Author Topic: huisbou nr 3  (Read 11022 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
huisbou nr 3
« on: October 05, 2012, 05:31:16 PM »
So het die bouers aangegeen en gestop en weer gepik hier en daar en toe verlede week die vloer se beton gegooi en hierdie week verder gebou.

So lyk dit in prente verhaal.

Die hout vloere is uit gehaal en die bouer en sy pa bespreek die werk.





Die gewels is ook uitgebou



Die pleister word van die binne mure wat vuur gehad het, afgekap



Sand opvul en vasstamp







Uiteindelik kon die beton afgelewer word





Nou wag ons eers vir die beton om hard te raak



Die wagtyd is ook verby en daar kan met die binnemure se bouery begin word





Vandag is die dakkappe opgesit



Hulle wil maandga die elektriek werk begin en seker dinsdag met die loodgieterwerk en teen Woensdag dak opsit en dan pleister.

Ek en die vrou is al gatvol van teëls en badkamer goed uitsoek, maar idt moet ook gedoen word.

 




Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: huisbou nr 3
« Reply #1 on: October 05, 2012, 11:36:16 PM »
Dit vorder fluks Stoffeltjie  :notworthy: :hello2:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: huisbou nr 3
« Reply #2 on: October 06, 2012, 06:40:32 PM »
Dit begin weer na huis lyk. Ek is so bly dat julle al so ver kon vorder.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: huisbou nr 3
« Reply #3 on: October 07, 2012, 05:07:41 AM »
Dinge gebeur nou vinnig.  Dit is 'n beslommernis om alles uit te soek, maar dit is ook die begin van die einde. 
Ons jongste en sy gesin het gister die dag saam met ons spandeer, onder die avoboom.   :icon_biggrin:
Die gesprek het weereens daaroor gegaan dat 'n mens nie vergoed kan word vir trauma en ongerief nie.  Gelukkig is julle nou fluks aan die vorder en een van die dae is julle weer terug in julle huis. 
Dit klink maklik, maar ek weet daar moet nog baie water in die see loop.  Sterkte en baie dankie vir die foto's. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: huisbou nr 3
« Reply #4 on: October 07, 2012, 10:36:23 AM »
Dis waar PM vir trauma en sentimentele verlies kan mens glad nie vergoed word nie en rerig ook nie vir die goed wat hulle uitbetaal. dit help en troos darem.

Ek dink dit tel in ons guns dat dit 'n uitgerkete proses was want as mens nog nie die trauma kon verwerk het en dan die assuransie ook nog in jou nek blaas om die nodige besluite te doen en begin papiere te teken gaan jy beslis iewers voel ek is ingeloop want ek het nei die kans gehad om te wag om nugter te dink nie.

die ergste met die nuwe goed koop is ek weet wat ons gehad het maar nou seg vrou bv kom ons kyk na bedkopstukke dan kyk ek na iets at daar was en sy wil iets anders hê. Ek gee glad nie om as sy iets anders wil hê nie maar dan wil ek nie saam gaan meubels of wat ook al soek nie want gewoonlik tel die man se opinie glad nie. ek gee ook nei om as my opinie tel nie dis haar huis en haar besluit wat en hoe dit moet wees. ek besluit net oor hoe groot die stort moet wees ( ek het ook die badkamer se muur 670 mm geskuif om dit groter te maak) wat se kraan in die stort en 'n gat in die muur uitgesny vir seepbak. dan seg ek ook dat die toilet so moet wees dat jy jou hand onder kan inkry om die sitplek se skroewe te kan vervang. somige is so toegebou dat mens gald nei daaraan kan werk nie en na 20 jaar gaan dit stukkend gesit wees.

Verder worry ek nie oor die teels op mure op vloer bedekking nie, ( is uitsluitlik die vrou se belsuit) ek sal net graag mat in die kamers wil hê oor teels te koud en hard is en dan wil ek ook in ons badkamer onderteel verhitting hê en ondermat verhitting in die kantoor en dlak al die slaapkamers, hang af wat die insit daarvan kos.




Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: huisbou nr 3
« Reply #5 on: October 07, 2012, 12:05:04 PM »
Toe ons die begin van die jaar ons badkamer verander het  - bad uitgehaal en stort en nuwe toilet ingesit - het ons besluit op 'n toiletbak wat in die muur ingebou is.  Dit het 'n paneel teen die muur wat jy druk om te laat spoel.  Kan no 1 of no 2 spoel.  Met my rug sukkel ek om op 'n lae toilet te sit, so ons het dit effens hoër ingebou.  Dit staan ook nie op die vloer nie, so 'n mens kan maklik daaronder skoonmaak. 

So 'n lang uitgerekte proses laat 'n mens so moedeloos, dat jy net wil handdoek ingooi en seg dat dit nou genoeg is.  Ek is 'n gebore "fighter" en Hannes sal liewers handdoek ingooi as om deur die proses te werk. 

Ek voel net dit is nie reg nie.  Die modder/water is 'n half meter deur ons huis en al die kaste het nat geword tot by die eerste rak.  Uit die aard van die saak kan 'n mens nie net die onderste paneeltjies (kick plates) vervang nie. 
Die teëls is beskadig met die grawe waarmee die modder uitgeskep is.  Hoe gaan ek ooit daarmee kan saamleef?  Hoekom vervang hulle die matte, maar die vloerteëls is nie deel van my versekering nie?  Nee man, ek is te dom om dit te verstaan. 
Die assessor het erken dat daar nie barste in die mure was nie, die eerste keer toe hy hier was na die vloed, maar nou dek my versekering dit nie, want dit is nie so omskryf in my polis nie.  Hoe verstaan 'n mens dit?
Maar ag wat, ek dink julle is al so moeg om te luister na my gesanik, ons sal maar weer voor begin en kyk wat gebeur. 

Ek persoonlik is nie 'n ou vir matte nie.  Dit word te gou vuil en matwas is nie 'n grap nie.  'n Mens kan onder teëls ook verwarming laat doen.  Ek sou dit eerder verkies.  Ek besef egter dat dit koud en klinies voorkom.
Gelukkig laat Hannes my ook altyd kies.  Ek probeer tog om so te kies dat hy ook daarvan hou.  Ons woon mos saam in dieselfde huis. 
Sterkte my matertjies, ek weet hoe moeilik dit is. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: huisbou nr 3
« Reply #6 on: October 07, 2012, 07:34:15 PM »
Heng daai versekerng maak nie vr y sin wat die assesor vir julle vertel nie. DIe hele huis is mos vir alle skade gedek, nie waar nie?

Ons polis omskryf nei alle tierlantyntjies van die husi nie, dis omvattend als wat agterly as ons trek is deel van die huis konstruksie en dis als gedek maak nie saak hoe hoe dit beskadig word nie.

Vra hom of hy en sy vrou tevrede sal wees om in so 'n half gelapte huis te bly na julle klomp geld spandeer het om dit mooi te maak.

Het jy al die versekerings ombudsman oorweeg?

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: huisbou nr 3
« Reply #7 on: October 08, 2012, 05:57:21 AM »
Hi PM, AB..
Ek onthou die dag toe ons daar was, pas nadat dit gebrand het.
Alles het nog na brand geruik. Die verslaentheid en hartseer was nog vlak.
En die vyeboom.  Die vyeboom het moedig gestaan en haar ryp vrugte aangebied ten spyte van haar wonde.
Sy staan nog steeds.  En splinternuwe mure is besig om van die grond af te verrys en sal eersdaag getooi wees in 'n nuwe rok.
Die nuwe dak sal julle weer beskerm teen son en reen. 
Hou moed.

PM, moenie ophou veg vir jou regte en vir dit wat jou toekom.  Julle het betaal daarvoor.  Maandeliks. Getrou.
Teels kan koud lyk, maar met 'n mooi kelim daaroor kan dit heerlik warm lyk.
Hou moed.  Elke dag wat verby is, is 'n dag nader aan die eindproduk.

Groete
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: huisbou nr 3
« Reply #8 on: October 08, 2012, 08:04:11 AM »
Ons het gisteraand besluit dat ek van vandag af elke vertrek sal neem en 'n teeneis insit.  Ons het omvattende versekering, nie gedeeltelik nie.  Dan moet hulle punt vir punt staaf hoekom hulle nie wat betaal nie en dan gaan ons ombutsman toe. 
Die goed wat agterbly as mens trek, sluit dit die sekuriteitsisteem en die sprinkelbesproeiing in?   :icon_biggrin:
Ek lag, want volgens my assessor toe nie. 

Hi Engeltjie, dit is heerlik om jou weer raak te lees.  Ek onthou hoe lekker ons saam gekuier het.
Ons sal aanhou veg.  Dit is al amper vier maande, maar dan kan ons mos nog vier maande uithou.  Intussen sal ek na al die papierwerk maar begin om self reg te maak.  Dit moet tog gedoen word, maak nie saak wie daarvoor betaal nie. 


Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: huisbou nr 3
« Reply #9 on: October 13, 2012, 04:00:16 AM »
lyk my daai assesor is nie juis sy werk werd nie.

By ons word selfs die gordyn reëlings as deel van die huis gesien en is nie deel van die goed wat jy inpak waneer jy trek nie.

Klink amper of hy wil hê jy moet jou huis ook saamneem as jy trek?

Vra hom sommer reguit waarom skram hy so weg van om iets te laat uitbetaal, het die maatskappy wat so spog waneer jy jou maandelikse premie betaal dan nou skielik nie geld nie?

Ja Angeleik daai tyd was die wonde nog rou, maar nou begin ons jeuk om weer terug na ons eie plek te trek, sal eintlik vreemd en baie lekker wees om weer op ons eie werf te woon.

Nou die dag het hulle die hout vloere uitgebreek en ek vra toe die assesor wie se hout is dit en hy seg al die goed wat uit die huis kom is myne. Nou wil ons meubels laat maak daarvan. hier naby is iemand wat in sy vrye tyd meubels maak.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: huisbou nr 3
« Reply #10 on: October 13, 2012, 04:28:51 AM »
Ek sal graag die eindproduk wil sien AB.  Daar in die Kaap maak die ouens die mooiste houtmeubels, maar dit is so duur, nie elke ou kan dit bekostig nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: huisbou nr 3
« Reply #11 on: October 26, 2012, 06:20:30 PM »
ek vergeet elke dag om my kamera saam te neem.

die dak is op
binne mure vadag gepleister, more em maandag buite mure en dan vloer topping
vlg week die vensters insit
seker die week daarna die vloer bedekkings doen en o ja mandag met die loodgieter werk begin.

klink of ons darem voor die jaar se krismis daar kan intrek
« Last Edit: October 26, 2012, 06:23:00 PM by AB »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: huisbou nr 3
« Reply #12 on: October 27, 2012, 06:13:46 AM »
Wonderlike nuus AB.  Ek is bly dit gaan nou so flink.  Onthou tog die kamera asseblief!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: huisbou nr 3
« Reply #13 on: October 28, 2012, 01:25:43 PM »
het vanoggend die fotos geneem. so lyk dit nou al........

vorder stadig maar seker






Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: huisbou nr 3
« Reply #14 on: October 29, 2012, 04:42:07 AM »
WOW julle vorder! Lyk sommer al spiekeries man. Dankie vir die deel mater  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: huisbou nr 3
« Reply #15 on: October 29, 2012, 07:55:58 AM »
Ja-nee, een van die dae!  Dankie AB. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: huisbou nr 3
« Reply #16 on: October 29, 2012, 01:28:11 PM »
vandag het ons die aliminuim vensters gekry wat ons in die deel wat nie gebrand het nie, gaan vervang. begin môre daarmee en hoop dis vrydag klaar. sal dan weer i kikie neem.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: huisbou nr 3
« Reply #17 on: October 29, 2012, 03:05:32 PM »
Dankie AB.  Ek dink dit gaan baie mooi lyk. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: huisbou nr 3
« Reply #18 on: October 30, 2012, 10:40:40 AM »
Soms kom die lewe en slaat mens plat laat die tande so trek.
Dan staan mens weer op en begin weer bou ... steentjie vir steentjie

is dit nie awesome om te sien hoe die nuwe huis lewe kry nie!! 

ek wag net hier om vordering dop te hou en eind resultaat in te neem  :coffee2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w