Toe ons die begin van die jaar ons badkamer verander het - bad uitgehaal en stort en nuwe toilet ingesit - het ons besluit op 'n toiletbak wat in die muur ingebou is. Dit het 'n paneel teen die muur wat jy druk om te laat spoel. Kan no 1 of no 2 spoel. Met my rug sukkel ek om op 'n lae toilet te sit, so ons het dit effens hoër ingebou. Dit staan ook nie op die vloer nie, so 'n mens kan maklik daaronder skoonmaak.
So 'n lang uitgerekte proses laat 'n mens so moedeloos, dat jy net wil handdoek ingooi en seg dat dit nou genoeg is. Ek is 'n gebore "fighter" en Hannes sal liewers handdoek ingooi as om deur die proses te werk.
Ek voel net dit is nie reg nie. Die modder/water is 'n half meter deur ons huis en al die kaste het nat geword tot by die eerste rak. Uit die aard van die saak kan 'n mens nie net die onderste paneeltjies (kick plates) vervang nie.
Die teëls is beskadig met die grawe waarmee die modder uitgeskep is. Hoe gaan ek ooit daarmee kan saamleef? Hoekom vervang hulle die matte, maar die vloerteëls is nie deel van my versekering nie? Nee man, ek is te dom om dit te verstaan.
Die assessor het erken dat daar nie barste in die mure was nie, die eerste keer toe hy hier was na die vloed, maar nou dek my versekering dit nie, want dit is nie so omskryf in my polis nie. Hoe verstaan 'n mens dit?
Maar ag wat, ek dink julle is al so moeg om te luister na my gesanik, ons sal maar weer voor begin en kyk wat gebeur.
Ek persoonlik is nie 'n ou vir matte nie. Dit word te gou vuil en matwas is nie 'n grap nie. 'n Mens kan onder teëls ook verwarming laat doen. Ek sou dit eerder verkies. Ek besef egter dat dit koud en klinies voorkom.
Gelukkig laat Hannes my ook altyd kies. Ek probeer tog om so te kies dat hy ook daarvan hou. Ons woon mos saam in dieselfde huis.
Sterkte my matertjies, ek weet hoe moeilik dit is.