• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm

Started by Meraai vannie Baai, July 12, 2012, 01:23:53 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

'n Eie struktuur as kreatiewe skryfoefening.

Die gebruik van slegs drie woorde om 'n sin te vorm laat die skrywer kopkrap, die aanvul in 'n ander taal maak van hierdie struktuur ook 'n lekker saamskryfpoging in duet vorm.

Twee van ons 'ouer strukture' word gekombineer as fondasie vir hierdie gedigvorm:
1. Drie-woord-wurm: drie woorde ondermekaar wat 'n volledige sin moet vorm (segment).
2. Dubbeldoor: twee tale in een gedig.

Die titel is 'n saamgestelde woord wat beskryf word in die twee segmente van drie woorde elk.

Outop en ek het gesegdes gebruik om ons 'dubbeldoor drie-woord duet' te skep.

*Grysnomades

Erfgeld
word
swerfgeld

adventure
before
dimentia

© Meraai vannie baai en Jan Anderland (Outop)

*Grysnomades/Grey Nomades - Leefwyse van die kieriebrigade in Australia (afgetrede oues van dae op die wapad met huise op wiele deur Australia, besig om die kinders se erfgeld uit te swerf)

PM

#1
Ek is mal hieroor.  Dit sit sommer 'n lag in my dag en Hannes lag dat jy hom waar kan hoor!  Pragtig gedoen. 

Kan ek iets byvoeg?
Oud
nie
koud!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Lieffff dit PM!! Sal bietjie hoor of Outop nie iets in die rooitaal kan byvoeg nie!

Wonderlike leefwyse hoor  :icon_bigsmurf: alhoewel die kinders seker nie soveel plesier put uit elke trip wat nog 'n gaatjie in die erfgeld laat. Jy ken die ouens so uit: Wieletjieshuis gesleep deur vier-by-vier met 'n 'tinny' op die dak en 'n hond op die agterste sitplek. Ons kort nog net die erfgeldjies, hond en die bootjie dan kwalifiseer ons ook  :evil6:

Meraai vannie Baai

Oud
nie
koud!

Warm
blooded
Dinosaur!

PM en Outop  :notworthy: :toothy4:

Ah Willa

plig
moor
pret

death
by
labor

© Ah,Willa!

:toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Lig my hoed en knak die knieg Willa  :notworthy: :icon_salut: Lief dit!!

Meraai vannie Baai

PM, wil jy loer na hierdie vir oorweging as struktuur bydrae vir boek twee? Ons het soveel pret al gehad met die drie-woordstruktuur in verskeie vorm. Dalk kan ons dit in al die vormes gebruik met voorbeelde.
Ek loer nou weer na hierdie voorbeelde wat ek in die ou skuur bewaar het. Heel eerste is dit net die driewoordstruktuur:

Piet Magriet: Skrywers

Emosies
op
papier

© Piet magriet

*Ek kan so woedend vir myself raak as ek nie meer kan onthou nie. Alledaagse dingetjies wat my onthou ontglip.

Onthou
ontglip
ontnugter!

© Piet magriet

En hier is 'n pragtige voorbeeld van ons drie-woord-wurm:
Fransi: Grootmenswêreld betree

Opfleur
van
vlerk

kokon
bly
agter

voelers
verken
gretig -

maar
blomme
gesonke,

nektar

duur.

Plig
stapel
op

pen
dartellyf
sekuur.

Drome
word
ontspoor

met
die
doopseël

van
poeierdof
motverf.

© Fransi





PM

Natuurlik kan ons. 
Ek is bietjie jammer vir die nuwe ouens, hulle het soveel pret gemis, maar as hulle slim is sal hulle kom deel in die nuwe pret. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Filang ek darem nou dik stukke na dae lank lank gelee...

PM

Ek praat nou van nuwe lede, maar hulle neem nie deel nie.  Dit is net asof hulle goed wil aflaai en dan weer verdwyn.  Hoe nou?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Nie antwoord vir jou nie. Krap self kop  :icon_scratch:

PM

Dit is defnitief 'n dubbeldoor-drie-woord-wurm.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#12
 :toothy4: Eish!


Meraai vannie Baai

Lees ek alweer oor 'n besoeker se skouer en wonder hoeveel van ons woordplesiere nog steeds uitdagings bied vir ander. So bitter jammer dat ons nie terugvoering kry nie. Aan ons gas: kom kuier saam en wys as jy die struktuur geniet het of nog beter - self probeer  :notworthy:

PM

Hier is een wat van toepassing is op die twee ou siele wat gereeld hier in die sandput speel.

Agtergeblewenes

Verlaat
verlore
verdrietig
Om te weet is om te verstaan.