• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

My Ouma Naas

Started by PM, August 23, 2012, 03:41:37 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Dit was 'n wonderlike voorreg om haar te ken.  Ons het die mooiste herinneringe en sal dit koester. Alhoewel dit hartverskeurend is, is ons baie dankbaar dat Ouma Naas van haar pyn en lyding bevry is. Ons sal altyd met liefde en baie laggies aan haar dink.  Sy het vir ons ongelooflik baie nagelaat om aan vas te kleef. 
Dankie aan Naas en Elmarie wat haar tot op die einde onderskraag het. 
Naas ons hou julle styf in ons harte en hoop julle sal krag kry om hierdeur te kom matertjie.  Sterkte.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ons innigste simpatie aan Naas, Elmarie en almal wat geraak is deur hierdie liefste ou mensie se afsterwe. Toevoukombersie vir ieder en elk  :love7:

PM

Hier sit ek en Hannes nou elkeen met 'n glasie rooiwyn in die hand en kyk hoe sak die son.  Toe praat ons oor mense en hulle dinge en ons praat . . .
Ons praat van rykes, geleerdes, gesienes en ons kom weer tot die slotsom dat eenvoud, opregheid en eerlikheid ver weg die wenner is.  Ons noem 'n voorbeeld:  My ouma Naas.  Ouma Poppie was een van daai. 
Ouma Poppie kon hertzoggies gebak het wat eerste prys wen. 
Sy het vir my (en ek is 'n dik bus) 'n langmourok gebrei wat tot op my voete hang. 
Ek en Hannes bring vandag weer hulde aan 'n pragtige wonderlike mensie - ons ouma Poppie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek het haar (en almal hier) nog nooit persoonlik ontmoet nie maar julle het so diep in my hart gekruip asof ons bloedfamilie is. Ek sal nooit die eerste foto wat ek van ouma Naas gesien het, vergeet nie! Haar persoonlikheid het deur die kiekie gestraal. Lig my glasie saam met jou en Hannes mater.

PM

Dankie sustertjie, sy was 'n merkwaardige mensie.  Haar vermoe om 'n gedig op te se, so uit haar kop uit, het my stom geslaan.  Sy het net altyd goed gepraat van almal en was so dankbaar vir alles wat almal vir haar gedoen het.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.