Author Topic: Toeka se kar pryse  (Read 27875 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #15 on: May 03, 2013, 12:09:16 PM »
ek het direk na skool begin werk by die Navorsingsinstituut vir Grond en Besproeiing en ons sentrale was van daardie wat sulke rooi en swart kabels gehad het. as die sentrale foon lui dan druk jy die swart draad in 'n sok en antwoord en sodra jy die uitbreiding het dan druk jy die rooi kabel in die sok ooreenstemmmend met die uitbreiding en dan het jy so 'n skakelaar waarmee jy dan die uitbreiding lui. somtyds was daar swak isolasie op die kabels en dan kry jy so 'n skokkende ervaring. kan julle nog nommer assblief onthou? nou dis presies daardie sentrales. o ja 'n mens kon inluister as jy sou wou. 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #16 on: May 03, 2013, 12:43:01 PM »
Ja, nommer asseblief.   :icon_biggrin:  Twee kortes en 'n lange of wat ook al jou luitoon was.  Ons het ook geweet wie se luitoon wie s'n was.  Lekker ou dae, toe mense nie met fone aan hulle ore geloop het nie.  Jy kon heerlik saam kuier en as jy nie tuis was nie, het jy jou nie bekommer oor wie het jou mis gebel nie.  Jou hart het wel in jou skoene gesak as jy 'n telegram ontvang het as dit nie jou verjaarsdag was nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #17 on: May 03, 2013, 02:37:41 PM »
bestaan daar nog iets soos 'n telegram?

hier in ons omgewing, as iemand by voorbeeld vir piet gebel het op 'n vrydagaand dan seg die sentrale nee wag ek het gehoor piet hulle kuier by koos en dan bel hy vir koos sodat piet die oproep daar kan vat.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #18 on: May 03, 2013, 03:39:22 PM »
Die telegram bestaan nog.  

Dit was wonderlik om in 'n gemeenskap te kon grootword waar almal vir almal omgegee het.  Elke boer het sy produkte met sy vele bure gedeel.  Natuurlik het ons ook ons hartseer en vreugdes met mekaar gedeel en natuurlik was daar die ou tannies wat lekker kon skinder.  Almal moes maar mooi in hul spoor trap, want niks het ongemerk verby gegaan nie.  Dit was wonderlike jare waar die veiligheidshek nog nie bestaan het nie.

Laat ek net by sê, dit was die "varsgebakte-brood-en-regte-botter-dae"!
« Last Edit: May 03, 2013, 03:41:07 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #19 on: May 06, 2013, 09:57:35 AM »
met tuisgemaakte (-kookte) appelkooskonfyt. en geelmielies gekook. en dan is daar vir my niks so mooi soos 'n hoendernes met eiers in binne-in 'n rietbos. en jy het vier chappies vir 'n pennie kon koop maar net twee vicks bubblegum vir 'n pennie. die winkels het een-uur op 'n saterdag gesluit, drankwinkels ingesluit en slegs sekere groentewinkels en kafees was oop op 'n sondag. daar waar voortrekkersweg, solomon straat en frederika straat bymekaarkom was daar aan die westekant 'n bloekom bos en oorkant die pad Galgut's Garage waar my pa sy kar laat diens het - die garage het soos 'n garage geruik! na olie en ghries en petrol en die mechanic het sy hande aan wastecloth afgevee. wie kan nog die ou general dealer winkel op die klein dorpies onthou? daardie winkels het ook sy eie unike reuk gehad - drop lekkers, licorice, le-meel, materiaal, varsgebakte brood. die lekkers - van alle soorte en kleure was in glashouers nes die in kooperasie stories. ons buurman was 'n treindrywer en hy het, nes die padwerkers 'n trommel met halfronde deksel gehad waarin hy sy kos gehou het as hy op sy roete gery het. op die hoek by ons huis was die advertensie bord vir die bioskoop - die Orion. elke nuwe plakaat is sommer bo-op die ou een geplak en so dan en wan het die plakaat plakker eers die ou plakate afgekrap voor hy die nuwe opgeplak het. 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #20 on: May 06, 2013, 12:53:56 PM »
Ek ruik daardie garage!

Ja, die "general dealer"! Met koffiebone-, kerse- en lampoliereuk!  Daar kon jy van 'n spyker tot 'n dooie polisman koop.  Meel wat in "onderbroeksakkies" verpak was.  Dit het ook so baie ander funksies verrig.  Die doekie wat oor die melkemmer gekom het, of die wateremmer met die "soplepel" in waaruit ons water geskep het om te drink of vir die kosmaak.  Dit het ook gewerk vir koffiesakkies in die koffiepot en vadoeke en voorskote en om die melk deur te suig.  Witgoud!
Daardie appelkooslekkers wat 'n mens nooit nooit weer sal kry nie.  Vandag s'n smaak nie so lekker nie.  Nickerballs, met al die kleure! 
Koolstoof met moerkoffie.  In ons huis was daar altyd 'n pot koffie op die koolstoof en 'n ketel kookwater. 

Waar is daardie dae! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #21 on: May 07, 2013, 11:36:35 AM »
siende dat ons nie telvisie had toe ek klein was nie, was ons aangewese op die radio. voor ek skool toe is was my roetine ek moet my ontbyt eet wat maar gewoonlik hawermout, mieliepap of matabela was en dan kon ek nie wag vir die radio om aangeskakel te word sodat ek liewe heksie kon luister. dan het ek saam met ouma die oggend godsdiens geluister. dan was daar radio stilte tot een uur sodat ouma die nuus kon luister. sekere dae was die vloere ge-politoer met cobra waks - ek sal nooit daardie reuk vergeet nie. wie kan nog die ou ricketts blue blokkies onthou wat in die wasgoed spoelwater gegooi is om die wit nog witter te maak - ons het dit sommer blousel geroep. sekere dae het die rondgaande groente mark gery en dit was vir die huisma's 'n groot ding want dan is daar gesels en groente gekoop.

een uur, net na die nuus was daar hospitaaltyd waar 'n mens versoeke kon inbel wat dan vir die siekes in die hospitale gespeel is, dan het esme en jan gevolg met praktiese wenke en dan was daar gewoonlik 'n radio storie van so 'n 15 minute - oupa jasper was een so 'n storie. hier so van half vyf die middag was die radio weer aan met allerhande gebeurlikhede - die nuus in kort met die sport en wat vir my altyd sal bybly is die sokkeruitslae wat ook gegee is so reg uit engeland want die name was vir my so eksoties - man united, spurs, chelsey. en dak ook op sekere dae die perde renne uitslae. ond buurman die treindrywer het perde gespeel by die tote of dan tattersalls en as dit goed gegaan het het hy by ons aangekom en inderdaad 'n paar sopies sterk. as dit nie goed gegaan het nie is die trekklavier nader getrek en dit was 'n weeklaag.

staalburger was die hoogtepunt tydens aandete - ek was versot op die byklanke en het hierdie groot helde verering vir ou staal gehad. dan so voor slapenstyd was dit tyd vir die radio verhaal - die du plooys van soetmelksvlei en later die vlakte duskant hebron. in 1967 ontdek ek die hitparades in die vorm van LM radio. wat 'n wonderwereld wat oopgegaan het vir my en my ou vadertjie kon hierdie musiek nie hanteer nie - het gese dis van die hel af. 'n gebeurtenis wat my altyd sal bybly is toe hendrik verwoerd deur tsafendas gedood is. skielik was daar op al wat 'n radiostasie is net gewyde musiek te hoor met kommentaar so tussendeur deur omroepers met begrafnisstemme. ek is 12 jaar oud en wil nie weet van hierdie goete nie - ek wil graag my musiek hoor, wil graag hoor wie het opgeskuif in die hitparade en wie het uitgeval. en die aarde het nie op daardie dag tot stilstand gekom nie. die lewe gaan aan want vader tyd tik met ritmiese reelmaat.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #22 on: May 07, 2013, 12:21:11 PM »
As dit nou nie memory lane is nie.  Goeiste maar jy onthou goed.  Van Siembaba tot by LM hit parade.  Sondae aande dink ek. 
Jan en Esmé en dan seker nog Fanus Rautenbach. 
Ek was nog in die hoërskool toe die Beetles so populêr geword het.  Toe maak hulle die fout om te sê hulle is meer populêr as God en toe bars die bom.  Ons is verbied om ooit na hulle musiek te luister.  Dit was nou reguit uit die hel. 
Ek wou sê, ek ken daai plek, dit is waar ek groot geword het.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.