Eerstens 'n groot kniebuig aan PM vir die wonderlike reaksie op hierdie versoek. Met jou vertaling en die raad/hulp van Willa, kon ek vandag die vertaalde poging hersien en is dit nou moontlik om sover moontlik, 'n volledige samestelling daarvan, vir PHSA voor te hou:
PHSA IS GEREGISTREER AS 'N NIE-WINSGEWENDE ORGANISASIE. By baie pasiënte is Pulmonale Hipertensie gewoonlik 'n voortdurende (permanente) toestand.
PH sal nie vanself verbeter of verdwyn nie en alhoewel mediese behandeling of medikasie baie doeltreffend is om die toestand te beheer, kan dit nie PH genees nie.
Die simptomatiese behandeling deurmiddel van medikasie, help pasiënte om beter te voel, om makliker asem te haal, dit werk moegheid teë, beperk watersug (edeem), verlig die gevoel van benoudheid en kan help met borspyne. Medikasie stel pasiente met PH in staat om fisieke oefeninge te doen, 'n beter kwaliteit lewe te lei en om lewens te verleng.
PHSA is geregistreer as 'n nie-winsgewende organisasie en benodig fondse om pasiënte te help met die betaling van behandeling en medikasie - onkostes wat dikwels nie deur mediesefondse gedek word nie.
Dit is u bydrae wat PHSA in staat sal stel om ook 'n nuusbrief uit te gee, webtuiste te onderhou, bepleiting- en bewusmakingsprogramme en ander belangrike inligting te sirkuleer.
Enige bydrae - hoe klein ookal - sal ons help om ons doelwit te bereik. U ondersteuning maak dit moontlik vir PHSA om pasiënte met hierdie toestand, bymekaar te bring, om opleiding te verskaf en die algemene publiek bewus te maak van PH; en 'n daadwerklike verskil te maak aan pasiënte se lewenskwaliteit.
Donasies kan gemaak word by:
PHA Suid Afrika
ABSA BANK
Tjek rekening
Rekening nommer: 4077933068
Takkode: 632005
N1 Stad Tak
DIE DOELWIT VAN DIE PULMONALE HIPERTENSIE ASSOSIASIE VAN SUID AFRIKA*Om die regte van PH-lyers te bepleit, stemme te verwerf, wetgewing en beleid in plek te kry om hierdie regte te beskerm.
*Maatreëls te bevorder en te ondersteun wat die toestand sal voorkom, wat gevalle van PH en die ernstige gevolge daarvan sal verminder.
*Navorsing te doen en beleid te formuleer vir PH om sodoende bekwame diens te lewer.
*Die algemene publiek te leer en bewus te maak aangaande PH.
*Ondersteuningsgroepe te begin en te lei, ter ondersteuning van pasiënte met verskillende behoeftes in verskillende areas.
*Deur middel van uitgebreide programme die bestuur te bekwaam.
*Hulpbronne in plek te kry vir aanwending ten behoefte van die organisasie.
*Die algehele funksies van die organisasie, asook die geaffilieerde takke, te monitor en te bereken.
*Netwerk en die vorm van strategiese vennootskappe met ander rolspelers.
*Koördineer 'n nationale-databasis van pasiënte.
*Verhef die uitvoerbaarheid van die organisasie en verseker gesonde leiding/beheer.
*Om al bogenoemde regmatig toe te pas soos voorgeskryf deur die wet op "Non Profit Organisations Act" van 1997 en klousule 30(1) van die "Income Tax Act" wet 58 van 1962.
PHSA-BESTUUR
Mnr. Denneys Niemandt - Voorsitter
E-posadres: niemandts@iburst.co.za
*Leuse onder aan fotos: Hoop, ondersteuning en kennis, skep geleenthede.
AGTERKANT VAN DIE BLAAI:WAT IS PULMONALE HIPERTENSIE?Pulmonale Hipertensie of PH, is 'n seldsame bloedvatsiekte in die longe. Dit kan met enige persoon gebeur, ongeag die ouderdom, geslag, sosiale-of etniese-afkoms. Lyers van hierdie toestand word geteister deur volgehoue hoë druk in die pulmonêre slagare in die longe, wat daartoe lei dat die slagare toetrek, vernou en verhard en die suurstofvloei na die hart belemmer word. Dit veroorsaak vergroting van die hart en kan lei tot hartversaking.
Die hart en sirkulasiestelselOm PH beter te begryp, sal dit help om die sirkulasiestelsel te verstaan. Soos voorgestel in die diagram, pomp die hart suurstofarmbloed na die longe waar dit suurstof opneem. Suurstofarmbloed word gewoonlik aangedui in blou, en suurstofryke bloed wat van die longe terug vloei word dan ook gewoonlik in rooi voorgestel.
*Hierna volg die diagram van die hart en longe met byskrifte.
Gedurende oefening klop die hart vinniger om meer suurstof na die spiere te stuur. Terselfdertyd sit die longslagare wat bloed na die longe vervoer uit, om meer bloed deur te laat. Die are in die longe rek effens.
Die longslagare van die persone wat aan Pulmonale Hipertensie ly, is nouer en kan dus nie soveel rek as wat nodig is nie.
*Diagram van areDie longslagaar van 'n gesonde persoon Die longslagaar reageer op die vinniger hartklop deur te rek om sodoende meer bloed deur te laat.
Die longslagaar van 'n persoon met PHDie vernoude longslagaar het nie die vermoë om genoegsaam te rek in reaksie van die vinniger hartklop nie.
By 'n persoon met PH moet die hart nou baie harder werk om die bloed deur die vernoude longslagaar te pomp. Wanneer die hart oor 'n lang tydperk soveel harder moet werk, werk dit nie meer so effektief nie.
Simptome van PH kan ondermeer die volgende insluit:Benoud- en kortasemheid wat vererger word deur aktiwiteit.
Gedurige gevoel van moegheid.
Lighoofdigheid, veral wanneer gestaan word, of wanneer trappe geklim word.
Geswelde enkels, bene en/of maag.
Borspyn, veral wanneer fisiese aktiwiteit plaasvind.
Pasiënte kan ook flou word.
SLUIT AAN BY PHSAAs jy of een van jou geliefdes aan Pulmonale Hipertensie ly, kan ons vir jou inligting, ondersteuning, hoop en 'n geleentheid bied om aktief betrokke te raak by PHSA.
Die Pulmonale Hipertensie Assosiasie van Suid Afrika (PHSA) is gestig deur pasiënte vir pasiënte. Ons is hier vir jou as 'n bron van inligting, uitreiking, ondersteuning en hoop. Ons pasiënte is ingelig, het begrip, is 'n inspirerende groep mense wat gretig luister en hul eie ervarings deel.
Die PH gemeenskap is geskoei op persoonlike verhale van pasiënte, versorgers, vriende, familie en mediese spanne. Al hierdie verhale is kragtige gereedskap om die algemene publiek in te lig oor Pulmonêre Hipertensie en bewusmaking te bevorder.
Elkeen van ons het 'n storie om te vertel. Jou stem en jou storie is belangrik vir ons. Die eerste stap van bewusmaking van PH aan die wêreld, begin by jou. Saam staan ons sterker en kan ons meer doen. Om lid van PHSA te word beteken dat jy help om 'n verenigde gemeenskap, oor die land, daar te stel.
Ons wil jou graag leer ken. Sluit vandag nog by ons aan.
Om aan 'n rare siekte te ly kan soms eensaam wees, maar jy is nie alleen nie. Deur uit te reik na ander wat elke dag met dieselfde kwessies leef, wat in dieselfde situasie is en soortgelyke ervarings deel, sal jy kennis maak met 'n gemeenskap wat inligting en ondersteuning kan bied, asook hoop vir die toekoms.
Lees van ander PH gemeenskapslede se ervarings en deel ook jou ervarings met ons.
Pulmonary Hypertension South Africa
Webtuiste:
www.phsa.co.zaTelefoonnommer: 021 9308362
Selfoonnommer: 082 5204129
E-posadres: niemandts@iburst.co.za
Faxnommer: 086 5010245