• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Toeka se kar pryse

Started by bloubefoeterd, August 15, 2012, 03:56:10 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

bloubefoeterd

The Cars of 1974
Aaaahh... those were the days! When you could drive away
with a brand-new Mercedes 230 for just over five grand!
Or pick up a VW Beetle 1600 for a mere R1,995!*
Take a trip down Memory Lane as we roll back the years and
recall the days when motoring was fun and affordable...
Which of these cars did you own back in the days of bell
bottom slacks, disco dancing and those hideous macrame plant hangers?

Audi 100 LS – R3,930


Chevrolet Firenza 1300 – R2,287


Chevrolet 2500 – R3,122


Chevrolet Constantia 5-litre V8 – R5,700


Chevrolet El Camino V8 Pickup – R3,260


Chrysler Valiant Rebel – R3,475


Chrysler Valiant Rustler Pickup – R2,645


Datsun 1200 De Luxe – R2,195


Datsun 1200 ½-ton Pickup – R1,590


Datsun 620 1-ton Pickup – R1,835


Fiat 1300 4-door Mk II – R2,279


Ford Escort 1300 4-door – R2,090


Ford Cortina XLE 3000 V6 – R2,995


Ford Granada 2500 L – R3,399


Ford Cortina 2000 Bakkie – R1,799


Leyland Mini GTS 1275 – R2,280


Austin Apache 1275 – R2,250


Triumph Chicane 2.5-litre – R3,585


Mazda 616 4-door – R2,584


Mercedes Benz 280E A/T – R8,033


Opel Kadett 1200 De Luxe – R2,030


Peugeot 404  – R3,265


Toyota Corona 2000 Mk II  – R3,285


VW Beetle 1600 Std  – R1,998


VW 412 Variant 1600 S/W – R2,895


VW 1600 Kombi – R3,095


Volvo 144S 2-litre – R4,350



PM

Wabba!  Dit was die dae toe my manlief nog R50.00 per maand verdien het.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

My eerste kar. (was nie 'n motor nie, sommer 'n kar.) Austin Mini. Goudgeel. Skuifruite wat op 60 myl per uur wou uitratel. R450
Dit was in 1978. Salaris R38 per maand
Koop nou die dag 'n paar tekkies vir R400.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Met my karige salaris kon ek daai jare so ewe 'n blou Volla bekostig. Sy ligte het net in die dag goed gewerk. Saans was dit te swak. Sweer my pa het 'gedokter' aan dit (soort voorbehoeding LOL) Ek voel nog hoe draai en draai mens aan daardie venster-meghetertjie, was goeie oefening ne. Vandag word ons bedinges lui met knoppies se druk. Een van die dae praat ons seker net: venster oop, venster toe. Hoop dit werk beter as ons not-so-smart-at-all fountjie  :toothy4:

PM

Hannes se eerste karretjie was 'n Renault Dauphine. 'n Groen een.   :icon_biggrin:  Sy pa het dit vir hom gekoop.  As ons gaan veldvliek het, moes ons die baksteen wat hy agter in die kar saamgery het, agter die wiel sit.   :icon_biggrin: Daai jare kon ons nog goed stoot ook.  Die veldfliek het mos sulke walle gehad.  Ons het teen die afdraende geparkeer, want ons moes stoot voor ons kon ry.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :icon_biggrin: en ek het gedink my eerste karretjie was al op haar laaste bene, Ek het die karretjie (die blou vrou) by my boetie ge-erf wat dit oorspronklik by my ouma-hulle gekry het en hulle het dit weer by 'n ander tannie gekoop. 1980 Model wat sodra ek op die grootpad kom so geskud het dat die hefboom of rattewissel dingetjie uitgedraai het teen die waaghaalsige spoed van 80km per uur.  :icon_biggrin: Ek weet nie wat die oorspronklike prys was nie, maar ek het dit so 'n jaar en half terug verkoop aan iemand wat verbygestap en van die karretjie gehou het vir R5000. So duidelik was dit 'n bate en nie 'n lopende uitgawe nie. :-)

PM

O ek geniet hierdie onderwerp!
So 'n kykie in die verlede.   :icon_biggrin:
Fransi, wat maak 'n mens as die rattehefboom uit skud?  :dontknow:
Ek weet ook dat met daardie jare se modelle kon 'n mens nog die motor in die ry afsluit.  Later kon jy dit nie meer doen met alle modelle nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Praat van afsluit... My Mini se sleutel het uitgetrek terwyl die motor aan was sonder om die motor af te sit. So ry ons een aand op die N1 terug Ysterplaat toe na 'n kuiersessie by een van ons skoolmaats. Trek Gustav die sluitel uit en gooi dit by die ruit uit want die kar het dit mos nie nodig nie. Het die kar verkoop met die skroewedraaier wat ek daarna as sluitel gebruik het. Bestuurder se deur met 'n oorlamse slot gesluit soos Mr. Bean.
Maar daai is 'n ander storie vir anderdag.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Wow!  Dinge het darem drasties verander in die laaste 40 jaar.  Ek wonder of Chris Barnard se eerste hartoorplanting iets daarmee te doen gehad het in, ek dink, 1969?
Van die nuwe motors het nie eers meer 'n sleutel nodig nie.

Hannes en Gerhard gaan doen inkopies by Game nadat hulle kruideniersware gekoop het.  Toe hulle tuis kom wil hulle die goed wat hulle sommer op die agterste sitplek gepak het, uithaal.  Weg!  Daar is 'n "megaftertjie" wat die rondte doen, waarmee hulle jou afstandbeheerknoppie kanselleer wanneer jy jou voertuig sluit.  Jy dink dit is gesluit maar dit is nie.  Wees maar gewaarsku, veral as jy 'n Toyota ry. 

Naas, dit is nou anderdag.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

ek is so 'n bietjie mosterd na die maal maar ek het nou eers op hierdie een geland.

ek het altyd gedink die staat betaal swak maar as ek so lees wat julle verdien het in 1978, dan het ek 'n koningin se salaris verdien. ek het in 1972 by die Navorsingsinstituut vir Grond en Besproeiing begin met R98-00 per maand (std 8 salaris want ek wou mos nie leer op skool nie) en toe ek die hereksamen slaag en matriek het, die reuse salaris van R110-00 per maand. ons het ook net in November bonus gekry en die bonus was R130 ongetroud en R260 getroud. toe doen ek aansoek by die destydse Uraan Verrykingskorporasie van SA (UKOR) en ek het die skuif gemaak vir R30/m meer (R330) maar dan moet ek ook se dat ons gratis busvervoer Pelindaba toe had. my eerste kar was 'n 1973 Fiat 124 Special (1400cc) en my Fiat het 'n paar kwale gehad. haar elektriese stelsel het nie wel funksioneer nie en as ek langpad ry en die ligte op skerp sit dan kon ek nie weer dim nie. en dan was my Fiat swaarder op olie en water as op petrol en sy was swaar op petrol - maar miskien hat ek ook 'n swaar regtervoet. en dan die koppelaarkabels! nou se karre sit mens mos sommer die kabel van bo af in maar nie met my Fiat nie. jy moet hom eers bo inhak in die pedaal en dan onder die kar inkruip en die kabel op sy plekkie inbout - 'n nogals moeilike sakie as jy alleen is

PM

Ek geniet steeds jou kennis aangaande voertuie Natalie en al die baie ander onderwerpe ook.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Ek begin as student-verpleegster in 1972 en verdien 'n allemintige salaris van R130.  Na aftrekkings kry ek R97 waarmee ek kan sigarette en seven singles (R1.10 per ss) en buskaartjies na Summerstrand in PE koop. Hele maand lank.  Daardie aftrekkings het jou nurses home lodging en die was van jou uniforms ingesluit.
Ons was RYK!!
Toe in 1975 loop ek en gaan werk by Barclays. Hemel mense, ek kry 'n miljoener-salaris van ... wag hiervoor..... R240!!!
Toe is ek eers ryk.
My eerste kar, in 1985, 'n Mazda 323, kos my R18k splinternuut.  Uit die boks.
elle

PM

Jy praat!  Ons eerste huisie het R20.000 gekos.  Almal het gesê ons is mal soos hase om so 'n verwaarloosde plek te koop.  Dit was al wat ons kon bekostig.  Het soos bandiete daaraan gewerk en 18 maande later vir R36.000 verkoop.  Koop ons toe weer so 'n verwaarloosde plekkie vir R40.000.  Wat kry jy vandag vir R1.5 miloen?

Ek wil reg agteroor slaan as ek sien wat kos motors. 
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

praat van huispryse en hoe uitspattig karpryse is.

ons almal is verslaaf aan die idee van mobiele kommunikasie of dan die selfoon. en ons dink dat ons maar bloot 'n selfoon het maar wat ons inderdaad besit "is a handheld computer with phoning capabilities". in die vroee sewentigs en strakkies bietjie vroeer was die hoofraam rekenaar gesien as 'n baie kragtige instrument wat analises sommer in 'n japtrap uitgespoeg het. ek het by die destydse uraanverrykingskorporasie in 'n laboratorium gewerk en "desktops" was eenvoudig nie vir ons beskore nie. die rekenaars wat daar was, was dedicated to a specific instrument such as an x-ray diffraction spectrometer. toe kom apple met 'n bank rekenaar met die enorme geheue van 4kb wat op floppy was - daar was nie geredelik hardeskywe beskikbaar nie. toe kon jy opgradeer en 'n hardeskyf bysit wat 32kb geheue had. nou sit ons met ons piepklein selfoonrekenaars en ons simkaart se geheue alleen is 64kb met interne geheue kapasiteit van tot 32gigabyte en die opsie om 'n eksterne sd kaart by te sit wat ook 32gigabyte is. ons het mobiel toegang tot die internet en kan tot ons banksake op ons ou selfoontjie doen. en as dan kyk wat ons ou selfoontjie kos as jy hom aankoop - die samsung galaxy mini s3 teen R3900 of die blackberry z10 teen R7000.

AB

praat van selfone, ek kan nog onthou van oproep bespreek van vlottenburg af pretoria toe. dan wag jy dat die sentrale  jou terug bel en jy kan nie lank praat nie daars ander mense wat ook di elyne wil gebruik.