• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

My Ouma Naas

Started by PM, August 23, 2012, 03:41:37 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

So dankbaar om te lees dit gaan beter. Ry veilig seblief matertjie!!

PM

Ouma Naas is by die huis en sy sê baie baie dankie vir al julle liefdegroete, blommetjies en drukkies.  Sy waardeer dit baie.  In ruil stuur sy vir julle al die liefde wat sy in haar hart het.  Sy sê dankie dat ons vir haar hande vat, dit maak haar  STERK!
More pak ek en Hannes vir haar 'n groot mandjie lekkernye namens die forum en gaan lewer dit by haar af.  Dan kuier ons nog 'n hond-uit-'n-bos-uit-kuier by haar. 
Naas, vir jou en Elmarie sê ons baie baie dankie dat julle haar so goed versorg.  Baie dankie vir al die opofferings wat julle maak.  Ons weet dit is met liefde, maar ons weet ook dit is nie maklik nie. 

Vir ons is dit regtig 'n groot voorreg om saam te mag kuier.  Ons is tevrede. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ekke het 'n strik gevou - in ouma Naas se geliefkoosde kleur, vir die mandjie PM. Gee Naas en Elmarie ook 'n spesiale drukkie van ons almal diekant van die aardbol asb en ook vir jou en Hannes. Ons is bevoorreg om engele in ons lewe te he  :love7:

PM

Baie dankie Raaitjie.  Daardie strik is die toppunt.  Ons lief jou.
Om te weet is om te verstaan.

Marius


PM

Dankie Marius.  Dit het begin met sommer 'n lawwigheid wat ontaard het in 'n lang ernstige gesprek. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dankie vir almal se liefde en omgee vir Ouma Naas
Pm en Hannes... Julle is Super spesiaal vir die Breytenbach's. Lief julle stukkend.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Naas, julle is Super spesiaal vir die Smitte.  Lief julle stinkend!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Net gou 'n deel van wat aangaan.
Ouma Naas is nog in die hospitaal. Al die vriende en familie het haar Sondag kom groet. Die dokter was seker dat sy nie Sondagaand sou maak nie.
Sy is egter nog met ons. Baie swak. kan nie meer haar hand by haar mond kry nie. Daardie hande wat so baie koekies gebak en uitgedeel het is besig om stil te raak.
Ouma is in en uit soverre dit haar bewussyn betref. Sy kan nie meer haar selfoon gebruik nie. Sukkel geweldig om asem te kry. Lewe van morfien en suurstof en is baie swak.
Het ek al gese dat sy baie swak is.
Ek en Elmarie maak beurte om by haar te wees en my niggie kuier ook gereeld 'n tydjie hier. Ouma wil nie alleen wees nie en soek onmiddelik as sy by is waar ons is.
Ek vra dat julle vir haar bid waar sy een van die mooi dae hierdie blyplek vir die permanente een moet verruil.
Laasnag drieuur vra sy ek moet vir haar 'n Psalm lees. Voor ek die Bybel kan oopkry is sy halfpad deur Psalm 23 gesukkel. Toe sy klaar is smeek sy al hortende dat ons Vader haar asseblief nou moet kom haal want sy kan die pyn nie meer verduur nie.
Vanoggend kan niemand aan haar raak nie want sy kry te seer.
Die Here is haar herder deur die dal van doodskadu... Sy vrees geen onheil meer nie...
:crybaby2:


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

ons kan iemand net vergesel tot by die vlei duskant daardie doodskadu-dal van Ps 23, dan moet ons terugkom as ons Vader so wil he'
sterkte daarmee, Naas en Elmarie en julle ander, julle sal Krag kry, skep soveel jul nodig het, Hy gee dit volop en verniet weg. Ons se' dankie aan Hom vir die vol lewe wat ouma gehad het en vir Sy Genade ...  en as dit nog nie haar dag is nie, dat Hy die pyn gemaklik wegneem en haar vrede en rus gee om eers aan te gaan.

:grommit:
adéle  :grommit:

Gawelina

Baie sterkte. Baie dankie vir die voorreg om haar te kon ontmoet en my lewe so te verryk. Ons dink aan julle.

PM

Ons is baie dankbaar dat ons die geleentheid gegun is om haar te groet Naas.  Ons hou julle elke dag styf teen ons harte.  Sterkte vir julle. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek het ouma Naas nog net op fotos gesien en sy het dadelik in my hart gekruip. Sterkte en omgee vir julle almal mater. My hart gaan uit. Ons bid saam!!

PM

Ek is jammer om vir julle te sê dat Ouma Naas nie meer met ons is nie.  Sy is nou by haar Vader.  Verlos van pyn en smart. 
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Ek is so hartseer. Sy was 'n dierbare mensie. Mag ons Vader vir Naas en die familie vertroos en mag die mooi herinneringe hulle dra in die hartseer tyd.