Author Topic: Toeka se kar pryse  (Read 27871 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Toeka se kar pryse
« on: August 15, 2012, 02:56:10 PM »
The Cars of 1974
Aaaahh… those were the days! When you could drive away
with a brand-new Mercedes 230 for just over five grand!
Or pick up a VW Beetle 1600 for a mere R1,995!*
Take a trip down Memory Lane as we roll back the years and
recall the days when motoring was fun and affordable…
Which of these cars did you own back in the days of bell
bottom slacks, disco dancing and those hideous macrame plant hangers?
 
Audi 100 LS – R3,930
 
 
Chevrolet Firenza 1300 – R2,287
 
 
Chevrolet 2500 – R3,122
 
 
Chevrolet Constantia 5-litre V8 – R5,700
 
 
Chevrolet El Camino V8 Pickup – R3,260
 
 
Chrysler Valiant Rebel – R3,475
 
 
Chrysler Valiant Rustler Pickup – R2,645
 
 
Datsun 1200 De Luxe – R2,195
 
 
Datsun 1200 ½-ton Pickup – R1,590
 
 
Datsun 620 1-ton Pickup – R1,835
 
 
Fiat 1300 4-door Mk II – R2,279
 
 
Ford Escort 1300 4-door – R2,090
 
 
Ford Cortina XLE 3000 V6 – R2,995
 
 
Ford Granada 2500 L – R3,399
 
 
Ford Cortina 2000 Bakkie – R1,799
 
 
Leyland Mini GTS 1275 – R2,280
 
 
Austin Apache 1275 – R2,250
 
 
Triumph Chicane 2.5-litre – R3,585
 
 
Mazda 616 4-door – R2,584
 
 
Mercedes Benz 280E A/T – R8,033
 
 
Opel Kadett 1200 De Luxe – R2,030
 
 
Peugeot 404  – R3,265
 
 
Toyota Corona 2000 Mk II  – R3,285
 
 
VW Beetle 1600 Std  – R1,998
 
 
VW 412 Variant 1600 S/W – R2,895
 
 
VW 1600 Kombi – R3,095
 
 
Volvo 144S 2-litre – R4,350
 
 
« Last Edit: August 16, 2012, 09:51:20 AM by Naas »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #1 on: August 15, 2012, 04:22:32 PM »
Wabba!  Dit was die dae toe my manlief nog R50.00 per maand verdien het.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #2 on: August 16, 2012, 09:55:16 AM »
My eerste kar. (was nie 'n motor nie, sommer 'n kar.) Austin Mini. Goudgeel. Skuifruite wat op 60 myl per uur wou uitratel. R450
Dit was in 1978. Salaris R38 per maand
Koop nou die dag 'n paar tekkies vir R400.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #3 on: August 17, 2012, 03:18:58 AM »
Met my karige salaris kon ek daai jare so ewe 'n blou Volla bekostig. Sy ligte het net in die dag goed gewerk. Saans was dit te swak. Sweer my pa het 'gedokter' aan dit (soort voorbehoeding LOL) Ek voel nog hoe draai en draai mens aan daardie venster-meghetertjie, was goeie oefening ne. Vandag word ons bedinges lui met knoppies se druk. Een van die dae praat ons seker net: venster oop, venster toe. Hoop dit werk beter as ons not-so-smart-at-all fountjie  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #4 on: August 17, 2012, 08:03:43 AM »
Hannes se eerste karretjie was 'n Renault Dauphine. 'n Groen een.   :icon_biggrin:  Sy pa het dit vir hom gekoop.  As ons gaan veldvliek het, moes ons die baksteen wat hy agter in die kar saamgery het, agter die wiel sit.   :icon_biggrin: Daai jare kon ons nog goed stoot ook.  Die veldfliek het mos sulke walle gehad.  Ons het teen die afdraende geparkeer, want ons moes stoot voor ons kon ry.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #5 on: August 17, 2012, 01:40:18 PM »
 :icon_biggrin: en ek het gedink my eerste karretjie was al op haar laaste bene, Ek het die karretjie (die blou vrou) by my boetie ge-erf wat dit oorspronklik by my ouma-hulle gekry het en hulle het dit weer by 'n ander tannie gekoop. 1980 Model wat sodra ek op die grootpad kom so geskud het dat die hefboom of rattewissel dingetjie uitgedraai het teen die waaghaalsige spoed van 80km per uur.  :icon_biggrin: Ek weet nie wat die oorspronklike prys was nie, maar ek het dit so 'n jaar en half terug verkoop aan iemand wat verbygestap en van die karretjie gehou het vir R5000. So duidelik was dit 'n bate en nie 'n lopende uitgawe nie. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #6 on: August 17, 2012, 02:41:38 PM »
O ek geniet hierdie onderwerp!
So 'n kykie in die verlede.   :icon_biggrin:
Fransi, wat maak 'n mens as die rattehefboom uit skud?  :dontknow:
Ek weet ook dat met daardie jare se modelle kon 'n mens nog die motor in die ry afsluit.  Later kon jy dit nie meer doen met alle modelle nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #7 on: August 17, 2012, 03:10:10 PM »
Praat van afsluit... My Mini se sleutel het uitgetrek terwyl die motor aan was sonder om die motor af te sit. So ry ons een aand op die N1 terug Ysterplaat toe na 'n kuiersessie by een van ons skoolmaats. Trek Gustav die sluitel uit en gooi dit by die ruit uit want die kar het dit mos nie nodig nie. Het die kar verkoop met die skroewedraaier wat ek daarna as sluitel gebruik het. Bestuurder se deur met 'n oorlamse slot gesluit soos Mr. Bean.
Maar daai is 'n ander storie vir anderdag.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #8 on: August 18, 2012, 06:01:34 AM »
Wow!  Dinge het darem drasties verander in die laaste 40 jaar.  Ek wonder of Chris Barnard se eerste hartoorplanting iets daarmee te doen gehad het in, ek dink, 1969?
Van die nuwe motors het nie eers meer 'n sleutel nodig nie.

Hannes en Gerhard gaan doen inkopies by Game nadat hulle kruideniersware gekoop het.  Toe hulle tuis kom wil hulle die goed wat hulle sommer op die agterste sitplek gepak het, uithaal.  Weg!  Daar is 'n "megaftertjie" wat die rondte doen, waarmee hulle jou afstandbeheerknoppie kanselleer wanneer jy jou voertuig sluit.  Jy dink dit is gesluit maar dit is nie.  Wees maar gewaarsku, veral as jy 'n Toyota ry. 

Naas, dit is nou anderdag.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #9 on: April 22, 2013, 11:43:48 AM »
ek is so 'n bietjie mosterd na die maal maar ek het nou eers op hierdie een geland.

ek het altyd gedink die staat betaal swak maar as ek so lees wat julle verdien het in 1978, dan het ek 'n koningin se salaris verdien. ek het in 1972 by die Navorsingsinstituut vir Grond en Besproeiing begin met R98-00 per maand (std 8 salaris want ek wou mos nie leer op skool nie) en toe ek die hereksamen slaag en matriek het, die reuse salaris van R110-00 per maand. ons het ook net in November bonus gekry en die bonus was R130 ongetroud en R260 getroud. toe doen ek aansoek by die destydse Uraan Verrykingskorporasie van SA (UKOR) en ek het die skuif gemaak vir R30/m meer (R330) maar dan moet ek ook se dat ons gratis busvervoer Pelindaba toe had. my eerste kar was 'n 1973 Fiat 124 Special (1400cc) en my Fiat het 'n paar kwale gehad. haar elektriese stelsel het nie wel funksioneer nie en as ek langpad ry en die ligte op skerp sit dan kon ek nie weer dim nie. en dan was my Fiat swaarder op olie en water as op petrol en sy was swaar op petrol - maar miskien hat ek ook 'n swaar regtervoet. en dan die koppelaarkabels! nou se karre sit mens mos sommer die kabel van bo af in maar nie met my Fiat nie. jy moet hom eers bo inhak in die pedaal en dan onder die kar inkruip en die kabel op sy plekkie inbout - 'n nogals moeilike sakie as jy alleen is

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #10 on: April 23, 2013, 08:37:31 AM »
Ek geniet steeds jou kennis aangaande voertuie Natalie en al die baie ander onderwerpe ook.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #11 on: April 23, 2013, 06:56:57 PM »
Ek begin as student-verpleegster in 1972 en verdien 'n allemintige salaris van R130.  Na aftrekkings kry ek R97 waarmee ek kan sigarette en seven singles (R1.10 per ss) en buskaartjies na Summerstrand in PE koop. Hele maand lank.  Daardie aftrekkings het jou nurses home lodging en die was van jou uniforms ingesluit.
Ons was RYK!!
Toe in 1975 loop ek en gaan werk by Barclays. Hemel mense, ek kry 'n miljoener-salaris van ... wag hiervoor..... R240!!!
Toe is ek eers ryk.
My eerste kar, in 1985, 'n Mazda 323, kos my R18k splinternuut.  Uit die boks.
 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #12 on: April 24, 2013, 03:53:09 PM »
Jy praat!  Ons eerste huisie het R20.000 gekos.  Almal het gesê ons is mal soos hase om so 'n verwaarloosde plek te koop.  Dit was al wat ons kon bekostig.  Het soos bandiete daaraan gewerk en 18 maande later vir R36.000 verkoop.  Koop ons toe weer so 'n verwaarloosde plekkie vir R40.000.  Wat kry jy vandag vir R1.5 miloen?

Ek wil reg agteroor slaan as ek sien wat kos motors. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #13 on: May 02, 2013, 02:57:22 PM »
praat van huispryse en hoe uitspattig karpryse is.

ons almal is verslaaf aan die idee van mobiele kommunikasie of dan die selfoon. en ons dink dat ons maar bloot 'n selfoon het maar wat ons inderdaad besit "is a handheld computer with phoning capabilities". in die vroee sewentigs en strakkies bietjie vroeer was die hoofraam rekenaar gesien as 'n baie kragtige instrument wat analises sommer in 'n japtrap uitgespoeg het. ek het by die destydse uraanverrykingskorporasie in 'n laboratorium gewerk en "desktops" was eenvoudig nie vir ons beskore nie. die rekenaars wat daar was, was dedicated to a specific instrument such as an x-ray diffraction spectrometer. toe kom apple met 'n bank rekenaar met die enorme geheue van 4kb wat op floppy was - daar was nie geredelik hardeskywe beskikbaar nie. toe kon jy opgradeer en 'n hardeskyf bysit wat 32kb geheue had. nou sit ons met ons piepklein selfoonrekenaars en ons simkaart se geheue alleen is 64kb met interne geheue kapasiteit van tot 32gigabyte en die opsie om 'n eksterne sd kaart by te sit wat ook 32gigabyte is. ons het mobiel toegang tot die internet en kan tot ons banksake op ons ou selfoontjie doen. en as dan kyk wat ons ou selfoontjie kos as jy hom aankoop - die samsung galaxy mini s3 teen R3900 of die blackberry z10 teen R7000.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #14 on: May 03, 2013, 03:29:29 AM »
praat van selfone, ek kan nog onthou van oproep bespreek van vlottenburg af pretoria toe. dan wag jy dat die sentrale  jou terug bel en jy kan nie lank praat nie daars ander mense wat ook di elyne wil gebruik.

 

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #15 on: May 03, 2013, 12:09:16 PM »
ek het direk na skool begin werk by die Navorsingsinstituut vir Grond en Besproeiing en ons sentrale was van daardie wat sulke rooi en swart kabels gehad het. as die sentrale foon lui dan druk jy die swart draad in 'n sok en antwoord en sodra jy die uitbreiding het dan druk jy die rooi kabel in die sok ooreenstemmmend met die uitbreiding en dan het jy so 'n skakelaar waarmee jy dan die uitbreiding lui. somtyds was daar swak isolasie op die kabels en dan kry jy so 'n skokkende ervaring. kan julle nog nommer assblief onthou? nou dis presies daardie sentrales. o ja 'n mens kon inluister as jy sou wou. 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #16 on: May 03, 2013, 12:43:01 PM »
Ja, nommer asseblief.   :icon_biggrin:  Twee kortes en 'n lange of wat ook al jou luitoon was.  Ons het ook geweet wie se luitoon wie s'n was.  Lekker ou dae, toe mense nie met fone aan hulle ore geloop het nie.  Jy kon heerlik saam kuier en as jy nie tuis was nie, het jy jou nie bekommer oor wie het jou mis gebel nie.  Jou hart het wel in jou skoene gesak as jy 'n telegram ontvang het as dit nie jou verjaarsdag was nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #17 on: May 03, 2013, 02:37:41 PM »
bestaan daar nog iets soos 'n telegram?

hier in ons omgewing, as iemand by voorbeeld vir piet gebel het op 'n vrydagaand dan seg die sentrale nee wag ek het gehoor piet hulle kuier by koos en dan bel hy vir koos sodat piet die oproep daar kan vat.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #18 on: May 03, 2013, 03:39:22 PM »
Die telegram bestaan nog.  

Dit was wonderlik om in 'n gemeenskap te kon grootword waar almal vir almal omgegee het.  Elke boer het sy produkte met sy vele bure gedeel.  Natuurlik het ons ook ons hartseer en vreugdes met mekaar gedeel en natuurlik was daar die ou tannies wat lekker kon skinder.  Almal moes maar mooi in hul spoor trap, want niks het ongemerk verby gegaan nie.  Dit was wonderlike jare waar die veiligheidshek nog nie bestaan het nie.

Laat ek net by sê, dit was die "varsgebakte-brood-en-regte-botter-dae"!
« Last Edit: May 03, 2013, 03:41:07 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #19 on: May 06, 2013, 09:57:35 AM »
met tuisgemaakte (-kookte) appelkooskonfyt. en geelmielies gekook. en dan is daar vir my niks so mooi soos 'n hoendernes met eiers in binne-in 'n rietbos. en jy het vier chappies vir 'n pennie kon koop maar net twee vicks bubblegum vir 'n pennie. die winkels het een-uur op 'n saterdag gesluit, drankwinkels ingesluit en slegs sekere groentewinkels en kafees was oop op 'n sondag. daar waar voortrekkersweg, solomon straat en frederika straat bymekaarkom was daar aan die westekant 'n bloekom bos en oorkant die pad Galgut's Garage waar my pa sy kar laat diens het - die garage het soos 'n garage geruik! na olie en ghries en petrol en die mechanic het sy hande aan wastecloth afgevee. wie kan nog die ou general dealer winkel op die klein dorpies onthou? daardie winkels het ook sy eie unike reuk gehad - drop lekkers, licorice, le-meel, materiaal, varsgebakte brood. die lekkers - van alle soorte en kleure was in glashouers nes die in kooperasie stories. ons buurman was 'n treindrywer en hy het, nes die padwerkers 'n trommel met halfronde deksel gehad waarin hy sy kos gehou het as hy op sy roete gery het. op die hoek by ons huis was die advertensie bord vir die bioskoop - die Orion. elke nuwe plakaat is sommer bo-op die ou een geplak en so dan en wan het die plakaat plakker eers die ou plakate afgekrap voor hy die nuwe opgeplak het. 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #20 on: May 06, 2013, 12:53:56 PM »
Ek ruik daardie garage!

Ja, die "general dealer"! Met koffiebone-, kerse- en lampoliereuk!  Daar kon jy van 'n spyker tot 'n dooie polisman koop.  Meel wat in "onderbroeksakkies" verpak was.  Dit het ook so baie ander funksies verrig.  Die doekie wat oor die melkemmer gekom het, of die wateremmer met die "soplepel" in waaruit ons water geskep het om te drink of vir die kosmaak.  Dit het ook gewerk vir koffiesakkies in die koffiepot en vadoeke en voorskote en om die melk deur te suig.  Witgoud!
Daardie appelkooslekkers wat 'n mens nooit nooit weer sal kry nie.  Vandag s'n smaak nie so lekker nie.  Nickerballs, met al die kleure! 
Koolstoof met moerkoffie.  In ons huis was daar altyd 'n pot koffie op die koolstoof en 'n ketel kookwater. 

Waar is daardie dae! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #21 on: May 07, 2013, 11:36:35 AM »
siende dat ons nie telvisie had toe ek klein was nie, was ons aangewese op die radio. voor ek skool toe is was my roetine ek moet my ontbyt eet wat maar gewoonlik hawermout, mieliepap of matabela was en dan kon ek nie wag vir die radio om aangeskakel te word sodat ek liewe heksie kon luister. dan het ek saam met ouma die oggend godsdiens geluister. dan was daar radio stilte tot een uur sodat ouma die nuus kon luister. sekere dae was die vloere ge-politoer met cobra waks - ek sal nooit daardie reuk vergeet nie. wie kan nog die ou ricketts blue blokkies onthou wat in die wasgoed spoelwater gegooi is om die wit nog witter te maak - ons het dit sommer blousel geroep. sekere dae het die rondgaande groente mark gery en dit was vir die huisma's 'n groot ding want dan is daar gesels en groente gekoop.

een uur, net na die nuus was daar hospitaaltyd waar 'n mens versoeke kon inbel wat dan vir die siekes in die hospitale gespeel is, dan het esme en jan gevolg met praktiese wenke en dan was daar gewoonlik 'n radio storie van so 'n 15 minute - oupa jasper was een so 'n storie. hier so van half vyf die middag was die radio weer aan met allerhande gebeurlikhede - die nuus in kort met die sport en wat vir my altyd sal bybly is die sokkeruitslae wat ook gegee is so reg uit engeland want die name was vir my so eksoties - man united, spurs, chelsey. en dak ook op sekere dae die perde renne uitslae. ond buurman die treindrywer het perde gespeel by die tote of dan tattersalls en as dit goed gegaan het het hy by ons aangekom en inderdaad 'n paar sopies sterk. as dit nie goed gegaan het nie is die trekklavier nader getrek en dit was 'n weeklaag.

staalburger was die hoogtepunt tydens aandete - ek was versot op die byklanke en het hierdie groot helde verering vir ou staal gehad. dan so voor slapenstyd was dit tyd vir die radio verhaal - die du plooys van soetmelksvlei en later die vlakte duskant hebron. in 1967 ontdek ek die hitparades in die vorm van LM radio. wat 'n wonderwereld wat oopgegaan het vir my en my ou vadertjie kon hierdie musiek nie hanteer nie - het gese dis van die hel af. 'n gebeurtenis wat my altyd sal bybly is toe hendrik verwoerd deur tsafendas gedood is. skielik was daar op al wat 'n radiostasie is net gewyde musiek te hoor met kommentaar so tussendeur deur omroepers met begrafnisstemme. ek is 12 jaar oud en wil nie weet van hierdie goete nie - ek wil graag my musiek hoor, wil graag hoor wie het opgeskuif in die hitparade en wie het uitgeval. en die aarde het nie op daardie dag tot stilstand gekom nie. die lewe gaan aan want vader tyd tik met ritmiese reelmaat.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toeka se kar pryse
« Reply #22 on: May 07, 2013, 12:21:11 PM »
As dit nou nie memory lane is nie.  Goeiste maar jy onthou goed.  Van Siembaba tot by LM hit parade.  Sondae aande dink ek. 
Jan en Esmé en dan seker nog Fanus Rautenbach. 
Ek was nog in die hoërskool toe die Beetles so populêr geword het.  Toe maak hulle die fout om te sê hulle is meer populêr as God en toe bars die bom.  Ons is verbied om ooit na hulle musiek te luister.  Dit was nou reguit uit die hel. 
Ek wou sê, ek ken daai plek, dit is waar ek groot geword het.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.