterker en kan ons meer doen.  Om lid van PHSA te word beteken dat jy help om 'n verenigde gemeenskap, oor die land, daar te stel.

Ons wil jou graag leer ken. Sluit vandag nog by ons aan.  

Om aan 'n rare siekte te ly kan soms eensaam wees, maar jy is nie alleen nie.  Deur uit te reik na ander wat elke dag met dieselfde kwessies leef, wat in dieselfde situasie is en soortgelyke ervarings deel, sal jy kennis maak met 'n gemeenskap wat inligting en ondersteuning kan bied, asook hoop vir die toekoms.

Lees van ander Pulmonale Hipertensie-gemeenskapslede se ervarings en deel ook jou ervarings met ons.

Pulmonary Hypertension South Africa
Webtuiste:  www.phsa.co.za
Telefoonnommer:  021 9308362  
Selfoonnommer:    082 5204129
E-posadres:  niemandts@iburst.co.za
Faxnommer:  086 6951916
« Last Edit: October 15, 2012, 01:09:51 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #7 on: October 14, 2012, 05:20:26 PM »
Hier kom val ek nou eers in die bus - as ek dalk herhaal vergewe - want ek gaan nou moet vinnig lees om te in the haal  :love7:

Ek sou eerder sê : PHSA is geregistreer as 'n nie-winsgewende organsisasie

Ek het so 'n jaar terug nog vir Yade in Bloemfontein gehelp met hulle website - dit word nou deur iemand anders gedoen
maar dis die bewoording wat hulle ook gekry het om te gebruik by die Department of Social Development  ... kyk op hulle webtuiste : http://www.yade.org.za/index.php?option=com_content&view=article&id=24&Itemid=25

Raaitjie, het jy nie die webtuiste se skakel nie?  Dit kan dalk help.

Julle ouens, ek het probeer, kom help asseblief as julle iets kan verbeter.  

PHSA is geregistreer as "'n geenwinsorganisasie".

By baie pasiente is Pulmonale Hipertensie gewoonlik 'n voortdurende (permanente) toestand.
PH sal nie vanself verbeter of verdwyn nie en alhoewel mediese behandeling of medisyne baie doeltreffend is om die toestand te beheer, kan dit nie PH genees nie.  
Die simptomatiese behandeling deurmiddel van medikasie, help pasiente om beter te voel.  
Dit help pasiente om makliker asem te haal, werk moegheid teë, beperk watersug (edeem), verlig die gevoel van benoudheid en kan help met borspyne.
Medikasie stel pasiente met Pulmonale Hipertensie daartoe in staat om liggaamsoefeninge te doen en 'n beter kwaliteit lewe te lei.
Dit verleng lewens.  

PHSA het fondse dringend nodig om pasiente te help om medikasie te koop wat dikwels nie deur mediesefondse gedek word nie.  PHSA is geregistreer as 'n organisasie wat nie wins maak nie.

PHSA se doelwit is om pasiente met hierdie toestand, bymekaar te bring,  
om opleiding te verskaf en die algemene publiek bewus te maak van PH.
PHSA wil 'n daadwerklike verskil maak aan pasiente se lewenskwaliteit.
Enige bydrae - hoe klein ookal - sal ons help om ons doelwit te bereik.  
Dit is u bydrae wat ons in staat sal stel om ook 'n nuusbrief uit te gee, webtuiste te onderhou, bepleiting- en bewusmakingsprogramme en ander belangrike inligting te sirkuleer.

Hoop, ondersteuning en kennis, skep geleenthede.

As u meer inligting wil hê, gaan na die webtuiste:

Donasies kan gemaak word by:

PHA  Suid Afrika
ABSA  BANK
Tjek rekening
Rekening nommer:  4077933068
Takkode:  632005
N1 City Branch

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #8 on: October 14, 2012, 05:35:31 PM »
Die persoon in beheer van 'n NPO kan wees :

The president / Die president (dikwels die Founder member of een van die Founder Members)
The Director / Die Direkteur  (gewoontlik maar die een)
Chief Executive Officer  / Hoof-Uitvoerende Beampte
 

The Chairman / Voorsitter - gewoontlik van 'n klub - soos die digters klub ens.
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #9 on: October 14, 2012, 06:33:36 PM »
My nursing background laat my die woorde eerder so wil lees - ek edit sommer PM sin :-)  kyk net na my SPELLING asb

LET OP julle het die rooi en blou bloed omgeruil - rooi gaan weg van die hart - blou kom na die hart

Dan is ek ook nie seker of die longslagaar hier van ter sprake is nie, maar eerder die longare - ek sal met 'n dr vriend van my check - hy is 'n hart/long specialis en hy korrek baie keer my Afrikaans vir my ...   (Raaitjie stuur vir my die oorsprongklike documente wat vertaal moet word - dan sal ek die vraag vir hom aanstuur) - Dr Roy Spammer

Ek sou ook glad nie PH gebruik om Pulmonale Hipertensie mee af te kort nie - meeste mense sal dit verwar mt PH- die suur gehalte van die liggaam/plant of swembad - dis ook hoekom ons nie MS vir Moebius Syndrome gebruik nie - meeste mense dink onmiddelik aan Multiple sclerosis

As ek reg verstaan - is hierdie 'n bewysmakings veldtog en om inligting bekend te maak - skryf dus die woord liewers uit as om mense te laat dink aan : The pH scale measures how acidic or basic a substance is.  of PulHip (Afr)  PulHyp (Eng)  kan dalk werk :-)  net 'n voorstel



Hier is die laaste gedeelte:

WAT IS  PULMONALE  HIPERTENSIE

Pulmonale Hipertensie is 'n siekte van die longslagare wat verdiking van die longslagare tot gevolg het en sodoende 'n verhoogde bloeddruk in die longe tot gevolg het. Dit het die nadelige gevolg dat die hart vergroot en kan lei tot hartversaking. Dit kan met enige persoon gebeur, ongeag die ouderdom, geslag, sosiale- of etniese-afkoms.

DIE  HART  EN  SIRKULASIESTELSEL

Om PULMONALE  HIPERTENSIE beter te begryp sal dit help as jy deeglik kennis van die sirkulasiestelsel dra.
Suurstofarmbloed word op die skets in blou aangetoon.  Suurstofarmbloed word van LONGE NA DIE HART gepomp. (longe vul bloed met suurstof)
Suurstofrykbloed  word in rooi aangetoon. Suurstofrykbloed word van die HART na die LONGE gepomp. [/b]

Gedurende oefening klop die hart vinniger om meer suurstof na die spiere deur te voer.  
Terselfdertyd sit  die longare, wat  bloed na die longe vervoer, uit (in ander woorde : rek bietjie uit)  om meer bloed deur te laat.  
'n Persoon met PULMONALE  HIPERTENSIE, se longare is verdik en kan dus nie voldoende uitrek nie.


DIE  LONGAAR  van  'N  GESONDE  PERSOON (ek mag verkeerd wees - maar dit voel eerder of dit van 'n gesonde persoon moet lees)

Die longaar reageer op die vinniger hartklop deur te rek om sodoende meer bloed deur te laat.

DIE  LONGAAR  BY  'N  PERSOON  WAT  PH  HET

Die verdikte longaar het nie die vermoë om genoegsaam te rek in reaksie op die vinniger hartklop nie.

'n persoon met PULMONALE  HIPERTENSIE  se hart moet baie harder werk om die bloed deur die verdikte longaar te pomp.  'n Langdurige tydperk van die toestand het tot gevolg dat die hart minder effektief funksioneer.


SIMPTOME  VAN  PULMONALE  HIPERTENSIE  KAN  ONDERMEER  INSLUIT:

Asemloos of kort aan asem, wat vererger word deur aktiwiteit.
Chroniese moegheid.
Lighoofdigheid, veral wanneer staan of  as trappe geklim word.  
Geswelde enkels, bene en sels die  abdominale gebied.
Borspyn, veral wanneer fisiese aktiwiteit plaasvind.
Floutespels

SLUIT  AAN  BY  PHSA

As jy of een van jou geliefdes aan Pulmonale Hipertensie ly, kan ons vir jou inligting, ondersteuning, hoop en 'n geleentheid bied om aktief betrokke te raak by ons gemeenskap.

PHSA (Pulmonary Hypertension Association South Africa) is gestig deur pasiënte vir pasiënte.  Ons is hier vir jou as 'n bron van inligting, ondersteuning, samelewing en hoop.  Ons pasiënte is ingelig, het begrip, is 'n inspirerende groep mense wat gretig luister en hul eie ervarings deel.

Die Pulmonale Hipertensie -gemeenskap is geskoei op persoonlike verhale van pasiënte, versorgers, vriende, familie en mediese span.    Al hierdie verhale is kragtige gereedskap om die algemene publiek in te lig oor Pulmonale Hipertensie  en bewusmaking te bevorder.  

Elkeen van ons het 'n storie om te vertel.  Jou stem en jou storie is belangrik vir ons.  Die eerste stap van bewusmaking van Pulmonale Hipertensie aan die wêreld, begin by jou.  Saam staan ons sterker en kan ons meer doen.  Om lid van PHSA te word beteken dat jy help om 'n verenigde gemeenskap, oor die land, daar te stel.

Ons wil jou graag leer ken. Sluit vandag nog by ons aan.  

Om aan 'n rare siekte te ly kan soms eensaam wees, maar jy is nie alleen nie.  Deur uit te reik na ander wat elke dag dieselfde bootjie roei, sal jy kennis maak met 'n gemeenskap wat inligting en ondersteuning kan bied, asook hoop vir die toekoms.

Lees van ander Pulmonale Hipertensie-gemeenskapslede se ervarings en deel ook jou ervarings met ons.

Pulmonale Hipertensie Suid Afrika
Webtuiste:  www.phsa.co.za
Telefoonnommer:  021 9308362  
Selfoonnommer:    082 5204129
Vonkpos:  niemandts@iburst.co.za
Faxnommer:  086 6951916

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #10 on: October 15, 2012, 12:15:42 AM »
Duisend dankies vir elkeen se bydrae en hulp sover. PH is 'n erkende afkorting van die toestand Pulmonary Hypertension Willa, en word wereldwyd gebruik. Daar is talle dokters en spesialiste wat nog nooit 'n pasient gehad het met hierdie toestand. Daarom het die PH organisasies hulle self die taak opgele om mense in te lig rondom hierdie terminale toestand.

Dit is vir my 'n riem onder die hart dat ons die voorreg het om ons klein deeltjie by te dra deur hierdie inligtings blaai van Denneys hulle in Afrikaans te help vertaal.

Doet voort!!  :love7: :notworthy: :icon_salut:
« Last Edit: October 15, 2012, 04:08:24 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #11 on: October 15, 2012, 12:51:22 AM »
Dat dit 'n erkende afkorting is - stry ek nie - nes MS vir Moebius Syndrome

maar dit gaan mos oor 'n veldtog om bewus te maak - dus wil mens die onnodige vervaaring of verkeerde aannames vermy ...

MS word met Multiple Sclerosis geasosieer - en omdat ons Moebius Syndrome awareness campaigns run - gebruik ons glad nie MS vir Moebius Syndrome nie - alhoewel dit 'n Internationale erkende afkorting vir Moebius Syndrome is.  Maar so is dit ook vir Multiple Sclerosis wat meer bekend is. 

Dus om die gedagtes te bepaal en te focus op Moebius Syndrome - skryf ons liefs die woord voluit.

Daarom het ek net voorgestel, of genoem dat as PH my bewusmaaking veldtog was - ek glad nie van PH as afkorting sou gebruik maak nie - omdat meeste mense (selfs medisie - eerder aan die PH-balance van die liggaam o.a. sal dink - eerder as Pulmonary Hipertension

Pulmonary Hipertension is 'n lang woord - so mens sou dit natuurlik wou afkort en daarom stel ek voor: PulHip (Afr)  PulHyp (Eng)

DIS NIE "N MOET NIE - NET "N VOORSTEL UIT DIT WAT ONS MET MOEBIUS SYNDROME GELEER HET.  Ons het nog nie 'n afkorting vir Moebius Syndrome nie - ons skryf dit maar eerder uit .  Ons het MoeSyn oorweeg - maar omdat die algemene publiek geen idee het van Moebius Syndrome nie en meeste medisie ook glad nie - behalwe pediaters wat spesiliaseer en gewoontlik die diagnose maak ... het ons besluit om in al ons pamflette en leeswerk die diagnose voluit te skryf/tik ... sodat imprint on the mind of the reader ...

skies vir my rooi en boer deur mekaar ...  :icon_scratch:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #12 on: October 15, 2012, 03:36:30 AM »
Ek verstaan jou punt mater maar die terme word wereldwyd gebruik en in Afrikaans is dit ook die eerste letter van elke woord wat gebruik word vir die afkorting (Pulmonale Hipertensie) en kan verwarring geskep word as ons dit nou verander.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #13 on: October 15, 2012, 03:48:34 AM »
 :toothy4:  Ek sou eerder maar die lang pad neem en die woord uittik .. maar dis nou ekke daai :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA
« Reply #14 on: October 15, 2012, 08:13:24 AM »
Baie dankie vir jou inset Wils.  Ek kon om die dood toe nie onthou wat is die regte benaming vir 'n organisasie wat nie wins maak nie. Baie dankie vir jou hulp, ek sal dit so verander.

Ja, ek het 'n fout gemaak, suurstofRYKbloed word na die liggaam versprei.  Ek sal weer aandag daaraan moet gee.

Die funksie van die regterkant van die hart is om bloed sonder suurstof, vanaf die liggaam, in die regterhartvoorkamer op te neem. Vanaf die regterhartvoorkamer vloei die bloed deur die trikuspidale klep na die regterhartkamer. Hier word dit deur die pulmonale klep gepomp en vloei dit deur die longslagaar na die longe. In die longe word koolstofdioksied uit die bloed gesuiwer en suurstof in die bloed in opgeneem. Die linkerkant van die hart ontvang die bloed ryk aan suurstof, van die longe, na die linkerhartvoorkamer.  Van die linkerhartvoorkamer beweeg die bloed na die linkerhartkamer en word dit van daar na die hele liggaam versprei.

Ek kan nie help om te glimlag oor PH nie.  Dit is soos PM, kan staan vir "na-middag" of PM9- batterye en as jy die S byvoeg (PMS) kan dit weer 'n heel ander wending neem.  :icon_biggrin:
Ek dink ons sal hier raad moet kry by Denneys.  Ek stem saam met Raaitjie dat dit moeilik sal wees om dit nou te verander.  Skryf dan liewers die woorde heeltemal uit en dit is so, herhaling laat die woorde vassteek. 

Dankie vir jou hulp.  Dit wys maar net weer, hoe meer koppe hoe meer vreugde!  :headbang:





Om te weet is om te verstaan.