• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vertaling in Afrikaans gevra deur die voorsitter van PHSA

Started by Meraai vannie Baai, October 12, 2012, 08:50:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#31
Denneys het gevra dat ek hulle dank aan ons Forum Moeder oordra.  :notworthy: :icon_salut: Die veranderinge wat hulle graag wou he, is nou aangebring. Onder andere die veranderde Faksnommer en die korrekte e-pos adres (dankie PM vir jou skerp oog) as niemandts@iburst.co.za en die bank tak as N1 Stad Tak.  

So pas gehoor die vertaling is reeds deurgestuur na Pfizer om die grafiese ontwerpe by te sit  :notworthy: :hello2: :icon_salut:

PM

Gaaf!  Dit was lekker om te kon help Raaitjie.  Dankie vir die boodskappie.  Sal graag een wil hĂȘ as dit klaar is. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Die groooot dank moet aan jou gaan matertjie. Dit was 'n massiewe poging en ekke het met groot trots en liefde dit oorgedra  :love7: :notworthy: :icon_salut: Sal vir hulle se ons soek elkeen 'n blaadjie!

Meraai vannie Baai

#34
PM ekke lig my hoed en knak die knieg. Jy het dadelik aan die werk gespring met vertaling toe ek die versoek hier kom vasmaak het. Liefffff vir jou matertjie. Jy is 'n inspirasie en voorbeeld vir ons almal. Hier is die proefpamflet van die drukkers af:






PM

Dit is 'n pronkstuk Raaitjie!  Hannes seg as dit reg is (die essie weer op sy plek) moet jy weer 'n voorbeeld stuur dan maak hy afdrukke by die werk en deel dit daar vir almal uit.  Dit sal nog 'n druppel in die emmer wees vir die bewusmakingsveldtog. 

Dit was 'n voorreg om te kon help matertjie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Weet jy PM, ek dink wat ons moet doen is om Denneys te vra om vir jou 'n pamflet te pos dat julle die oorspronklike het om van afdrukke te maak matertjie. Dit sal wonderlik wees. Staan nader jy en Hannes dat ek tog net drukkkkkkies kan gee  :love7:

PM

Dit sal gaaf wees dankie Raaitjie.  Hulle is ver oor 'n duisend werknemers en as net 10 persent  dit lees, maak dit beslis 'n verskil. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek het hom jou skakel na jou FB voorblad gegee en hy se sodra die pamflette terug is van die drukkers sal hy BESLIS kontak maak met julle. En vir julle pamflette aanstuur. Hy het gedink die forum is hier in Aus. Toe se ek nee julle is in SA en soos ek jou ken gaan jy en Hannes 'n magtige verspreidingspoging aan die gang sit. Denneys se hy wil homself knyp om alles te glo wat besig is om te gebeur  :love7: :notworthy:

PM

Ons wens hom baie sterkte toe en sal help waar ons kan.  Ons polisieforum het ook talle afrikaanssprekende lede en net in ons sektor het ons al oor die ses honderd radios.  Ons kom gereeld bymekaar en sal met graagte ook daar pamflette uitdeel. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :notworthy: :hello2: :icon_salut: Trippel WOW matertjie!!! Ek het Denneys hulle laat weet en dit is WONDERLIKE nuus vir hulle!!